Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Jongboer-finaliste-aangewys

Nuus

Gebrekkige rekord oor grondbesit

Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie aangeteken nie.

  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
  • Boer aangerand oor begrafnis
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Jongboer-finaliste aangewys

 
ANDRIES GROENEWALD

Die provinsiale streekwenners van die Toyota Jongboer van die Jaar-kompetisie is aangewys.


Hierdie wenners is die finaliste in die nasionale kompetisie waarvan die wenner en die naaswenner later vanjaar bekend gemaak sal word.


Mnr. Jaap van der Westhuizen is die Vrystaatse wenner. Hy boer die afgelope agt jaar op die plaas Cairo in die distrik Heilbron. Hy is 30 jaar oud, lid van die boerevereniging Weiveld en Graan SA se sorghumwerkgroep en spog met die graad B.Sc. in grondkunde aan die Universiteit van Potchefstroom.


Noordwes se streekwenner, mnr. Casper Botha, se boerderyloopbaan het in 1991 begin ná hy die graad B.Com. in bedryfs- en bestuursrekeningkunde aan die Universiteit van Potchefstroom verwerf het. Dít is intussen opgevolg met 'n honneursgraad. Botha en sy vrou, Estelle, se besigheidsbenadering het daartoe gelei dat hulle hul huurgrond in 1993 kon koop. Hulle boer onder meer met aartappels, saadmielies en kommersiële mielies.


Mnr. Wally Pooler van Underberg is die streekwenner in KwaZulu-Natal. Ná die dood van sy pa sewe jaar gelede het hy die melkboerdery oorgeneem. Hy is voorsitter van die boerevereniging Underberg en lid van verskeie plaaslike studiegroepe. Hy is sekretaris van die plaaslike waterverbruikersvereniging.


Mnr. Jan Paul Grey is Mpumalanga se wenner. Hy het op die plaas Uitzigt groot geword en daarna 'n diploma in diereproduksie aan die Technikon Pretoria verwerf. Van 1994 is hy in beheer van die boerdery wat vee, 'n voerkraal en akkerbou (mielies, soja) asook winterweiding onder besproeiing en hooi insluit.


Mnr. Mias Nieuwoudt van die plaas Witkop in die distrik Nigel is die Gautengse wenner. Hy is sekretaris van Agri Nigel en boer saam met sy skoonpa met beeste en mielies.


Die Wes-Kaapse wenner, mnr. Pieter van Wyk, boer op die plaas Vetterivier in die distrik Riversdal met vee, wol, graan en volstruise. Hy beywer hom vir die verdere landbou-opleiding van sy plaaswerkers se kinders en saam met sy vrou handhaaf hy uitstekende menseverhoudings met sy werknemers.


Mnr. Marthinus Colesky is die wenner in die Oos-Kaap. Hy is 31 jaar oud en boer met uitvoersitrus op Skone Uitsig en Fairview, naby Hankey. Hy is betrokke by Agri Oos-Kaap en is sekretaris van die jongboervereniging.


Die streekwenner in Limpopo is mnr. Paul Roos, wat die graad B.Sc.Agric. in plantproduksie in 1992 met lof verwerf het en in 1993 begin boer het. Hy boer met steenvrugte, uitvoerpatats, saadmielies en graan onder besproeiing.


Mnr. Japie Engelbrecht, die Noord-Kaap se wenner, boer op die plaas Koopan-Suid, naby Gordonia. Sy boerderyvertakkings sluit in Dorperskape, Bonsmara's en wild. Hy beskou die opleiding van werkers van groot belang. Hy glo deur optimistiese gesindhede by werkers te kweek, word vaardighede makliker baas geraak.

16 Julie 2004

0
 
 
  • 2533 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Varkpes se einde nog nie in sig
  • Wending met grondmikpunt
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction