Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Grondeienaars-span-saam-oor-eise

Nuus

Gebrekkige rekord oor grondbesit

Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie aangeteken nie.

  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Boer aangerand oor begrafnis
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Grondeienaars span saam oor eise

 
NICO VAN BURICK

'n Groep van sowat 2 000 grondeienaars in Limpopo en Mpumalanga op wie se plase daar grondeise is, gaan gesamentlik die kwessie van geldigheid van dié eise hanteer.

Die groep het onlangs vergader nadat talle eise in die Staatskoerant afgekondig is terwyl die geldigheid daarvan nog bevraagteken word. Vier prokureursmaatskappye in Limpopo verteenwoordig die groep.

Mnr. Bertus Otto, woordvoerder, sê van die besluite van die grondeisekommissaris in die streek berus vermoedelik op twyfelagtige navorsing en boere wil hê dat dit deegliker ondersoek moet word. Verskeie groeperinge van boere is bereid om saam te werk om regverdige grondhervorming en ontwikkeling te verseker. "Van hulle het aangedui hulle is bereid om hul plase te verkoop — ongeag of die grondeise geldig is," het hy gesê.

Die grondeienaars hoop dat hierdie aanbod van sommige boere sal help om die geskil te skik. Otto sê dit is teleurstellend dat die werk van die streek se grondeisekommissaris slordig is, nie binne die raamwerk van die wet geskied nie en nie voorsiening maak dat daar buite die hof geskik kan word nie. "Die eerste eis waarvan die geldigheid betwis word, is reeds in Mei 2000 afgekondig en is steeds nie opgelos nie omdat die grondeisekommissaris onwillig is om te skik en nie die saak na die Grondeisehof wil verwys nie."

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van 'n komitee wat deur die grondeienaars aangestel is, sê die boere wat nou saamspan wil gesamentlik 'n aantal grondbeginsels met die Regering uitklaar. Dit sluit in die kwessie of BTW betaal moet word en of boere wat plase verkoop, met hervestiging gehelp sal word.

Hy sê boere van KwaZulu—Natal word aangemoedig om by die groep aan te sluit en dat dit wyer strek as grondeienaars se affiliasie by die georganiseerde landbou. "Daar is lede van Agri SA, die TLU SA en selfs boere met geen verbintenis aan enige organisasie nie."

Voorstelle gaan nou aan die grondeisekommissaris gestuur word om transaksies tussen gewillige verkopers en die staat moontlik te maak. Diegene wat nie wil verkoop nie, moet nie geïntimideer word om grond te verkoop waar die geldigheid van eise betwyfel word nie. 'n Handves as riglyn vir optrede deur grondeienaars word opgestel.

8 Oktober 2004

0
 
 
  • 1296 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Hoendermis as visvoer
  • Swak oeste in Noordwes verwag
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction