Jongste Landbouweekblad


’n Nuwe hoofstuk vir die land se skaapmelkbedryf word eersdaags ingelui wanneer me. Elmarie van Aswegen van Smithfield nuwe teelmateriaal van verbeterde melk-Awassiramme uit Australië en haar eie kudde beskikbaar stel. Foto: JOHAN NORVAL

1638 keer gelees | 2 kommentaar 8 Februarie 2013


Landbouweekblad begin vandeesweek met 'n kort reeks artikels oor die verantwoordelike bestuur van roofdiere. In die eerste artikel word verskeie voorsorgmaatreëls bespreek wat boere kan tref. Foto: AFRIPICS.COM

1717 keer gelees | 1 kommentaar 1 Februarie 2013


Mnr. Linde du Plessis, 'n bekroonde beesboer, glo in doelgerigte seleksie en noukeurige teling. Hierdie bul is 'n voorbeeld van wat hy as die ideale Brahman beskou. Die dier straal manlikheid uit, het 'n goeie skof en 'n sterk toplyn. Foto: JOHAN NORVAL

1690 keer gelees | 0 kommentaar 25 Januarie 2013


Namate die produksiekoste van graan- en aartappelverbouing in die Noord-Vrystaat toegeneem het, het 'n groep mielieboere suksesvol met die teel van skaars wild, soos hierdie wit swartwitpensbul, begin. Foto: THINKSTOCK.CO.ZA

2045 keer gelees | 4 kommentaar 18 Januarie 2013


Honde is 'n belangrike afskrikmiddel op plase. Hulle vervul ook verskeie ander rolle. Op die voorblad pryk Lotter Michelle. Sy behoort aan mnr. Neville Comley van Port Elizabeth.

2187 keer gelees | 2 kommentaar 11 Januarie 2013


Boere moet vanjaar mooi dink voor hulle hul aan seisoenale weervoorspellings steur en eerder aanvaar dit is 'n normale seisoen wat voorlê. Foto: CAREL CHAPMAN

2114 keer gelees | 5 kommentaar 1 Januarie 2013


Ons wens ons lesers ’n aangename vakansiegtyd en ’n geseënde Kersfees toe. Hier maak ’n visserman lyn nat op die Bonza-strand by Oos-Londen. Foto MARIUS POTGIETER

1603 keer gelees | 0 kommentaar 14 Desember 2012


Die nasionale Friesperd-kampioenskapskou is vanjaar in Bloemfontein beslis. Hier is die Friesperdhings Tsien Fan Gaasterlans Grün van mnr. Johnny Moore se Jorami-stoetery, Bloemfontein.

1748 keer gelees | 4 kommentaar 7 Desember 2012


Mnr. Freddy Schmidt en sy seun, Mark, eienaars van 'n Dohne-Merinostoetery in die bergagtige gedeelte van die Noordoos-Vrystaat, is dié ras se nasionale Bobaasteler vir 2012.

1718 keer gelees | 3 kommentaar 30 November 2012


Die ontginning van skaliegas in die Karoo bly 'n turksvy: Kenners verduidelik dat gasboorgate nooit heeltemal geseël kan word nie. Foto: Gallo Images/Thinkstock

1477 keer gelees | 4 kommentaar 26 November 2012


Die Wes-Kaap en sy boere is op hul knieë nadat betogers duisende rande se skade aangerig het tydens stakings oor die vasgestelde minimum loon. Foto: JOHAN CLOETE

2196 keer gelees | 5 kommentaar 16 November 2012


Met rusperbandtrekkers kan mielieboere in die Wes-Vrystaat hul grond se potensiaal beter ontgin en hulle spaar boonop brandstof en tyd.

1810 keer gelees | 2 kommentaar 9 November 2012


Loubser 6322, 'n Holstein van die Fair Cape-boerdery, Durbanville, het in Junie vanjaar 'n nuwe melkrekord vir Suid-Afrika opgestel. Foto: JAN VAN DYK

1646 keer gelees | 3 kommentaar 2 November 2012


Landbouweekblad het ‘n nuwe voorkoms, wat te siene is in dié uitgawe wat van Maandag, 29 Oktober af, op die rakke sal wees.

1895 keer gelees | 4 kommentaar 26 Oktober 2012


Mnr. Peter en mev. Francy Schoeman van Williston het bewys dit is moontlik om met melkbeeste in die Karoo te boer. Hul kaasmakery is ‘n beduidende deel van hul boerdery. Hier is hul dogter, Alanna (6), by ‘n paar Jerseys.

1808 keer gelees | 4 kommentaar 19 Oktober 2012

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights