Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Ingryping-wes-kaapse-landbou

Nuus

Gebrekkige rekord oor grondbesit

Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie aangeteken nie.

  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Boer aangerand oor begrafnis
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Ingryping in Wes-Kaapse landbou?

 
MALIXOLE GWATYU

Kort op die hake van 'n verdoemende verslag oor die landbou in die Wes-Kaap teken die Land bank 'n soortgelyke ongunstige prentjie in sy jaarverslag wat pas in die Parlement ter tafel gelê is.

Mnr. Carl Opperman, hoofbestuurder van Agri Wes-Kaap, het onlangs op 'n boere-indaba oor die stand van die landbou in dié provinsie 'n paar klappe uitgedeel na die Land Bank, wat volgens hom, boere in die steek gelaat het — deels weens die verskuiwing van sy kernbelange.

Die Landbounavorsingsraad (LNR) het ook onder skoot gekom oor die "agteruitgang" in dié organisasie wat boere ontneem van goeie navorsing en inligting.

Opperman sê wyndruiwe, tafeldruiwe en koring is nog onder die tien landboubedrywe met die hoogste inkomste in die provinsie. Hy het egter verskeie bedrywe uitgesonder wat volgens hom nie meer aan die voorpunt is nie.

Tuinbou, graangewasse en vee verskaf sowat 60 % van die provinsie se bruto inkomste, maar dalings het sommige bedrywe die afgelope jaar gekenmerk. Só het die boereprys vir wyn wat in grootmaat verkoop word, sedert 2003 gedaal of dieselfde gebly.

Dít terwyl die boereprys vir wit wyn ook dieselfde gebly het. In dieselfde tyd het die produksiekoste verhoog en winsgewendheid verminder. Die boereprys vir rooi wyn het ook sedert vanjaar voortdurend gedaal wat inkomste ernstig geknel het.

Opperman verduidelik dat arbeid (44 %) steeds die grootste koste-item in die produksie van die wynbedryf is en dat die fokus dalk na produktiwiteit en opleiding verskuif moet word.

"Dit is duidelik dat die winsgewendheid van die bedryf heelwat gedaal het tot vlakke waar selfs die lewensvatbaarheid en volhoubaarheid binne die huidige beleidsraamwerk bevraagteken kan word," het hy gesê.

Die produksiesyfer van koring het ook afgeneem. Dit het tot krimpende pryse en 'n verlaging van die invoerbelasting van koring aanleiding gegee. Boere het gekla dat internasionale prysmededinging toegelaat word met dié van swak koring, terwyl geldelike verliese om koring te produseer aan die toeneem is. Melk-, vark- en wolboerdery se posisie ten opsigte van wins in die verslag is ook nie gunstig nie.

In die Land Bank se verslag is dit duidelik die Wes-Kaapse boere het die grootste bedrag in lenings ontvang. Onder die nege provinsies het die Wes-Kaap die grootste leningskuld in die kleinhandel (18 %) gevolg deur die Vrystaat met 16 %, Noordwes met 14 % en die Oos-Kaap met 11 %.

Hoewel die Wes-Kaap in die samestelling per provinsie relatief min lenings van 2 866 het teenoor die ander provinsies, het dit 'n heftige skuld van R1,036 miljoen. Noordwes het 7 206 lenings met 'n groter verspreiding van sy lenings.

Opperman het in sy verslag daarop gewys dat die Wes-Kaap meer waarde by sy uitvoerprodukte moet voeg om mededingend te bly.

Volgens Opperman het 51 % van die boerderye in Suid-Afrika 'n omset van R300 000 per jaar. Boere op die indaba het hierdie aspek benadruk omdat daar volgens hulle 'n wanindruk onder politici is dat boere welgesteld is.

'n Makro-ekonomiese oorsig van die Suid-Afrikaanse landbou wys dat die netto plaasinkomste in 2005 die derde agtereenvolgende jaar laer was.

Agri Wes-Kaap het onder meer met al dié navorsing tot die slotsom gekom dat die dalings in winsgewendheid tot 'n afname van reserwes, toenemende skuldvlakke, 'n afname in werkskepping en afname van inkomste vir die landelike ekonomie van die Wes-Kaap gelei het.

Die organisasie meen die huidige ekonomiese werklikhede maak die landbou nie winsgewend vir nuwe toetreders nie en dat swart ekonomiese bemagtiging ook nie uitvoerbaar is nie.

Die ingryping van die Regering word op verskeie vlakke versoek, naamlik 'n fokus op 'n geskikte handels- of invoerbeleid vir die streek om billike mededinging in die melk-, vleis- en koringbedryf te verseker.

22 September 2006

0
 
 
  • 1756 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Lupien tel kop op
  • Afronding van speenkalwers
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction