|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die Ierse premier, mnr. Bertie Ahern, en 'n span van Ierland se voedselraad, Board Bia, stel dié land se vleisbedryf vandeesweek in Suid-Afrika bekend op 'n seminaar in Johannesburg.
Verteenwoordigers van al die vertakkings van die SA vleis- en leerbedryf is na die seminaar genooi. Mnr. Manie Booysen, hoofbestuurder van Samic, is genooi om as voorsitter op te tree.
Mnre. Mick Cronin in beheer van vleisbeleid in Ierland se departement van landbou en voedsel sal 'n oorsig gee oor die land se landbou- en voedselbedryf, Martin O'Sullivan, onderhoof van veeartsenydienste, praat oor die veiligheid en naspeurbaarheid van Ierland se vleis en Aidan Cotter, hoofbestuurder van die voedselraad oor Ierse beesvleis, die resep vir welslae. Premier Ahern sal die seminaar met 'n slotoorsig afsluit.
9 Januarie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24