|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die Wes-Kaapse regering is daarop ingestel om doelgerig die ongeregtighede van die verlede uit te wis, het mnr. Cobus Dowry, die Wes-Kaapse minister van landbou, op die oorhandiging van 'n AgriSEB-dokument aan Mooigezicht-landgoed in die Hexriviervallei gesê.
Volgens hom het die koms van demokrasie tien jaar gelede groot uitdagings vir die landbou gebring.
"Hierdie sektor wat jare lank deur 'n relatief klein groepie suksesvolle kommersiële boere oorheers is, vra nou van hierdie selfde boere om betrokke te raak by die vestiging, ondersteuning en bemagtiging van nuwe opkomende boere."
Dowry sê in die Wes-Kaap is verskeie projekte aan die gang om plaaswerkers te bemagtig. Die Wes-Kaapse departement van landbou het 'n nuwe program, die ondersteuning en ontwikkeling van landbouleiers, geskep. "Die volle pakket wat boere nodig het om volhoubaar gevestig te word, is nou binne een program gevestig," het Dowry gesê.
Hy sê die bemagtigingsprojek by Mooigezicht moet as een van die voorbeelde in die landbou beskou word.
Dowry sê dat sy provinsiale departement sal verseker alle bydraes wat deur betrokkenes ten opsigte van die finale AgriSEB-dokument gelewer word, sal ernstig deur die regering in oënskou geneem word.
29 April 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24