|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
'n Grondeis van meer as 28 000 ha wat sowat 115 plase in die distrik Queenstown in die Oos-Kaap raak, is verlede maand deur dié provinsie se departement van grondsake in Staatskoerant as ongeldig verklaar.
"Ek hoop dit het nou 'n finale einde gebring aan dié nuttelose vermorsing van tyd, energie en geld om jou eie grond te beskerm," sê mnr. Cerneels Pietersen, voorsitter van Agri Oos-Kaap. Die eis deur die Zwartwater-gemeenskap is in 2004 amptelik in die Staatskoerant afgekondig waarna die betrokke boere nie hul grond mag verkoop het nie.
Luidens die afkondiging in die Staatskoerant op 27 Maart oor die ongeldigheid van die eis, het " 'n nuwe navorsingsverslag vasgestel dat die eisergemeenskap en hul families se grondregte voor 19 Junie 1913 ontneem is. Daar kon nie vasgestel word of die gemeenskap ná 19 Junie 1913 van hul grond of enige reg op grond ontneem is nie".
Bron:
Die Burger (Die Burger
)
14 April 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24