Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Interessante-wyn-jaar-l

Nuus

Gebrekkige rekord oor grondbesit

Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie aangeteken nie.

  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Boer aangerand oor begrafnis
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Interessante wyn-jaar l

 
AMELIA GENIS en EMILE JOUBERT

Met haas elke denkbare klimaatstoestand wat die afgelope wyndruiwe-seisoen geheers het, beloof vanjaar se oes om 'n groot uitdaging vir wynboere te wees, sê me. Nicolette de Kock, uitvoerende hoof van die Stellenbosch American Express Wynroetes.

"Oor die droogte en hitte hoef ons streek se wynboere niemand in die landbou te vertel nie, maar gelukkig is wingerd taai en kan dit sulke toestande trotseer, waar ander gewasse vrek. Danksy laat reën op nét die regte tye is Stellenbosse wynboere se besproeiingsdamme voor die kritieke stadium van blom en set gevul."

Hoewel wingerde in die meeste streke swaar getrek het weens die droogte en vanjaar se kleiner oes daaraan toegeskryf kan word, is daar vanjaar ook besonder goeie wingerdboupraktyke, soos lowerbestuur en oesbeheer en waterbestuur toegepas, sê mnre. Willem Botha, konsultant van VinPro, en Stefan Joubert, wingerdboukundige van Perdeberg Kelder.

Hulle het op 'n onlangse voorparsseminaar op Elsenburg gepraat.

In die Oranjeriviergebied verwag hulle dat die oes tot 20 % laer as verlede jaar sal wees, maar dit is hoofsaaklik omdat die sultanas swak uitgebot het. Ander kultivars het goed gebot en is gesond vanweë die droë weer. Die druiwe raak redelik egalig ryp en die oes is mooi en in balans met die lower.

In alle wingerdgebiede word daar verwag dat parstyd vanjaar 'n week tot 14 dae vroeër as gewoonlik begin en almal is dit eens dat klimaat tot parstyd kritiek gaan wees.

Mnr. P.G. Slabbert, wynmaker en bestuurder van Stellenbosch Hills, 'n kelder wat druiwe van wingerde oor 'n groot deel van die Stellenbosse wynstreek ontvang, sê vanjaar se oes gaan behoorlik die vernuf van die wingerdboukundiges en wynmakers toets. "Ons het donderstorms, droogte, hitte én koue gehad. Gevolglik het die wingerde bietjie van 'n identiteitskrisis ondergaan. Eers was daar stres weens die droogte, toe kom daar die fel donderstorms wat reën belaai met stikstof op die wingerde laat val het. Hierdie reën het ongeveer 75 kg stikstof per hektaar op die wingerd neergestort. Dit was wonderlik aangesien stikstof die grond voed en veral nodig is om die wingerd deur die groeityd te help."

Dit was 'n goeie meevaller wat die wingerde geil laat groei en wingerdboere genoop het om goeie lowerbestuur toe te pas om te verseker dat slegs goeie druiwe ontwikkel.

Slabbert sê oesjare soos vanjaar kan 'n goeie idee gee van die impak van klimaat op die eienskappe van 'n spesifieke jaar se wyn. "Mense sal heelwat ander eienskappe in vanjaar se wyne kan proe, wat bewys dat wyn 'n produk is wat aan die wingerd en die natuur oorgelaat word."

28 Januarie 2005

0
 
 
  • 1945 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • VN kritiseer Zim se grondbeleid
  • Boere onthuts oor snotsiekte
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction