Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Haal-risiko-uit-kleingraanverbouing

Nuus

Gebrekkige rekord oor grondbesit

Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie aangeteken nie.

  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Boer aangerand oor begrafnis
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Haal risiko uit kleingraanverbouing

 
Kobus van Tonder

Dit was uit die staanspoor duidelik dat groter aanvaarding van
bewaringsboerdery in die kleingraanproduksiegebiede van die Wes-Kaap 'n hupstoot
sou kry as die voordele daarvan deur onafhanklike navorsing bewys kon
word.

Die Universiteit van Stellenbosch se departement van agronomie het nou voorlopige resultate bekend gemaak ná proewe in die Swartland wat oor 'n tydperk van nege jaar gestrek het. Dit toon duidelik dat bewaringsboerdery opbrengste aansienlik kan verhoog, vergeleke met konvensionele monokultuurverbouing en skaarploegbewerking.

Prof. AndreAgenbag, hoof van diedepartement, sê in die proewe was die koringopbrengs van 'n wisselboustelsel vir die tydperk 1992 tot 2000 gemiddeld 12,8 % hoër as dievan 'n monokultuurstelsel waar net koring geplant is (tabel 1).

face=Arial size=2>TABEL 1: Gemiddelde koringopbrengs van monokultuur
teenoor wisselbou op
Langgewens

face=Arial size=2>Bewerkingsmetode

face=Arial size=2>Bewerkings-
diepte (mm)

face=Arial size=2>Opbrengs

face=Arial size=2>Monokultuur1
(kg/ha)

face=Arial size=2>Wisselbou2
(kg/ha)

Skaarploegbewerking

200

2 441

2
447

Tandbewerking

150

2
239

2
544

Minimumbewerking

75

2 224

2
563

Regstreeks
plant

-

2
046

2
541

Gemiddeld

-

2 238

2
524

1 = elke jaar word koring
verbou.
2= 'n stelsel waar koring, lupiene, koring en kanola agtereenvol-
gens verbou
word.

Die grootste voordeel is behaal waar die grond min of glad nie bewerk is nie en die saad regstreeks in die stoppel geplant is. Teenoor die monokultuurstelsel het die wisselboustelsel 'n opbrengsverhoging van bykans 25 % gegee. Die gewasse wat in die wisselboustelsel gebruik is, was koring in die eerste jaar, lupiene in die tweede, koring in die derde en kanola in die vierde jaar. In die vyfde jaar het die rotasie weer van voor af begin.

Prof. Agenbag sê bewaringsboerdery behels dat monokultuur met wisselbou vervang word, en dat die kontantgewasse met min of verkieslik geen voorafbewerking, en met net die geringe versteuring van die grond, regstreeks in die vorige jaar se oesreste geplant word.

Met wisselbou word die siektesiklusse aan bande gelê en geleenthede geskep om onkruid doeltreffend te bestry en die biologiese aktiwiteite in die grond te verhoog. Laasgenoemde bring om die beurt weer merkwaardige verbeterings in alle aspekte van grondvrugbaarheid mee, of dit nou fisies, chemies of biologies is. Hierdie verbeterings lei op die duur tot laer kostes en kleiner risiko's, wat plaasbestuur aansienlik vergemaklik.

Daarom word bewaringsboerdery as 'n volhoubare stelsel geklassifiseer. "Enkele produsente pas reeds hierdie beginsels suksesvol toe. Baie ander twyfel egter nog oor aspekte, soos watter tipe bewerking om toe te pas, ryspasiëring, plantdigtheid en bemesting met stikstof. Ons glo dat navorsing oor hierdie faktore op die Langgewens-proefplaas naby Moorreesburg mettertyd antwoorde op hierdie vrae sal verskaf."

Intussen beskou hy en sy departement bewaringsboerdery as 'n belangrike stap in die strewe na 'n biologiese en ekonomies volhoubare produksiestelsel. Benewens al die voordele wat bewaringsboerdery vir die boer en sy grond bied, poog hulle om deur middel van navorsing graanboere se risiko te verminder deur die angel uit swak jare te probeer haal en die slaggate te vermy wat altyd eie aan 'n nuwe boerderystelsel is.

Die doel is dus nie om konvensionele en minimumbewerking met mekaar te vergelyk nie, sê prof Agenbag.

In teenstelling met konvensionele skaarploegbewerking, het die opbrengs van graan met minder intensiewe bewerkingstelsels toegeneem met 'n toename in stikstofbemesting van 60 kg/ha tot 100 kg/ha.

Opbrengste wat behaal is met minder intensiewe bewerkingstelsels teen 100 kg stikstof per hektaar het nie betekenisvol verskil nie. Waar regstreeks geplant is, was die opbrengs 2,65 t/ha, teenoor die hoogste opbrengs van 2,49 t/ha vir die persele wat met 'n skaarploeg bewerk is.

Prof. Agenbag sê kanola is in 2001 soos koring met 'n tand-planter in rye van 225 mm geplant. Weens die hoë reënval in Augustus 2001 is goeie resultate met 'n laat bobemesting behaal wat op 14 Augustus toegedien is. Sowat 450 mm reën is van April tot Oktober 2001 gemeet, wat aansienlik meer is as die langtermyn-gemiddeld van sowat 334 mm.

As gevolg van die hoë reënval laat in die seisoen is die beste kanola-oes verlede jaar verkry waar stikstof teen 140 kg/ha toegedien is (tabel 2).

TABEL 2: Kanola-opbrengste in 2001 op Langgewens teen
verskillende
stikstofpeile en met verskillende
bewerkingsmetodes

size=2>Bewerkingsmetode

Bewerkings-
diepte (mm)

Opbrengs (kg/ha) teen
verskillende stikstofpeile

60
kg/ha

100
kg/ha

140
kg/ha

Skaarploeg

200

974

994

1 219

Tandbewerking

150

1 026

1 114

1 316

Minimumbewerking

75

424

835

1 092

Minimumbewerking
en plant*

-

949

1 242

1 593

Minimumbewerking
elke 2de jaar en plant*

-

987

1 671

1 797

Minimumbewerking

elke 3de jaar en plant*

-

586

1 346

1 777

Regstreeks
plant

-

661

867

1 344

* Elke
tweede, derde of vierde jaar word 75 mm diep bewerk.
Die ander
jare word regstreeks geplant.

Uit dieresultate kom dit voor asof intensiewe en diep grondbewerking met 'n skaarploeg nie op die klipperige grondsoorte van die Swartland nodig is vir die verbouing van kanola nie. Daarteenoor lewer geenbewerking ook nie die hoogste opbrengste nie. Dit wil ook voorkom asof vlak bewerking elke derde of vierde jaar nodig is om grondverdigting te voorkom.

In 2001 is koring en kanola in rywydtes van onderskeidelik 170 mm, 225 mm en 340 mm geplant. Die plantdigtheid vir koring was onderskeidelik 150, 225 en 300 sade per vierkante meter. Kanola is teen 4 kg/ha, 6 kg/ha en 8 kg/ha geplant.

In albei gevalle het die kultivars van die koring met 'n kort groeiseisoen en dievan die kanola (SST 57 en Monty) 'n afname in opbrengs met 'n toename in rywydtes by alle plantestande getoon. Hierdie kultivars het dus nie die vermoë getoon om met kompenserende groei by wyer rywydtes aan te pas nie.

Daarteenoor het kultivars met 'n langer groeitydperk,
soos SST 88 en Varola 54, getoon dat groter rywydtes van 170 mm tot 225 mm nie
'n betekenisvolle verskil in opbrengs tot gevolg gehad het nie. In die geval van
kanola het 'n rywydte van 340 mm steeds geen uitwerking op die opbrengs gehad
nie (tabel 3).


TABEL 3: Die opbrengs van koring (SST 88) en kanola (Varola 54) teen
verskillende rywydtes en plandigthede (Langgewens-proefplaas: 2001)

Ryspasiëring

SST 88

Varola 54

Plantdigtheid
(sade/m2)

Opbrengs
(kgh/ha)

Plantdigtheid
(kg/ha)

Opbrengs
(kg/ha)

170 mm

150

2 784

4

698

225

2 800

6

833

300

3 249

8

1 139

225 mm

150

2 182

4

806

225

3 237

6

920

300

2 637

8

887

340 mm

150

1 885

4

760

225

2 265

6

958

300

2 342

8

962

Prof. Agenbag sê oor die algemeen het groter rywydtes tot gevolg gehad dat die optimum plantdigthede gedaal het. Laasgenoemde neiging bring gevolglik 'n verlaging in saadkoste mee. By die keuse van kultivars vir albei gewasse is doelbewus op diemet 'n korter en langer groeiseisoen besluit, dit wil sê vroeër en laat kultivars, omdat verwag is dat hulle verskillend sou reageer.

'n Scarifier-korsbreker is gebruik om die tand- en minimumbewerking te doen. Die planter was ook 'n tandtipe, met 'n rywydte van 225 mm.

Skaarploegbewerkings is met 'n Trash Fieldspan en sleepyster opgevolg. Tand- en minimumbewerking is net eenmalig, vier weke voor planttyd, gedoen. Onkruid is bestry deur bespuitings voor planttyd met nie-selektiewe middels. Gras en breëblaar-onkruid in die graan is bestry wanneer dit nodig was. Kanola is teen ruitrugmot en koring teen septoria-besmetting bespuit.

Prof. Agenbag sê omdat wisselings in
klimaatstoestande - soos reënval en temperatuur - resultate kan beïnvloed,
sal die navorsing nog vir 'n aantal jare voortduur voordat finale
aanbevelings gedoen kan word.

22 November 2002

0
 
 
  • 2516 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Veilig deur die water
  • Serwituut-pad vir 12 hoewe-eienaars
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction