Menu

Bosluisbytkoors en bosluiskoors by mense en honde

avatar

scorpiondip
18 April 2011
64837 Gelees


 Hierdie foto is geneem van die hondehandel wat in China voorkom. My sterkste protes moontlik hiermee saam!

Bosluise wat op honde voorkom.

Die wetenskaplike name vir die bosluisspesies wat hoofsaaklik aan honde bosluiskoors en bosluisbytkoors oordra, is

  1. Haemaphysalis elliptica of geelhondebosluis en 
  2. Rhipicephalus sanguineus of die hondehokbosluis.
  3. Daar is verskeie ander spesies bosluise wat ook op honde kan voed. Interresant genoeg verkies hierdie spesies enkelmaagdiere, wat beteken dat die spesies op ander wilde enkelmaagdiere na jou huis aangedra kan word

My Hond Chuck wat nie bosluise het nie

Bosluiskoors wat ook galkoors of Babesia canis genoemword, word deur beide van die bosluisspesies oorgedra.

Die bosluisspesie Rhipicephalus sanguineus of hondehokbosluis, dra bykomend ook rickettsiose (tropical canine pancytopaenia of Ehrlichia canis) oor. 

Foto van Claw in Johannesburg

Bosluisbytkoors (Rickettsia conorii) word ook deur bontbosluise, grootbontpootbosluis, die bruinoorbosluis, rooipootbosluis en die blinkbruinbosluis na die mens oorgedra.

  1. Al hierdie genoemde bosluise is multigasheerbosluise. Dit beteken hulle voed enkele dae, gemiddeld tussen 4-7 dae op hul gasheer om ‘n bloedmaaltyd neem.
  2. Daarna val die bosluis af, (detach) en kruip die bosluis in skeure, gras, hout hondehokke en Wendy huise se skeure weg om te ontwikkel na die volgende stadia.
  3. Die bosluise kan beide reeds in  hul nimfstadia die siekte organisme/s aan hul gashere oordra
  4. Die bosluis in hul larf en nimf stadia is nie maklik met die oog waarneembaar nie. Hul is hulle niks groter as ‘n kopspeld se punt of selfs koppie nie..
  5. Van hierdie bosluise lewe sowat 3- jaar lank.
  6. In daardie 3 jaar voed hul slegs 3 keer, gemiddeld 4- 7 dae per bloedmaal waarna hulle afval
  7. die ander tye is hierdie bosluise te vinde in skeure, krake in hout, graspolle, krakies in die grond, hondehokke en Wendy huise, rou baksteenmure, pleisterkrake, ens. 
  8. Hierdie bosluise kan ook wanneer toestande ideaal is, hul lewensiklus in 3 maande voltooi

Beheer

Die hondehokbosluise is redelik uitdagend om te beheer en kan tot so hoog as 5 meter van die grond in skeure of krake in baksteenmure gevind word.

Hoe kom hulle op ‘n erf?

Die bosluise word deur wilde grondlewende voëls en wilde diere soos rotte, slange, muise aangedra en versprei.

Waarom bogenoemde inligting?

  1. Ken jou parasiet, ken sy habitat en tree voorkomend op
  2. Beheer die bosluise op jou deur die honde gereeld te dip en die honde as taxi te gebruik om die bosluise te oes en op te tel, waar hul dan op die honde beheer word met ‘n effektiewe middel
  3. Deur hul slaapplekke skoon te hou
  4. Die hokke met 'n wateroplosbare dipstof te spuit waarin hul veral oornag

Foto van Claw in Johannesburg

Onthou net dat meeste wateroplosbare dipstowwe, selfs die wat op beeste gebruik word, slegs ‘n beperkte nawerking van sowat 3 dae het.

Dit word deur reën maklik verdun word en word ook deur ultravioletstrale onaktief gemaak

 

 

Wildparke

  1. Eko-wildparke wat nie wetenskaplike bosluisbeheer toepas nie, is roekeloos en baie gevaarlike plekke om in te bly.
  2. Hulle hou baie kere verkeerde soorte wild en groot getalle wild aan om die plek en belegging aanlokliker te maak.
  3. Daarby is honde ook nog toelaatbaar in van die parke wat die gevaarlik spesies bosluise buite optel en in die huise of selfs net die erf inbring.

Nasorg

Siek diere wat onder antibiotika is kan effe gaar hoenderlewers gevoer word om die bloed op te bou, gedokter met ‘n druppel of wat van LENNON se Staaldruppels.

  1. Onthou net dat die goed sleg is.
  2. Kry altyd saam met antibiotika ligte lakseermiddel om die metabolisme aan te help, veral by diere wat galkoors opgedoen het.
  3. Onthou dat die dier se bloed aangeval is deur die bosluis se toksiene. Dit moet weer opgebou en opgebou word

Belangrik

Onthou om altyd die bosluis te vang en in ‘n klein houertjie te sit met alkohol in, sodat die bosluis geïdentifiseer kan word. Dit vergemaklik behandeling by diere en,

  1. veral by mense is die spesie se identifikasie belangrik omdat dodelike virussiektes soos Kongokoors, Lassa en Arena- virusse deur sekere spesies bosluise oorgedra word. 
  2. Sou mens die spesie bosluis kan identifiseer, weet mens wat die bosluis fisiologies kan doen en nie kan doen nie en ook watter virusse die spesie bosluis kan en nie kan oordra nie. 

Praat met ‘n spesialis Veearts 

  1. wat werklik kennis dra van bosluise wat op honde voorkom want dit is ‘n spesialisveld en algemene kennis gaan veroorsaak dat dier verloor word
  2. maak voor die tyd seker dat die persoon sy werk en veral bosluisgedraagde siektes werklik ken
  3. probeer altyd om eerder voorkomend op te tree deur die diere skoon te hou en gereeld asook voorkomend te dip

Pierre van Niekerk,

0822208386

27(12)6674755

pierrevn@telkomsa.net

 (Baie dankie vir die regstelling Leon, groot waardering)

 

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Leandri Greyling

2012/05/16 04:06:25 PM

Hi Almal. ek is vreeslik bekommerd oor my ma. sy het al die erge simptome vir bosluiskoors getoon en die dokter het haar ook so gediagnoseer. sy het n handvol pille ontvang. sy het vandag egter skierlik met klomp kolle uitgeslaan en ek lees nerens iets van veluitslag nie? kan iemand my se of die vel-uitslag wel n teken van bosluiskoors is? baie dankie


Pierre van Niekerk

2012/05/15 10:58:44 AM

Wilna, kontak my op my nommers soos gegee


Wilna

2012/05/14 09:09:49 PM

Asseblief help my...my hond het bosluiskoors, 4de dag op Doxydog, sy lyk nie goed nie. Sy eet nie, drink so nou en dan bietjie water. Ek probeer haar net n bietjie op n slag laat drink, anders braak sy. Ek het nou maar suiker in die water gegooi sodat sy net iets moet inkry...5 jaar gelede het ek n hond verloor a.g.v. bosluisbytkoors. Ons het nooit bosluise gehad nie, todat hier n rondloper hond in ons erf ingekom het...ek is raadop.


scorpiondip

2012/05/08 11:44:40 AM

Hallo Elmarie, jy sal moet n bloedtoets en mismonster moet laat doen om die moeilkheid te bepaal. baie sterkte


Elmarie van der Westhuizen

2012/04/28 09:07:03 PM

Hi ek het 'n labrador kruising met 'n boerboel van 10 maande oud. Hy het net skielik begin lusteloos raak, en sy oë lyk asof dit brand, maak dit net op skrefies oop, lyk of die son te skerp is, en permanent slaap in sy ooghoeke. Wil ook nie regtig eet nie. Kan u help groot asb.


scorpiondip

2012/04/15 06:42:57 PM

Hallo Chantelle en Bettie Rakende julle kinders. Dit is altyd raadsaam om die bosluis met ʼn “tweezer”? diep uit te haal en in alkohol te sit, spiritus, brandewyn of whisky sodat die bosluis geïdentifiseer kan word. Bier en wyn of alkohol wat gis, is nie reg nie. Rakende die simptome. Al die antwoorde sal in n behoorlike bloedtoets gevind word, deur jou dokter en dan te laat ontleed by ʼn bekende patoloog. Julle sal nie binne 36 uur siek word nie, die simptome is griepsimptome. Dit behoort enige iets van 7-9 dae tot selfs 14 dae te neem voordat daar griepsimptome is en ook afhangende van jul immuniteit en weerstand. Dan moet julle bekommerd wees. Die dipstowwe wat jy gebruik is, en ek maak ʼn afleiding, is waterbasisdipstof en alle waterbasis dipstowwe het minder as 3 dae nawerking. Dan klim die bosluise weer lustig voort. Los dit, dis ʼn tydelike maatreël maar ʼn langtermyn geldmors. Lees weer die bosluise se lewensiklusse en hoe hul funksioneer. My aanbeveling is om ‘n oliebasisdipstof te kry. Ek persoonlik gebruik Afrivet se Promeris Duo, wat uitstekende resultate lewer. Kry vir julle van die produk. Kontak my as julle sukkel. Laastens, vlooie op rotte en muise is n moeilike ding. Ek het ʼn skrywe oor vlooie hier geplaas. Lees dit. Dis ‘n langtermyn strategie maar ook die oplossing. Kry tablette by julle veearts wat die vlooie ook steriliseer. Die vlooi kan ook deur ander rondloperdiere en muise aangedra word. Ek roei rotte met ‘n mengsel van koekmeel, gips en suiker uit. Meng eweveel verhoudinge, die gips stol in die maag. Die enigste nadeel is dat as die rot vrek, stink dit. Stukkies biltongvet in ‘n muisval is n gegewe vangs. Hulle vrek daaroor. Julle kan dit heeldag aldag doen. Baie sterkte Pierre van Niekerk pierrevn@telkomsa.net 0822208386


Chantelle Eloff

2012/04/09 10:41:06 PM

Twee weke terug het ek en my man saam met ons seuntjie op die bed gelê toe sien ons ñ klein grys bosluis in sy oor, die bosluis was besig om vas te suig en ons het hom uitgehaal. Hy is maar net 2 jaar oud. Gister toe hy bad het ek ñ rooi bosluis agter sy oor gekry, ek dink die bosluis was ñ lang ruk daar want sy hele oortjie agter is bloedrooi met ñ klein blou kolletjie in die middel. Ek het die bosluis afgeknip. Ek wil net weet of neus bloei deel is van die simtome van bosluiskoors want elke keer wat hy gaan slaap dan bloei sy neusie vreeslik baie. Hy word vinnig naar vir kos en vir iets wat hy wil drink. Sal iemand my asb terug laat weet of dit gevaarlike tekens is. Ons het honde, en ons behandel hulle elke 3de dag met dip stowwe, shampoe en poeier. Ons sukkel ook baie met rotte in ons dak. Wat kan ek kry om al die bosluise en vlooie weg te kry?


Bettie Wille

2012/03/15 12:07:33 AM

Ek het 4 sigbare bytplekke en op een die bosluis(klein rooie) afgehaal. Was gister by dr, geluister en gese dis bosluiskoors. Al die simptome en jeuk baie. My vraag is: daar is dalk nog bytplekke in my hare. Gister Ook een op my seun van 10 gekry. Naarheid erg en vreeslike borspyn. Al 36 uur op medikasie en dit voel niks beter. Ons bly op 'n plot, het 'n kat en hond wat by ons slp en ten spyte van behandeling stteds bosluise het nou en dan. Daar is ook rotte op ons dak.


Letitia Botes

2012/02/25 12:18:45 AM

My skoonma het die afgelope week, gekla van swakheid, kopseer en koor, gisteraand het sy vir my gewys klein merkies op haar bene amper soos klomp muskiet byte en baie sensitief, sy het vanoggend bewyssyn verloor en is dadelik dokter toe, hy het gesê dis borsluisbytkoors, daar is wel n n rooi blou merk, wat dalk die bytplek kan wees op haar toon. my groot kommer is die uitslag wat op haar bene was, nou oor haar hele lyf is, die dokter het gese dis die koors wat dit veroorsaak, die dokter het medikasie voorgeskryf en haar ingespuit, maar die uitslag lyk verseker erger wat eers soos n muskietbyt gelyk het lyk nou soos bloedblasies. My moeder se mond is ook baie droog - so erg dat dit haar spraak beinvloed, dit verbeter na n slukkie water. wil graagweet of enige iemand al ooit soortgelyke simptome ervaar / ondervind het. Ek het haar aangeraai om so spoedig moontlik more oggend weer dokter toe te gaan indien nie beter voor dan nie. regtig bekommerd.


mandie loom van springs

2012/02/22 11:45:08 AM

My spaniel is baie siek van bosluiskoors ek moet hom elke dag terugvat vet toe vir inspuitings hy lyk al beter maar is daar niks wat mens op die gras kan spuit nie eks baie bang vir my kinders en dis onmoontlik om my kids binne te hou help asseblief


scorpiondip

2012/02/15 07:23:08 AM

Lena van Bowen. Die bosluise sal nooit weg wees nie, die hondjie wat jy het kan dalk nou weerstandig wees teen bosluiskoors of bosluisbytkoors, wat dit ook al was. Jy kan onmiddelik n hondjie kry en besef net dat jy n uitdaging het met jou omgewing. Dip dus op gereelde grondslag verkieslik met n oliebasis dipstof wat n ordentlike nawerking het. Onthou, die beste versamelaar wat jy het van bosluise is die hond self. Sy vel die orgaan wat jy het om hom uit te roei. Sorg dat jy dus effektiewe dipstof op die vel het, om hulle te oes en vrek te maak. Lees egter weer die skrywe en besef dat die bosluis deur voels en ander dinge in jou erf ingebring word en kyk na die plekke waar dit in dit voortleef. Baie staerkte


scorpiondip

2012/02/15 07:18:03 AM

Reinette van Biljon: Reinette van Biljon. Die dokter wat haar behandel het sal op grond van sy analise liewers vir julle moet sê wat is sy aanbeveling en op grond van wat hy dit kan sê. Hy sal weet wanneer die organisme op grond van die medikasie wat hy voorgeskryf het, onderdruk is en deur die liggaam veilig hanteer kan word. Ek is jammer! Ek het nie indikasie gekry dat jy n vraag gevra het nie. Verskoning.


reinette van biljon

2012/01/27 11:08:53 AM

my kind word behandel vir bosluisbytkoors, maar is 'n kranige atleet, hoe lank mag sy nie aan sport deeneem nie, want hulle sê dit tas jou hart aan? ek onttrek haar liewers as om later met ernstige gevolge te sit! sy is 12 jaar oud


Marie

2012/01/04 01:44:03 PM

Hoe lank na my hond borsluiskoors gehad het, is dit veilig om nog 'n hond op die erf te kry? Ek het twee gehad. Een kon ons nie deurtrek nie. Die ander een kon die veearts deurtrek, maar hy is besig om hom dood te verlang na sy maatjie...


lena bowen

2011/12/24 09:35:16 PM

hi wil net weet my pug hond is dood vermoed hy het bosluis koors op die ergste gehad sy ore, sy wit van sy oë en sy tandvleis alles was geel kan dit bosluis koors wees of galkoors dankie


scorpiondip

2011/12/16 08:39:00 AM

Onbekende besoeker! Ek word heelwat versoek om te kyk of ons iets kan spuit op grasperke en erwe en gaan vanoggend weer uit na n plot. Die bosluis is n 3-gasheer bosluis en het heelwat ander gashere ook, grondlopende voëls, muise, rotte, reptiele, kolhase. Hy verkies egter enkelmaag diere soos jakkalse en rooikatte en die goed kan mens nie dip nie. Onversorgde honde van bure en roeklelose en selfs arm eienaars. Laat ons nou nie verwyt nie. Goed op gras maak baie ander nuttige en onskldige diere dood en daarom doen ek die GLAD nie. Persoonlik gebruik ek vir die beste resultate n baie bekende "pour on" dip wat bekendheid verwerf het. Hulle hou niks daarvan nie, hulle rol en draai en juk en kry rooimiere in hulle gaie vir n paar uur en daarna is als oor. Deesdae het ek Vitamien E olie, met Tea Tree olie en gemeng het en lekker dik aansmeer en dan per gewig, soos voorgeskrywe, die regte middel. Net agter die koppie en op die stert wortel, die voorgeskrewe hoeveelhede. Vit E en Tea tree om die vel sterk te maak en te help met behoorlik verspreiding. en ek het Citrus olie in water 1:10 opgelos wat ek goed skud voordat ek spuit. Hulle kry sommer so elke week 2-3 spuite en dit vat vliege ook weg en as jy die bosluise vang en daarby sit, kan jy sien hulle vlug ook weg. Sterkte! Spuit veral hulle hokke met Citronella! Jou hond is die beste kollekteerder van bosluise. Die bosluis moet eers vasbyt voordat hy die E canis organisme kan verplaas. Dit neem so dag voordat dit kan gebeur. Die hond se velletjie moet dus sterk en gesond wees, hy moet nie enige vit en minerale tekorte he nie of stres nie. As die bosluis op die vel kom moet hy vrek gemaak word. As julle erge probleme, stel ek voor elke twee weke totdat julle self sien jul kan die tydperk verleng. Die bosluise sal nie maklik weerstandig teenoor die dipstof kan raak nie.


Gerrit du Toit

2011/12/14 04:45:18 PM

Hi, ek het so pas met Pierre gepraat en hy wat BAIE behulpsaam. Ek het 'n week gelede by 'n lodge oornag en het die aand agtergekom dat my hele langbroek oortrek is van duisende kopspeldpunt grootte bosluisies. Ek het 32 bytplekke waarvan 3 begin sweer het. Dankie vir jou raad en hulp Pierre en Chuck is 'n uitsonderlike mooi Bull Terrier! Groetnis.


Onbekende besoeker

2011/12/12 07:39:53 PM

My hondjies het borsluiskoors gekry, al twee sharpeis. Ek het die reuntjie by die vet gehad en hy het deurgekom. Na twee weke kry die klein tefie dit ook. Ek was ongelukkig nie by die huis die heeltyd nie en het dit te laat agtergekom. Ek het haar Saterdag aand heel aand gedokter maar tevergeefs is sy Sondag deur die dag oorlede. My hartjie baie seer, hulle soos my kinders. Is daar iets wat mens by die huis kan probeer? en hoe maak mens as jy borsluise op jou diere vind. Ek is tans sonder werk so dit maak dit baie moeilik om die diertjies altyd vet toe te vat. Party mense se' knip die borsluis, ander se' haal dit af. Asseblief ek soek die regte metode en raad want dit breek my hart. Baie dankie vir u tyd, Ek hoop om gou weer van u te hoor


scorpiondip

2011/11/06 08:06:48 PM

Marlene Vorster. As mens na Borrelia burgdorfi kyk, Lyme disease, wat n bosluisgedraagde siekte is wat die VSA aanmeldbaar is, blyk dit dat dit wel so kan wees. Watter tipe bosluiskoors of of bosluistifus in SA dit kan doen, is ek nie seker van nie. Ek dink my beste antwoord is die volgende, dit is om te onthou dat verskeie siekte-organismes wat deur bosluise oorgedra word is lewende veranderende en veranderlike organismes. Of ons altyd die regte medisyne het en gebruik en of dit die organisme op DNA vlak dood of uitskakel, die weet ek nie. Of dit die witbloedliggaampies in jou lyf instaat stel om die organisme te jou lyf te vernietig sal mens weet as mens na die medisyne kyk wat gebruik is of was. Daar is seker geen rede waarom die organisme net rustend ook kan wees nie, totdat jou liggaam vir watter rede onder stress en spanning kom dat die organisme die oorhand kry oor jou immuuniteitstelsel en weer kop uitsteek nie. Al hoekom ek hierdie hierbo vir jou sê is dat mens moet toets by n bekwame lab as daar sulke simptome kop uitsteek, want dit kan baie baie siektes wees wat griepsimptome het. Die antwoord lê in n tydige bloedtoets by 'n bekwame pataloog. Ken mens die siekte-organisme, het mens in n groot mate die antwoord op jou vraag! Pierre


scorpiondip

2011/11/06 07:53:09 PM

Juanita, kliere het verskeie redes waarom hul opswel. Dit is vreeslik gevaarlik om te spekuleer omdat die siektes verwant vreeslike siektes is en kan wees. Net 'n dokter sal met die nodige toetse presies kan vasstel wat die oorsaak is en, my beskeie mening is dat julle alreeeds by een moes gewees het. Ek hoop dis sommer maar net spoggerigheid en niks ernstigs nie. Pierre


Juanita Rootman

2011/11/05 12:34:11 PM

My man het van Woensdag af geswelde kliere op sy kop onder die hare. Hy kla sleg oor hoofpyn, en is dit pynlik as mens druk op die klier. Ek sien geen verband tussen die simptome en bosluiskoors nie? Wat is die moontlikheid wel?


Pierre van Niekerk

2011/10/24 04:55:42 PM

Onbekende besoeker: Dit is nie my honde nie. Dit is honde wat in China op straat verkoop word om geslag te word. Groete Pierre


Onbekende besoeker

2011/10/23 10:04:00 PM

Ek is jammer om dit te sê maar ek dink nie jou hond is skoon en gesond as hy so baie bosluise het nie. Bad hul dan liewers gereeld met dasel NF.


marlene vorster

2011/10/06 08:41:56 AM

Halo slaan bosluisbyt koors terug by mense?


Pierre van Niekerk

2011/09/20 05:18:00 PM

Hallo LBW Ek kry nie altyd kennisgewing as daar kommentaar gelewer word nie. Dit reflekteer sleg op my en mense dink mens is te belangrik om hulle te antwoord. Kan julle asseblief net weer daarna kyk? vriendelike groete


Pierre van Niekerk

2011/09/20 05:16:20 PM

Hallo Onbekend julle moet altyd onthou om die bosluis in spiritus of alkohol te sit sodat iemand kundig die bolsuis kan identifiseer. Verskillende bosluise dra verskillende siektes oor en as mens weet watter bosluis dit is, is mens al baie nader aan 'n antwoord en oplossing Onthou, minder as 10% van die bosluise is besmet met die Ricketsia organismes. As jy tussen 7-12 dae griepsimptome kry, dan gaan jy dokter toe en laat bloed trek en vra hom om dit na n pataloog toe te stuur wat kan toets vir bosluiskoorse van soorte. Onthou dat bosluise is bitter gevaarlik en daarom raai mens nie wat sal help nie. Jy het dalk al te vroeg begin met medikasie en dit is ook nie reg nie want jy kan die simptome onderdruk en die uitslag verneuk want die organisme moet nou eers manifesteer voordat dit ge ID kan word. My raad aan jou is om nou kalm te bly, eerlik met jouself te wees en intakt met die waarheid van jou liggaam en jou nie te verbeel iets is verkeerd nie. Maar, as jy is en koorsig word, dadelik dokter en laat jy spesialis medikasie kry wat die parasiet in jou bloed regtig kan vernietig. Jy mag dalk goeie medikasie nou hê maar dit kan die parasiet net moeilik en weerstandig maak en of die ander medikasie se werkinge beduiwel. Kalm bly nou eers, kyk wat gebeur met jou rerig, onthou dat min bosluise is besmet so jy het n groot kans dat jy heel OK gaan wees. Rakende jou wond, maak dit gereeld met alkohol skoon en sit n antiseptiese salf daarop wat n dokter alleen kan voorskryf. Ricketsia parasiete sal in jou bloed opgeneem word, sou en as die bosluis besmet was. Die wond moet jy egter baie goed oppas en met effektiewe medisyne behandel want dit kan vrot word en lelike merke maak wat nie nodig is nie. Laat weet my asb hoe dit gaan en of ek jou kan help met iets. Pierre


Onbekende besoeker

2011/09/20 04:29:00 PM

Hi ek was saterdag of sondag gebyt deer n klein swart bosluis op my been ek het dit sondag afgehaal.dit is blou om die bytmerk. Ek is op pille CYCLIDOX is dit die regte pille. is die klein swart bosluise gevaarlik of nie?


Marthie Hentschel

2011/08/29 04:05:00 PM

Moenie met 'n bosluisbyt speel nie, dit is baie gevaarlik vir die mens. Jy kan selfs doodgaan. Gaan dokter toe as jy vermoed jy het dit. My man was baie siek van 'n bosluisbyt, hy het vyf dae in ICU gelê. Ons het gedink hy het griep met 'n koors van 42 grade. Dit is dieselfde simtone as griep behalwe 'n baie hoë koors, kosseer, naar, lam, lyfseer dit tas jou hele gestel aan tot jou spiere. Hy is so 3 jaar terug gebyt. Al wat ek kan sê is baie dankie vir die Here en Dokter Flooks en Dr Theron.


Onbekende besoekero marius

2011/07/15 09:58:00 PM

Ek het so Dinsdag n borsluis van my arm af gehaal. hyt vas gesuig. dit een van die rooi borsluise. kan mens egter siek raak van hom en wat is die simptome? ek is siek naar duislig bewe baie. wil net slaap bly moeg my hele lyf lam enige raad?


Pierre van Niekerk

2011/05/14 02:01:27 PM

Hallo Onbekende Bosluiskoorse het griepgelyke simptome. Daar is egter net een antwoord. Die dokter moet bloed trek en dit na n behoorlike Patoloog stuur met die verwysing dat bosluiskoors vermoed word. Let daarop dat daar in die afgelope week n meisie dood is in Centurion aan Malaria, en sy was soos wat ek dit verstaan, jare gelede laas in n malariagebied. Malaria het ook griepsimptome. Dus, vra die dokter of n ander een om bloed te trek en weg te stuur na n pataloog toe wat bekend is met die tropiese siektes.


Onbekende besoeker

2011/05/08 12:10:00 PM

My man was so 3-4weke terug in Phalaborwa se distrik en het saam sy swaer na Mojaji's Kloof toe gegaan. Toe hy terug by die huis kom het hy my vertel dat hy we'll 'n bosluis op sy klere gekry het, homself ondersoek het, maar niks gevind nie. Hy is nou al 'n week so siek met hoe en lae koors, teer vel, seer lyf, geweldige aanhoudende hoofpyn en het ook onlangs nou naar begin word. Ons het hom gister by die dokter gehad wat vi hom Amoclan voorgeskryf het en gese het hy het sinus en griep. Ek is nogal ietwat bekommerd en wil weet of enige iemand ook soortgelyke simptome opgedoen het, en of julle my kan se of ek net paranoies is? Dankie


Rika v Staden

2011/04/25 02:43:25 PM

Hi, wat kan jy spuit of ingee vir bosluis- bytkoors? Ek spuit altyd Berenil RTU. Dit help egter net vir bosluiskoors!


Marie

2011/04/24 01:42:05 PM

My raad aan alle honde-eienaars;HOU ALTYD 'N KURSUS DOXYDOG VAN 28 DAE AAN ASOOK FORAY SPUITSTOF. Die Doxydog pille is vir bosluisbytkoors (persrooi tandvleise en stadige agteruitgang) en die Foray is vir bosluiskoors (geelwit tandvleise, baie vinnige dood). Vergeet van boererate, jy gaan jou hond verloor. Indien die hond beter word kan jy die blue liquid, hoenderlewer en al die ander terapiee gee. Indien Foray te duur is pobeer Imidox. Berenil is goed maar mag nie binne 6 maande weer gespuit word nie. Phenamadine werk ook. In 'n absolute noodgeval het ek al Terramycin ook gespuit maar dit is nie die regte ding nie. Diagnose is makliker as die koors gemeet word. Alles bo 38,8 grade is gewoonlik 'n bosluissiekte.


scorpiondip

2011/04/18 10:34:41 AM

Louise, dankie vir jou vraag. Die geel kleur kan dalk aandui dat dit galkoors was wat jou hond gehad het. Dit is baie moelik om te sê. As jy my verskoon sal ek die siektes hierbo in my skrywe met nuwe inligting opdateer. Die bosluis R. sanguiness is n vektor van die siektes Ricketsia connorii wat bosluistifus veroorsaak by mense. Hy veroorsaak ook die siektes Babesia canis en Babesia gibsoni in honde. Die Rhipicephalus simus is die een wat galkoors na beeste ook kan oordra. Om jou dan te antwoord, die volgende. Dit is dus maar n raai dat dit dalk die laaste spesie bosluis R. simus was wat jou hond gebyt het en dalk galkoors onder lede gehad het maar ek wil nie raai nie. Dit moet liewers getoets word. Onthou net dat die organismes (protosoë)die bloed aanval en mens weet nie of dit bleek of geel of wat was nie. Ek is jammer oor jou verlies. Dankie vir jou skrywe. Pierre


Michelle Brits

2011/04/18 09:22:05 AM

Hallo. Ons Pitbull is Vrydag deur die nag dood. Sy het geel ontlasting gehad en dit het vreeslik gestink. Wat kan die oorsaak wees ? Sy was al 10 mense jare oud. Baie dankie.


louise jacobs

2011/04/10 11:13:35 PM

m yboerboel teef is nou so rukkie terug dood , sy het net eenvoudig begin om op te hou eet , ons het haar behandel met antibiotika en en lewer ekstrak , wat my wel opgemerk het is dat haar stoelgang swwrt was en haar tandveiste goud geel , kan dit borsluis koors wees ?


Onbekende besoeker

2011/03/11 09:36:38 AM

My hond Alicia Sharpei het Woensdag nie haarself gelyk toe ek by die huis gekom het nie. Ek is Vet toe met haar en die Vet het dadelik borsluiskoors gediagnoseer by haar. Sy het dieselfde aand nog 'n bloedoortapping gehad. Donerdagoggend het sy beter gelyk. Ek wil net graag weet vat is die komplikasies na die tyd? Wat kan ek verwag en hoe moet ek dit behandel? Dankie vir al die inligting. Groete


Onbekende besoeker

2011/02/10 02:11:08 PM

my hond is baie siek aan borsluiskoors ons het hom by die vet gehad, wat kan ek doen om die borsluise uit die jaard te jaag moet ek iets spyt en wat kan ek spyt in en om die huis.


C Roos

2011/02/02 09:09:15 PM

Weet enige iemand van enige gif wat jy om jou huis, rond om jou erg kan spuit wat bosluise sal vegiftig en doodmaak of weghou?


Koekoe

2011/01/05 06:12:57 PM

Dankie baie. Volgens die simptome het ek def bosluiskoors gehad. Ek drink maar galpille dan voel ek beter. Is allergies vir omtrent alle antibiotika's. Ek is gediagnoseer met Rikettsia.


scorpiondip

2011/01/05 05:08:00 PM

Elmari Voorkoming is altyd beter as genesing. As jy binne 7-10 dae hoofpyn en griepsimptome kry, gaan Dr toe, trek bloed en maak seker dat dit na bekende pataloë gestuur word wat spesifiek vir bosluistoksienes sal toets. Gewoonlik moet n bosluis eers homself in vlees inbed, dan skei hy rondom sy monddele 'n sement af wat hom vasheg aan sy prooi, dan skei hy toksiene af in die bloed en wat dit ook al is, sal dan bogenoemde koorssimptome veroorsaak. Dit is nie n gegewe dat alle bosluise met skadelike toksiene besmet is nie, so, wees nou eers kalm en rustig en dalk is jy baie gelukkig. WEES NET BAIE OPLETTEND VAN DAG 6 6-7 -10 AF. Ek hoop jy het die bosluis in alkohol gehou sodat mens, as jy simptome het, die bosluisspesie kan identifiseer en vir jou help. Baie sterkte Pierre


Elmari

2011/01/03 04:25:42 PM

Ek het klein rooi bosluis net bo my oor onder my hare afgehaal.Moet ek dalk dr gaan sien? Kan mens iets kry vir voorkoming ingeval die bosluis besmet was?


scorpiondip

2010/12/29 02:50:29 PM

Onbekende besoeker. Jou Yorki dink ek is deur die uitdaging. Dit gaan bietjie tyd neem want die dierjies is maar so bietjie effentjies. My beste raad is maar altyd, so druppeltjie van Lennon se Staaldruppels en hoenderlewertjies den wondere om die bloed weer te herstel. Ek hoop regtig die diertjie is beter. Pierre 0822208386


scorpiondip

2010/12/29 02:46:56 PM

Vir MARLENE DU PLESSIS. Marlene, ek is nie 'n mediese dokter nie wil daarom nie 'n spesialisveld betree waar ek aanbevelings en diagnoses wil maak nie. Wat ek wil wil sê is dat bosluiskoors al daardie simptome kan veroorsaak maar, so kan vele ander parasiete koors en hoofpyne en ongesteldheid veroorsaak. Ek wil met respek noem dat ek 'n handvol bewyse het waar veeartse en dokters al verkeerde diagnoses gemaak het, maar wil nie enigsins hiermee beweer dat die dokter in jou geval verkeerd is nie behalwe dat sy eerlikheid in die geval gerespekteer moet word, want hy weet nie wat dit is nie. Bosluise is nie almal se kundigheid en kennisveld nie. Daarom, die volgende;' n Verskeidenheid bosluise kan mense byt en sulke simptome veroorsaak. As en wanneer dit gebeur, pluk die bosluis met n tweezer so diep moontlik in die kop af en uit en plaas dit in 'n houer met alkohol. Dit kan whisky, brandewyn, wit drank, spiritus ens. wees, sodat mens die bosluis kan identifiseer. Vanuit hierdie inligting kan mens die regte mense adviseer en die kan dan die regte aanbevelings maak. My raad aan julle sou wees, gaan na 'n pataloog toe, vertel hom wat gebeur het en wat julle vermoed sodat die kan bloed trek, die behoorlik toets en moontlike spore van die organisme en of toksienes kan vind en voor toets. Ek weet van mense wat jaarliks vir watter redes ook al hierdie simptome herhalend ervaar. 'n Goeie pataloog sal die regte identifikasie kan maak en die regte advies kan gee. Ek wens julle die beste toe. Maak vinnig werk daarvan, want bosluisgedraagde organismes kan baie vinnig ontplof binne die bloed van mens en dier. Baie groete Pierre 0822208386


scorpiondip

2010/12/29 02:46:51 PM

Vir MARLENE DU PLESSIS. Marlene, ek is nie 'n mediese dokter nie wil daarom nie 'n spesialisveld betree waar ek aanbevelings en diagnoses wil maak nie. Wat ek wil wil sê is dat bosluiskoors al daardie simptome kan veroorsaak maar, so kan vele ander parasiete koors en hoofpyne en ongesteldheid veroorsaak. Ek wil met respek noem dat ek 'n handvol bewyse het waar veeartse en dokters al verkeerde diagnoses gemaak het, maar wil nie enigsins hiermee beweer dat die dokter in jou geval verkeerd is nie behalwe dat sy eerlikheid in die geval gerespekteer moet word, want hy weet nie wat dit is nie. Bosluise is nie almal se kundigheid en kennisveld nie. Daarom, die volgende;' n Verskeidenheid bosluise kan mense byt en sulke simptome veroorsaak. As en wanneer dit gebeur, pluk die bosluis met n tweezer so diep moontlik in die kop af en uit en plaas dit in 'n houer met alkohol. Dit kan whisky, brandewyn, wit drank, spiritus ens. wees, sodat mens die bosluis kan identifiseer. Vanuit hierdie inligting kan mens die regte mense adviseer en die kan dan die regte aanbevelings maak. My raad aan julle sou wees, gaan na 'n pataloog toe, vertel hom wat gebeur het en wat julle vermoed sodat die kan bloed trek, die behoorlik toets en moontlike spore van die organisme en of toksienes kan vind en voor toets. Ek weet van mense wat jaarliks vir watter redes ook al hierdie simptome herhalend ervaar. 'n Goeie pataloog sal die regte identifikasie kan maak en die regte advies kan gee. Ek wens julle die beste toe. Maak vinnig werk daarvan, want bosluisgedraagde organismes kan baie vinnig ontplof binne die bloed van mens en dier. Baie groete Pierre 0822208386


Pierre van Niekerk

2010/12/28 05:25:30 PM

Ek sal u moreoggend antwoord. Baie dankie vir die navrae. Pierre


Onbekende besoekerOrna

2010/12/28 05:22:46 PM

EK gee vir my honde knoffelpille dit maak die bloed bitter en die bosluis sit nie op die honde nie


marlene du plessis

2010/12/15 10:57:31 PM

My man het ook bosluiskoors gekry, nie net 1x nie maar n paar keer al. het ook gegaan vit toetse vir bosluiskoors maar die dr het niks verkeerd gekry nie. het hoe koors wat af wissel met koue koors, helse hoof en oe pyne, seer gewrigte en n teer vel.Hy het ook heel wat later erge steek pyne oor sy niere begin kry. Voel in die oggende beter en na die middag begin die koors en koue koors weer. Glo dit as jy wil maar die dr het gese hy het nierpyp ontsteking in n erge graad.Kan mens dit kry van bosluiskoors?


Onbekende besoeker

2010/12/13 11:36:22 AM

Ek het 'n Yorki wat borsluiskoor gehaat het sy het 'n bloed oortapping ook gekry sy is ok sy eet min maar sy eet en dring baie water sy is net somms baie demekaar en on vas op haar bene is daar raad of iets wat ek kan doen


scorpiondip

2010/10/28 10:54:00 AM

Bambi, daai seerpoot klik vir my na bontpootbosluis en ek neem aan julle is in droë streke. Hy dra nie noodwendig enige siektes oor nie behalwe sy lang moddele veroorsaak klien wondjies wat sekondere infeksies toelaat wat dan met antibiotika behandel moet word. Onthou om daardie bosluise af te haal, in bietjie spirits of whisky of brandewyn te sit, stuur dit aan sodat mens dit kan identifiseer en dan is mens al baie naby n plan van optrede vir jou. Pierre


Bambi Bisschoff

2010/10/26 02:40:37 PM

Ek wil net weet of skape ook bosluisbytkoors kan kry en wat die tipiese simptome is. Ek het 'n dorperram wat deur bosluise gebyt is, en die plek waar hulle gebyt het, swel. Hy wil nie eet nie en kry seer as hy loop. Ek het Penli LA antibiotika gespuit, binnespiers. As enige iemand kan help sal ek dit baie waardeer.


Pierre van Niekerk

2010/10/14 07:15:27 AM

Ek is vandag in Potgietersus as spreker by die vendusie. ek is jammer dat ek nie die navrae almal gesien het nie. Ek sal dit vannaand hopelik kan hanteer. Ongelukkig is hier ook mense uit Nieu Zeeland wat ek more na n beesdippery moet neem. Slegste scenario is dat ek die navrae oor die naweek sal hanteer. Baie jammer. Kan ek net noem, dat die behandeling van mense en diere medici en veeartse se werk is. My werk is bestuur tot die voorkoming van bosluisgedraagde en ander parasiete se gevolge, maar, ek beantwoord binne bogenoemde riglyne graag u vra. Baie jammer.U is welkom om my te skakel 0822208386


Teresa Pretorius

2010/10/13 03:47:33 PM

My seun is 12 jaar oud en het bosluitbytkoors behalwe vir antibotika is daar iets anders wat 'n mens vir hulle kan doen om hulle beter te kan laat voel. Ek ken nie die simtome nie en hy is nie 'n kind wat kla nie so ek weet nie uindelik deur wat hy gaan nie, kry hulle baie kop seer ens enige raad kan help


amy grobler

2010/10/13 01:28:57 PM

goeie middag het enige iemand n idee wat ek vir my pincher kan gee vir bosluis koors


Veronica Moller

2010/10/04 12:30:45 PM

My Zeus ('n pikswart) labardor is Sondag opgeneem vir Borsluiskoors. Ek het haar Saterdag na die Veearts geneem want ek kon sien hy is nie hom selfs nie, Sondag oggend bel ek die Dr en vertel vir haar hoe lyk Zeus, baie swak en alles wat dit is is borrie geel. Vandag toe ek bel om te hoor hoe gaan dit sy hulle hy is swakker want hy het begin opgooi, ek gaan nou ry om te sien hoe gaan dit met Zeus, miskien as hy my sien sal hy gesond word.


Onbekende besoeker

2010/10/04 05:46:36 AM

ASB KAN HOND TERUGSLAG KRY VAN BORSLUISKOORS, WAS GESOND HET HOM BY VEEARTS GEHAD. MAAR NOU WIL HY NIKS EET OF DRINK NIE.


Rika van Jaarsveld Thabazimbi

2010/09/25 06:04:07 AM

Vriende van ons se Engelse Bull word baie siek en hul woon in Hartbeespoort, die veearts daar weier om na die dier te kyk tensy hul n vooruitbetaalde (belaglike) bedrag betaal. Uit desperasie kontak hul my die Sondagmiddag, omdat die hond al sieker blyk te word en omdat hul net nie oor die finansies beskik nie. Ek kontak toe ons veearts wat se dat ek haar maar dadelik moet inbring. Ek het haar gaan haal en was Sondagaand sowat 7h30 met haar by die kliniek. sonder enige vooruitbetalings en snert is Chaski opgeneem en behandel vir bosluis en bosluisbytkoors. Hiermee wil ek net dankie se aan diegene wat nog n lewe die moeite werd ag en wat nie omgee om hul Sondagaand met hul gesinne prys te gee om n ander te help nie. Dankie Sonja van Medivet Thabazimbi, ons waardeer en die rekening is om die waarheid te se minimaal.


LILLY FOUCHE

2010/09/20 01:30:00 PM

hi almal ek het n spaniel wat borsluiskoors gekry het, het vir haar melk, eier, disprin en branewyn gegee, sy is gesond. nou's my worshond siek ook met borsluiskoors hy het dit baie sleg ek voer hom al ses dae lank elke twee uur ,dieselfde as bo, maar hy wil net nie ek het gaan lewer pille koop en hom sommer 2 op n slag gegee en hy het vanoggend begin eet. HOE KAN MENS MAAK DAT HUL DIT NIE WEER KRY NIE


tokkie de villiers

2010/09/10 11:20:55 AM

Het ook hond wat bosluiskoors en bosluisbytkoors het, veearts ingespuit en pille & tonikum gegee se sal ±3 weke wees voor die bloed weer reg is.simptome was lusteloos en wil nie eet tandvleis baie bleek. sy nou al baie beter. lees van iemand wat se hond baie tjank van pyn dis dalk rumatiek wat die hond het. sterkte daar met almal se diere en familie wat siek is. probeer maar die honde elke week bad. groete


Onbekende besoeker

2010/09/10 10:41:09 AM

My 11 maande labrador is gediagnoseer met bosluiskoors. sy wou nie eet nie en het koors van 40.2 gehad. Gelukkig het ons dit vroeg opgemerk. Sy het 2 Kortisoon inspuitings en Vit B insuitings gehad en gelukkig is sy beter. Kan Die raad van halfgaar hoedenlewers aanbeveel.


trudie

2010/09/09 03:41:00 PM

Ek het gister my hond dood in die erf gekry nadat ek haar met beneril gespuit het, my hart is baie seer. My ander hond het dit ook gekry, maar het haar deur gehaal.Sy wil nog nie regtig eet nie, sien ook nie dat sy water drink nie, ek is baie bekommerd oor haar. Hoe kan ek die bosluise in die erf uitroei sonder dat die gif my diere benadeel, ek het nog 2 worsies en 1 foksie in die huis.die vee artse is so duur mens kan dit nie bekostig om die diere na hulle te vat nie dan vrek jou hond in elk geval.


Hannes Pieterse

2010/08/03 02:30:59 PM

Probeer gerus met honde BLUE LIQUID kan dit by enige apteek koop so teen R70 n botel dit help enige siek hond gou op die been!!


Mariaan Lourens

2010/07/04 01:09:17 PM

Ek wil graag weet wat is die simptome by honde met borsluiskoors.My worshondjie is skielik oorlede, sy was nog opgewek en het rondgehardloop. Ek het gesien haar tandvleis is bleek en het toe weer altwee my hondjies ontwurm en dog tonic (lewerekstrak) gegee. Die volgende oggend kry ek haar dood! Daar was geen ander simptome behalwe die tandvleis nie.


scorpiondip

2010/05/14 08:58:31 AM

Hallo alamal, ek het nooit na hierdie inskrywings gekyk nie. Ek is jammer. Ek wonder of ek vir Jan kan vra of dit moontlik is om sou daar n inskrywing kom, daar een of ander "note" kan deurkom. Jammer. Ek sal probeer antwoord.


pieter van zyl

2010/05/10 07:24:02 PM

n vriendin van ons is vannag hospitaal toe nadat sy verskriklik sleg gevoel het.sy het 2weke terug bosluiskoors gehad.sy is deur xstrale,bloedtoetse en mri,maar die dokters kan niks fout vind nie.as iemand iets weet van so n geval kontak my asb,want ek het al te doen gehad waar dokters vir die verkeerde probleem soek,en dan as dit te laat is besef waaraan die persoon dood is. dit wil ons natuurlik vermy.u kan my skakel ook asb.0828972340


Elmien Lourens

2010/04/13 11:58:59 PM

My ma is gediagnoseer met bosluiskoors vrydag.Dis vandag dinsdag en sy is 'n bietjie beter maar is maar baie swak. Sy is 70jaar oud Sy het baie hoee koors gehad en hoofpyn en baie baie moeg.Slaap die hele dag.Vandag is haar oe bloedrooi en sy het gister erg lyfpyn gehad. Hoe lank vat dit voor dit oor is? Ek wil haar die naweek na my huis toe vat van Lydenburg na Newcastle. Hoop sy sal ok wees.Gee 'n bietjie raad.


Sanet Koen

2010/04/03 02:29:56 PM

Ons hond is nou ook met bosluisbytkoors gediagnoseer. Hy tjank vreeslik vd pyn as hy probeer opstaan & loop. Is dit goed vir hom om sou nou & dan bietjie te loop? Ek sien dat, as hy eers aan die loop is, dit bietjie makliker gaan. Wat is die kans op genesing en hoe lank ongeveer behoort dit te neem voordat ons 'n verbetering sal waarneem? Ek kan dit nie hanteer om die hond te sien ly as hy so vreeslik tjank van die pyn nie. Ek wil weet of daar regtig genesing sal wees, of gaan dit dalk beter wees om hom van sy pyn te verlos? Hy is rustig as hy le. Het ook nou vir die 1e keer in baie dae begin vreet as ons hom voer. Hy drink ook redelik water.


Sonette van Niekerk

2010/03/22 12:05:42 AM

ek het laas week ons baba in die huis ons poedel van 12 jaar verloor deur borsluiskoors, my hart is stukkend,soek asb net meer inliting oor die simtome daarvan, alles het vir my te vinnig gebeur,binne 3 ure nadat ek haar by my vet gehad het was sy dood??gebeur dit normaalweg so vinnig, volgens die vet se bloed toetse wat hy gedoen het het sy dit gehad maar nie baie erg, hy het die volgende dg vir my gese sy moes beter gewees het, maar kan haar ouderdom wees,is dit normaal, gee komentaar asb sodat. dankie Sonette


louis marsburg van gauteng

2010/03/17 07:18:43 PM

ek het al 6 dae blykbaar bosluiskoors en wil nie beter word nie.dr het ciploxx 500mg antibiotika voorgeskryf. Ek vra hulp met raad asb? 0718506627


BELINDA VD SCHYFF

2010/02/02 10:15:45 AM

BOERE / BOERRINNE , EK HET N OS GEHAD 2JAAR OUD WAT BORSLUISKOORS GEHAD HET , TEEN DIE TYD WAT EK HOM GEKRY HET , WAS DIT AMPER TE LAAT , HY HET AL GAAN LE , WOU NIE OP STAAN NIE EK WAS ALLEEN OP DIE PLAAS , HET GEDOEN WAT EK KON , HET HOM MET SWAVET METABOLIC , VATAMINE B12 , 6 , 1 PANTOTHENIC ACID , ALLES IN EEN , 15ML , GESPUIT , BINNESPIER , SY GEWIG WAS +- 220KG , LAAT SKEMER TOE IS HY OP SY VOETE ,DRINK WATER ,EN EK HET GEBID. EK HET VIR OS LATER VERKOOP TEEN N GOEIE WINS . GROETNES BELINDA


BELINDA VD SCHYFF

2010/02/02 09:59:30 AM

ONS IS WOONAGTIG IN DIE MARICO BOSVELD , BORSLUISE EN MY MAN IS N NAGMERRIE , SODRA ONS BEESTE DIP IN SEKONDES HET KLEIN , KLEIN BORSLUISIES OP GEKRUIP NA WAAR DIT SAAK MAAK , SODRA EK AGTERKOM HY HET N VERWOEDELIKE KOPSEER WEET EK DIT IS BORSLUISBYT , KOORS , NAARHUID , KOPSEER ENS , VRA DOKTER DADELIK VIR KLACID XL 500MG ,( ANTIBOTIKA ) 1 P.D VIR 5 DAE , LEGALON 2 P.D (VERHOOG LEWER FINKSIE). 2DE DAG IS HY AL N ANDER MENS . GROETE BELINDA


sonnet ehlers

2010/01/30 09:21:52 AM

Ek het tans bosluisbytkoors ek sweet en sweet van koors het hoofpyn en is baie moeg vir 15dae aaneen ek gebruik medikasie voorgskryf deur 'n dokter, eendag voel ek beter en dan is al die simtome weer terug ek is moedeloos.


scorpiondip

2009/10/22 06:20:40 AM

Hallo Sandra, Bosluiskoors en Bosluisbykoors is n verskriklike dood om te sterwe vir honde. Dis waar my belangstelling in 1992 begin het, met die sterf van n hond van my waaroor ek geweldig erg was. Ek het hgesweer ek sal hulle by die biljoene uitroei..., ek het genadiglik darem verstand ook intussen gekry


Sandra Keller

2009/10/14 11:58:35 PM

Dankie vir die inligting. het jaar terug hond verloor agv bosluisbytkoors. eerste x in my lewe dit gesien , sy dood al was sy onder behandeling


scorpiondip

2009/08/31 11:19:57 AM

Dankie Leon, sal dit opdateer, ek sal hopelik al die name eersdaag net weer bekyk, daar is moontlik n kursus aan die einde van die jaar by Onderstepoort, sal ek die hopelik kans kry om met Prof Horak al die dinge te hoor. Ek waardeer dit groetnis. Pierre


Leon Kruger

2009/08/07 02:55:06 PM

Net 'n regstelling. Haemaphysalis leachii word nou al vir 'n geruime tyd Haemaphysalis elliptica genoem. Soos jy se, praat met jou veearts en sorg dat die man sy werk ken. Groete Leon


Marietjie

2012/10/18 09:25:38 AM

Hi julle ek is 3 dae terug gediagnoseer met borsluisbytkoors, dis nie lekker nie. My kop wil bars my lyf is seer en dan wil ek nie praat van my oe nie dit voel soos klippe so hard en ongemaklik, koors aan en af dan voel jy ok en dan weer swak sonder energie. Ek het geen plek op my lyf wat ek agter kan kom waar die borsluis my he byt het nie. Ek is al 13 dae so siek. Bloedtoetse is die beste ek het nie geweet dat jy 2 soorte borsluisbytkoors toetse kan aanvra nie. In my geval is ek positief vir die 1 en negatief vir die ander een toets. Ek was al voorheen hierdeur maar toe het dit oorgeslaan in breinvlies ontsteking ek was 6 weke in hospitaal. My raad is gaan dadelik Dr toe laat hulle maar toets. My gebede gaan uit vir elkeen wat te doene kry met borsluisbytkoors. Groete M


Roelien du Plessis

2012/10/21 04:44:11 PM

My suster is 6 weke terug met bosluiskoors gediagnoseer,toe sy by die hospitaal aan kom moes sy in 'n lang ry sit en wag en het toe al asemnood gehad. Breinvlies ontsteking is toe 'n week later gediagnoseer.Sy was vir 'n week in 'n semmi koma en tot vandag met haar dood om 15h00 vanmiddag was sy in 'n vol koma met breinskade. IS sy dood aan bosluiskoors of breinvliesontsteking? Dokters kon ons nie antwoord nie en hospitaal personeel mag blykbaar ook geen inligting aan ons verskaf indien ons sou vra nie, Groete Roelien


hanna

2012/10/27 07:44:26 PM

Ek het n rooi bosluis op my kop gekry en is nie seker of ek gebyt is nie.wat doen ek nou


Leeandra

2012/10/31 10:00:50 AM

Ek het vanoggend 'n plat swart bosluis van my 6 jarige dogtertjie se kop agter afgetrek, toe ek hom trek toe kom van die kopvel saam en dit het baie gebloei, hoe lank moet ek wag voor ek kan vasstel of sy bosluiskoors sal kry, ek wil nie kans vat nie.


Corrie

2012/11/06 12:04:09 AM

Naand ek wil net weet asb as jy 5 jaar terug borsluis koors gekry het kry jy dan weer simtome sonder dat jy weer gebyt is


Edelweiss Ferriera

2012/11/12 12:52:55 PM

Goeie dag,ek't vandag 'n klein rooi bosluis van my rug afgetrek met die hulp van my man.Ons weet nie of dit vanaf 'n kamp is waar ons die naweek was en of dit vanaf die kinders se honde is nie.Ek het die kinders laat weet om te kyk of die honde het en laat weet hulle moet maaar gedip word,met die warm weer wat ons deesdae het.Wil net weet wat is die simptome en waarvoor moet ons uitkyk.Baie dankie,Edelweiss


Annie

2012/11/18 11:33:03 AM

Kan iemand my asb 'n boereraad gee vir die reukirige uitslag wat my wit Bulterrier gedurig kry. Ek het al pille by die veearts gekry en daarna allergiepille by die apteek, wil nie ophou nie. Soek iets goedkopers om te gebruik asb.


