|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die Demokratiese Alliansie (DA) verwelkom die Departement van Grondsake se stappe om sy swak finansiële omstandighede reg te stel.
Dié departement het onlangs 'n verdoemende verslag rakende sy finansies van die ouditeur-generaal ontvang. Die DA meen dat die finansiële "chaos" in die Land Bank en Departement van Grondsake grondhervorming kniehalter.
Weens dié omstandighede kan die departement nie transaksies vir die verkryging van grond vir hervorming finaliseer nie. Die steun wat ontwikkelende boere broodnodig het om hul boerderye winsgewend en suksesvol te maak word ook beperk.
Die politieke party meen dat daar nog stappe geneem moet word om te verseker dat die departement sy finansiële probleme oplos. 'n Betekenisvolle en geordende proses vir grondhervorming moet aangevuur word en die DA meen dat meer geld vir dié doel aangewend moet word.
Leë poste by die departement moet ook so vinnig as moontlik gevul word en bande tussen die private en publieke sektore rakende grondkwessies moet verder ontwikkel word, sê die party.
14 Oktober 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24