|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Suid-Afrika het 'n verbod op die invoer uit Duitsland van pluimvee, voëls en verwante produkte geplaas nadat 'n geval van voëlgriep daar voorgekom het.
'n Plaas by Thuringen is onder kwarantyn geplaas en 1 000 voëls in 'n omtrek van 3 km is van kant gemaak nadat die dodelike H5N1-virus daar ontdek is.
Die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou sê pluimveeprodukte wat vanuit Duitsland na Suid-Afrika op pad is, sal by hawens teruggehou word. Produkte wat deur 'n internasionaal goedgekeurde proses gaan om te verseker dat hulle vry van die virus is, word nie deur die verbod geraak nie.
Geen voorval van voëlgriep het nog in Suid-Afrika voorgekom nie en 'n uitgebreide waarnemingsprogram word sedert 2005 uitgevoer. Die departement sê pluimvee- en volstruisprodukte op winkelrakke is veilig.
Landbouweekblad, 20 Julie 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24