|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
'n Beroep word op boere gedoen om betrokke te raak by die navorsing- en bewaringsprojek vir bromvoëls om die kommerwekkende daling in die getalle van dié voëls te stuit.
Die totale bevolking van dié bedreigde voëls in Suid-Afrika is na raming nie meer nie as 2 000.
Volgens mnr. Dries Joubert, voorsitter van die TLU SA se noordelike streek, is die afname en verandering van die voëls se habitat en vergiftiging van die hoofredes vir die afname in hul getalle. Boonop beïnvloed die lae koers waarteen hulle voortplant hul vermoë om vinnig te herstel.
Joubert vra dat boere inligting oor waar en wanneer die voëls en/of neste in hul gebiede gesien is, aan dr. Derek Engelbrecht gee by sel 082 200 5277. Engelbrecht kan grondeienaars wat in dié projek belangstel, van neste voorsien.
15 Julie 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24