|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die grondeisekommissaris vir Gauteng en Noordwes, mnr. Blessing Mphela, het bedank. Dit beteken egter nie die eiseproses gaan nou sloer tot frustrasie van kommersiële boere nie, sê mnr. Victor Mahlangu, hoof van kommunikasie vir die kommissie in die twee provinsies.
Volgens Mahlangu het Mphela op 2 Mei as adjunk-direkteurgeneraal in die kantoor van die Wes-Kaapse premier begin. Hy sê Mphela se vertrek is bloot om groener weivelde te soek.
Die Grondeisekommissie moet volgens instruksie van Pres. Thabo Mbeki ál sy werk teen einde volgende jaar afhandel. Kommer kan nou ontstaan dat die proses sloer.
Mahlangu het egter gesê dit sal nie die geval wees nie omdat Mphela glo 'n "goeie hoeksteen gelê het en goeie skakeling met boere opgebou het". Hy meen die onmiddellike uitdaging is om te sorg dat die momentum behou word om eise te voltooi.
Mphela (46) is in 2000 as Grondeisekommissaris aangestel. Hy het 'n graad in publieke administrasie. Mnr. Tozi Gwanya, die nasionale grondeisekommissaris, sal intussen in die betrokke provinsies waarneem.
19 Mei 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24