Jongste Landbouweekblad


Mnr. Kip Cullers, ’n vooraanstaande Amerikaanse boer, verklap ’n paar van sy boerderygeheime wat hom gehelp het om al verskeie wêreldrekords met sojabone op te stel. Hy het in 2010 sy opbrengs tot meer as 10 ton/ha verhoog. FOTO: BASF

877 keer gelees | 0 kommentaar 10 Mei 2013


'n Nuwe ondersoek om te bepaal hoe winsgewend verskillende wisselboustelsels is, is onlangs voltooi. Dit is veral nuttig vir Wes- en Suid-Kaapse graanboere. Lees hoe kanola tot die plaasinkomste kan bydra. FOTO: ZIYA FANA IMAGES

899 keer gelees | 0 kommentaar 3 Mei 2013


Die plaaslike wildbedryf het die afgelope 15 jaar omsetgewys gemiddeld 20% per jaar gegroei, maar wildboere meen ’n hoër rat is nodig omvolhoubaarheid te verseker. Foto: THEUNS BOTHA

949 keer gelees | 0 kommentaar 26 April 2013


Die Suid-Afrikaanse alpakkabedryf sukkel om die waardeketting aan die gang te kry. Die meeste geld lê in teelmateriaal of troeteldiere. Daar is egter ’n paar planne om die sekondêre bedryf ’n hupstoot te gee. Hierdie alpakkas behoort aan dr. Gavin Lindhorst van Inca Vale naby Wellington. Foto: GLENNEIS KRIEL

870 keer gelees | 1 kommentaar 19 April 2013


Deur sonkrag met die sonpanele te benut, spaar die Vrede en Lust-wynlandgoed naby Simondium in die Wes-Kaap tot 40% Eskom-krag. Foto: JOHAN COETSEE

745 keer gelees | 0 kommentaar 15 April 2013


Voorbladfoto: Mev. Erika Hanekom van Malmesbury is onlangs as die Stoetteler van die Jaar aangewys. Haar fyn oog en wetenskaplike benadering met haar Dormers is die sleutel vir haar welslae. Foto: GERRIT SCHAAFSMA

1397 keer gelees | 2 kommentaar 5 April 2013


’n Stellenbosser boer deesdae kommersieel met buffels op besproeide weiding in kampies naby Swellendam. Hy het sy oog op die rekordpryse wat buffels behaal. Foto: THEUNS BOTHA

1183 keer gelees | 2 kommentaar 2 April 2013


Landbouweekblad borg vanjaar SA Stamboek se Elite-platinumkoeiklas. Dié koei van mnr. Michiel van Niekerk van Boshof is die toppresteerder in die Nguni-klas. Foto: Johan Norval

1261 keer gelees | 2 kommentaar 22 Maart 2013


Die Pietperde, wat tans nie meer ’n aparte ras is nie, se genetika is waarskynlik in die SA Boerperd opgeneem. Lees in hierdie uitgawe meer oor dié legendariese ras. Foto: IRNA MALAN

1367 keer gelees | 1 kommentaar 15 Maart 2013


Mev. Christa van der Merwe van die plaas Bospoort naby Postmasburg is tydens 'n glansgeleentheid by Leopard's Leap naby Franschhoek as Landbouweekblad en Sanlam se Vroue-entrepeneur van die jaar aangewys. Christa het 'n beskuitbesigheid en bak 'n allemintige 25 ton beskuit 'n maand. Foto: JOHAN NORVAL

1790 keer gelees | 3 kommentaar 8 Maart 2013


Graanboere wat geenbewerkingspraktyke toepas kan in droë jare, soos vanjaar, beter resultate verwag. Die foto is by Ritchie in die Noord- Kaap geneem. Foto: Koot Marais

1874 keer gelees | 4 kommentaar 28 Februarie 2013


Die Pedi-ras vaar uitstekend in die Bosveld, soos hierdie Pedi-ooi met haar lam, want die ras is goed aangepas vir die bosveld en is geneties weerstandig teen hartwater. Foto: LOUW PRETORIUS

1473 keer gelees | 2 kommentaar 22 Februarie 2013


Ramptoestande wat boere dikwels ervaar, is mensgemaakte rampe. Lees meer in hierdie uitgawe oor ’n strategie om daaran weg te beweeg. Foto: GERRIT GERMISHUYS

1440 keer gelees | 3 kommentaar 15 Februarie 2013


’n Nuwe hoofstuk vir die land se skaapmelkbedryf word eersdaags ingelui wanneer me. Elmarie van Aswegen van Smithfield nuwe teelmateriaal van verbeterde melk-Awassiramme uit Australië en haar eie kudde beskikbaar stel. Foto: JOHAN NORVAL

1605 keer gelees | 2 kommentaar 8 Februarie 2013


Landbouweekblad begin vandeesweek met 'n kort reeks artikels oor die verantwoordelike bestuur van roofdiere. In die eerste artikel word verskeie voorsorgmaatreëls bespreek wat boere kan tref. Foto: AFRIPICS.COM

1695 keer gelees | 1 kommentaar 1 Februarie 2013

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights