Jongste Landbouweekblad


'n Boer van Wes-Australië vertel hoe sy familie suksesvol op 33000 ha 'n goeie bestaan maak in 'n baie marginale deel van dié staat. Hul skaapboerdery help om onkruide in 'n kleingraan-wisselboustelsel te bestry. FOTO: Hugo Lochner

294 keer gelees | 0 kommentaar 20 Mei 2013


Mnr. Kip Cullers, ’n vooraanstaande Amerikaanse boer, verklap ’n paar van sy boerderygeheime wat hom gehelp het om al verskeie wêreldrekords met sojabone op te stel. Hy het in 2010 sy opbrengs tot meer as 10 ton/ha verhoog. FOTO: BASF

975 keer gelees | 0 kommentaar 10 Mei 2013


'n Nuwe ondersoek om te bepaal hoe winsgewend verskillende wisselboustelsels is, is onlangs voltooi. Dit is veral nuttig vir Wes- en Suid-Kaapse graanboere. Lees hoe kanola tot die plaasinkomste kan bydra. FOTO: ZIYA FANA IMAGES

942 keer gelees | 0 kommentaar 3 Mei 2013


Die plaaslike wildbedryf het die afgelope 15 jaar omsetgewys gemiddeld 20% per jaar gegroei, maar wildboere meen ’n hoër rat is nodig omvolhoubaarheid te verseker. Foto: THEUNS BOTHA

975 keer gelees | 0 kommentaar 26 April 2013


Die Suid-Afrikaanse alpakkabedryf sukkel om die waardeketting aan die gang te kry. Die meeste geld lê in teelmateriaal of troeteldiere. Daar is egter ’n paar planne om die sekondêre bedryf ’n hupstoot te gee. Hierdie alpakkas behoort aan dr. Gavin Lindhorst van Inca Vale naby Wellington. Foto: GLENNEIS KRIEL

884 keer gelees | 1 kommentaar 19 April 2013


Deur sonkrag met die sonpanele te benut, spaar die Vrede en Lust-wynlandgoed naby Simondium in die Wes-Kaap tot 40% Eskom-krag. Foto: JOHAN COETSEE

754 keer gelees | 0 kommentaar 15 April 2013


Voorbladfoto: Mev. Erika Hanekom van Malmesbury is onlangs as die Stoetteler van die Jaar aangewys. Haar fyn oog en wetenskaplike benadering met haar Dormers is die sleutel vir haar welslae. Foto: GERRIT SCHAAFSMA

1419 keer gelees | 4 kommentaar 5 April 2013


’n Stellenbosser boer deesdae kommersieel met buffels op besproeide weiding in kampies naby Swellendam. Hy het sy oog op die rekordpryse wat buffels behaal. Foto: THEUNS BOTHA

1205 keer gelees | 2 kommentaar 2 April 2013


Landbouweekblad borg vanjaar SA Stamboek se Elite-platinumkoeiklas. Dié koei van mnr. Michiel van Niekerk van Boshof is die toppresteerder in die Nguni-klas. Foto: Johan Norval

1271 keer gelees | 2 kommentaar 22 Maart 2013


Die Pietperde, wat tans nie meer ’n aparte ras is nie, se genetika is waarskynlik in die SA Boerperd opgeneem. Lees in hierdie uitgawe meer oor dié legendariese ras. Foto: IRNA MALAN

1375 keer gelees | 1 kommentaar 15 Maart 2013


Mev. Christa van der Merwe van die plaas Bospoort naby Postmasburg is tydens 'n glansgeleentheid by Leopard's Leap naby Franschhoek as Landbouweekblad en Sanlam se Vroue-entrepeneur van die jaar aangewys. Christa het 'n beskuitbesigheid en bak 'n allemintige 25 ton beskuit 'n maand. Foto: JOHAN NORVAL

1801 keer gelees | 3 kommentaar 8 Maart 2013


Graanboere wat geenbewerkingspraktyke toepas kan in droë jare, soos vanjaar, beter resultate verwag. Die foto is by Ritchie in die Noord- Kaap geneem. Foto: Koot Marais

1883 keer gelees | 4 kommentaar 28 Februarie 2013


Die Pedi-ras vaar uitstekend in die Bosveld, soos hierdie Pedi-ooi met haar lam, want die ras is goed aangepas vir die bosveld en is geneties weerstandig teen hartwater. Foto: LOUW PRETORIUS

1476 keer gelees | 2 kommentaar 22 Februarie 2013


Ramptoestande wat boere dikwels ervaar, is mensgemaakte rampe. Lees meer in hierdie uitgawe oor ’n strategie om daaran weg te beweeg. Foto: GERRIT GERMISHUYS

1449 keer gelees | 3 kommentaar 15 Februarie 2013


’n Nuwe hoofstuk vir die land se skaapmelkbedryf word eersdaags ingelui wanneer me. Elmarie van Aswegen van Smithfield nuwe teelmateriaal van verbeterde melk-Awassiramme uit Australië en haar eie kudde beskikbaar stel. Foto: JOHAN NORVAL

1620 keer gelees | 2 kommentaar 8 Februarie 2013

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights