|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die Hoëveld-Jerseyklub se skou en veiling van teelmateriaal wat op 20 Augustus vanjaar tydens die Pretoriase-skou gehou sou word, is verskuif na 13 en 14 September. Dit is sal dan saam met die Suiwel-ekspo aangebied word wat op dieselfde plek gehou word.
Volgens mnr. Guy Bird, voorsitter van die Hoëveldse Jersey-klub en organiseerder van die skou en veiling, is dit 'n praktiese en meer sinvolle reëling. Die klub wil graag deel van die ekspo wees en dit is te duur om by twee geleenthede binne 'n maand betrokke te wees. Die veiling op die aand van 14 September sluit aan by die klub se streekskampioenskapsbyeenkoms en word tydens 'n formele dinee aangebied. Sitplek by sowat 25 tafels word vir die dinee verkoop.
Die Hoëveldse Jersey-klub is bekend as 'n verskaffers van goeie teelmateriaal en sy jaarlikse klubveilings lok al die afgelope sewe jaar kopers van regoor die land.
Dit is daarom ook die klubveiling in die land waar die hoogste gemiddelde pryse vir Jerseys betaal word. Verlede jaar was dit R10 060 met twee toppryse van R23 000. Dit is ook die klub wat vir 'n lang tyd die rekordhouer was met 'n topprys van R66 000 vir 'n vers. Alles word gedoen om weer van die beste materiaal in Suid-Afrika vir dié veiling te bekom.
Om dit vir telers buite die klub se grense meer ekonomies te maak, is die reëls vir inskrywings aangepas. Waar 'n teler in die verlede net een vers kon aanbied, word dit vanjaar tot vier diere verhoog. Boonop kan telers ook eerste laktasie koeie inskryf. Dit bied aan voornemende kopers 'n wyer keuse. In die verlede was daar ook 'n perk van 30 diere vir die veiling in totaal. Dié getal word vanjaar na waarskynlik 40 verhoog. Dié klub se grense is in die jongste tyd ook uitgebrei om die hele ou Transvaal te dek.
Inskrywings vir vanjaar se skou en veiling sluit op 26 Augustus.
3 Junie 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24