Hanriette

2012/12/05 01:05:25 PM

Hi, my Husky is 2 jr oud. Het bosluiskoors gehad en het bloedoortapping gehad, was verskeie kere al op drip. Raak net nie beter nie. Is nou al 3 maande siek. Tans weer op kortisoon behandeling sodat hy darem eetlus het, maar tel nie gewig op nie. Bly maer en bleek. Kan iemand raad gee asb?


Julandy

2012/12/16 11:11:22 PM

Ek lees deur die boodskappe hier bo dankie vir mense wat nog omgee. Ons het twee alsasion hondtjies hulle sal dinsdag nege weke wees. Hulle is dan drie weke by ons waarvan die teefie met borslyskoors by ons aangekom het maar ek het eers opgetel het toe sy siek en lam raak. Ek het gaan navraag doen by die veearts hier in Valhalla Pretoria waarvan hulle ons nie wou help indien ons nie hond in bring en betaal nie eens raad gee nie. Na al om die uur se dehidrasie water en flat coke het sy vannaand begin eet maar die reuntjie is van gister af siek. Hy het vanoggend gebraak en vannaandweer. So al te saam twee keer maar magie ook diaree soos tefie sin. Van vanogend af spuitek met n inspuiting al om die halfuur dehidrasie water en bietjie flat coke. Maar die outjie le soos die tefie het. Die veearts het ons baie geld gekosvier mnde terug toe die vorige hond vandat hy eerste keer gebraak het en n halfuur later by veearts oorlede is. Die keer het die honde se frontline klaar reggestaan en is hulle ontwurm en ingeent met die intrap slag. Hulle is ook op groot stoep gehou wat twee keer n dag ontsmet is gehou geen gras. My aflyding is dat sy kla siek en swak was toe sy hier gekom het binne twee dae was sy nie haarself en het ek begin behandel en nou hy. Kan hulle steeds dinsdag hulle tweede ent kry as hulle so swak is. Wat stel u voor. Baie dankie. Julandy


Anriëtte Leipoldt

2013/02/01 12:09:01 PM

My vorige Italiaansewindhondjie is na vier dae dood aan Bosluisbytkoors en treur nogsteeds oor hom na 6 jaar. Ons was baie na aanmekaar. Baie dankie vir die persone wat ook so omgee vir hul Liefie troeteldiere!!! Anriëtte Leipoldt vanuit Ceres in die Boland


marinda mansour

2013/02/14 12:06:30 PM

Goeie middag,ek wil net graag weet wat ek kan doen met my klein boerboel.Hy het 'n uitslag op sy lyffie en klein rooi knoppies en ek sien dat hy baie krap en ek het hom al gebad en spoton opgesit maar dit werk nie hy krap hom stukkend.Hy is nou 9 weke oud en is baie op en waker maar ek weet nie wat kan vout wees nie.Asb ek vra hulp.Dankie


Chantelle

2013/02/17 02:12:16 PM

Hi ek n klein bosluis (n gruise bosluis)afgehaal dit het wel vasgesit en die plekkie waar hy gesit het is n knoppie en is rooi.Is dit nodig om dokter toe te gaan of nie.Ek het wel hoofpyne en is duislig wat moet ek doen?


christo geustyn

2013/02/25 11:00:21 PM

N vriendin van my het n hondtjie wat bosluise ht maar sy se daars bosluise in haar kamer hoe kan sy di bosluise uit haar kamer kry wat kan sy gebruik vir dit


Volume pills side effectsw

2013/04/03 11:38:32 PM

actvsmboecpv, Viagra, gWuWPKA, [url=http://www.viagravscialisreview.com/]Viagra[/url], XYfYYUE, http://www.viagravscialisreview.com/ Viagra alternative, gBiuYgp, Hostgator Promo Code, UKLliTh, [url=http://environmentalbuilding.net/]Hosting reviews hostgator[/url], EqQgGsr, http://environmentalbuilding.net/ How to install website on hostgator cpanel, cDzPTZH, Stendra, lkqyoDt, [url=http://stendrafaq.com/]Cost of stendra[/url], zkXrhEb, http://stendrafaq.com/ Stendra, DTdgqCJ, Kamagra soft tabs, InYeYCC, [url=http://kamagra247buy.com/]Www pharmaexpressrx com purchase kamagra[/url], aecBTHC, http://kamagra247buy.com/ Where to buy kamagra in manila forum, DVUJZDG, Managed Web Hosting, mJGROWL, [url=http://fwafa.com/managed-hosting/]Rackspace managed hosting dedicated server hosting[/url], VeRUkra, http://fwafa.com/managed-hosting/ Managed web site host solution, FpJfUVO, Do volumepills work, ClHZodg, [url=http://volumepillsknowledgebase.com/]Volume Pills[/url], OGTlouW, http://volumepillsknowledgebase.com/ VolumePills, GirBonN.


leonard de wet

2013/04/23 06:10:31 PM

Ek het laasjaar bosluisbuitkoors opgedoen en wil net weet hoeveel jaar dit vat om uit n persoon se sisteem kom?


rene

2013/04/30 10:13:26 AM

Kan iemand my help asb ekt n alsasion en hyt altyd agter my kombuis deur kom le ek het sopas agter gekom agter my yskas is ontelbaar klein en baie groot bosluise ek maak skoon ma wat doen ek om dit te keur om in my huis in te kom??? ASB eks bang dit buit my of my kind en man!!!


Betsie Bezuidenhout

2013/05/26 04:11:49 PM

My man het n tydjie gelede op n plaas gaan werk, en is moontlik daar deur n Bosluis gebyt...hyt begin hoofpyn kry, naar...en n baie hoe koors, so erg dat hy deur die nag moes oor aantrek ek die bed moes oortrek en n ander kussing moes opsit, hyself was sopnat, gelyk of jy hom nat-ge-gooi het..gesig was yskoud...bokant sy enkel was die donker merk, met rooi rondom...asook verder op sy bene het kolle uitgeslaan, tot in sy heupe...kon vir 3 dae glad nie gaan werk..orals pyne..hys DR. toe wat hom dadelik op Antibiotika gesit het....Dit moet ook die regte soort Antibiotika wees, want nie alle soorte help nie.Hyt oorgehou...dronkheid in die kop...wat hom bietjie van sy balans gooi, asook as hy in n motor ry...n naarheid..Sy merke is nou stadig besig om dowwer te raak....Weet nie wat hy dalk oor gaan hou nie,en hoor elke jaar herhaal die siekte hom.. MY RAAD;--- GAAN DADELIK DOKTER TOE..Groete. BB

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Tuli's se Elite-koei

    Mnr. Hennie Eksteen van die distrik Malmesbury se Tuli-beeste benut die marginale gronde op sy plaas uitstekend.

  • Die Angus-ras se Elite-koei

    Mnr. Chris Purdon van Cathcart se Angus-beeste het hom die afgelope 30 jaar deur dik en dun gedra.

  • Elite-koei by Bonsmaras

    Mnr. Philip Dreyer van Memel is bekend onder sy tydgenote as ’n teler wat die vermoë het om diere se teelvermoë raak te sien.

  • Nguni's se Elite-koei

    Die Nguni-teler, mnr. Ben Fyfer van Vryburg, se beeste vaar besonder goed in die streek wat as SA se Texas bekend staan.