|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die baas van 'n mielie wat 'n allemintige 492,91 gram weeg, het weggestap met die eerste prys van R20 000 se saad in Pannar se wedstryd vir die boer wat die grootste mieliekop op die afgelope Nampo-Oesdag ingeskryf het.
Die boer met só 'n knewel is mnr. J.H. Labuschagne van Ventersdorp. Dit was afkomstig van die Pannar-baster PAN 6734. Die tweede prys van saad ter waarde van R15 000 is gewen deur mnr. André Bezuidenhout van Welkom, wat 'n mieliekop van 443,36 gram ingeskryf het. Die kultivar is PAN 6701. Die derde prys (saad ter waarde van R10 000) is deur mnr. Hendrik Jooste van Hartbeesfontein met die kultivar PAN 6479 verower. Die kop het 423,93 gram geweeg. Afgesien van hierdie pryse sal die saad gratis deur Bayer met Gaucho behandel word.
Die bieliemielie-wedstryd was volgens mnr. Pieter Rademeyer, hoof-landboukundige van Pannar, só suksesvol, dat dit 'n jaarlikse instelling gaan word.
17 Junie 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24