Menu

Kom praat skaap

avatar

saai
14 December 2011
5422 Gelees


 

Kom praat Skaap

Wol

Voor jy begin gaan vra eers iemand wat kennis het of jy op jou plaas met wol kan boer. Die blaartjies en sade van bome en bossies kan jou wol binne dring en veroorsaak dat jou wol niks werd is nie. In so geval moet jy eerder nie met wolskape boer nie. As die plaas reg is moet jy goeie kennis opdoen van wol seleksie en gradering. Merino is jou beste wolskaap.

Wol en vleis

Die beste is Dohne merino vir die doel. Ons gaan nou verder na vleis kyk en nie na wol wat ‘n spesialiteit op sy eie is.

Vleis.

Hier kyk ons na ekstensiewe skape wat dus in die veld produseer. Voerkraal is weer ‘n spesiale veld en is intensief. Intensief boer jy dus meestal in hokke en voerkrale.

As jy in Transvaal en Natal wil boer met skaap moet jy sommer die wol vergeet. Ook ekstensief is al klaar moeilik want skape hou nie van die nat toestande en wurms kan jou boerdery tot groot verliese en bangkrotskap laat lei. Onthou dat brommers sommer in die wol eiers laat broei en dan vreet die wurms aan die lewende skaap. Aanpassing mag selfs onmoontlik wees.

Toe oom Jan van Riebeeck aan die kaap geland het was daar reeds die vetstert skaap. Soms ook bekend as die Damara maar eintlik is die Damara net die geagte beste vetstert skaap. Gehard met weerstand. Die skaap doen beter in droe dele van Suider Afrika maar kan ook in die nat dele produseer.

 

Ek sal nooit vir ‘n man aanbeveel om met enige wolskaap in nat toestande met vleie en poele te boer nie. Boer inheems want dan kry jy die volgende voordele;

1. Gehardheid. Hoe minder kos op jou plaas hoe vetter die tipe skaap. (Dit beteken nou nie geen kos maar min kos.) Hulle kan oorleef op droe gras met ‘n lek en vreet bossies en blare van bome. Ander skape sal hul lammers weggooi of selfs vrek, dan produseer die Damara nog.

2. Weerstand. Dit is teen parasiete en siektes. My skape kry geen bosluise en geen behandeling teen wurms of bosluise nie. Is ook spekvet deur die jaar. Jammer om te vertel maar ek het Landskaap en Dorper probeer en almal het letterlik uitgevrek.

3. Aanpassing. Voor jy begin met skaap moet jy bloednier spuit voor jy ‘n skaap op jou plaas aflaai. Daarna 2 keer per jaar vir minstens 3 jaar en dan jaarliks. Skape pas moeilik aan veral oor lang afstande en omgewings wat baie verskil. Koop dus eerder plaaslik en oos van jou. Die beste is skape wat op jou eie plaas groot word.

4. Siektes. Vir die meeste siektes in skaap is inentings beskikbaar. Gaan vra die mense om jou waarvoor jy moet ent. Maklik om te praat maar jy kan nie vir alles ent nie. Ent net die nodigste.

5. Minste vrektes. Daar is geen skaap wat kan oorleef waar die Damara nie kan oorleef nie. Punt stop en klaar.

6. Vinnige aanteel. As jy jou skaap goed oppas en ‘n oog het vir skaap sal hulle vinnig aanteel. Jy moet egter vinnig sien as daar fout is en hulle vinnig dokter. Wilde diere is die grootste vyand van jou aanteel en jakkalse en rooikatte is die ergste of grootste vreters van lammers. Die beste beskermer is die Damara wat troppe vorm. Hulle loop teen mekaar sodra gevaar dreig. Die skape sal ook jakkalse aanvat maar verloor dikwels die lam. Rooikat in krale kan weer amok maak. Die beste is honde snags in die kraal en ‘n skaapwagter bedags waar dit moontlik is.

7. Geen wol geen skeerdery. Geen brommer aanvalle.

8. Die lang maer bene kan met min energie kilometers loop na weiding. Maklik om te leer om saans kraal toe te kom.

9. Kan dae sonder water klaarkom.

10. Vul beeste goed aan en kompeteer selde of glad nie met weiding nie.

11. Benut bossies en blare baie effektief. Amper soos die Boerbok.

12. Vrotpooitjie mag veral in krale voorkom maar kan maklik met antibiotika gedokter word.

13. Die vleis is gesond want die meeste vet kom in die stert voor. Dit gee geurige vleis baie soos die Boerbok.

Klagte. Die enigste klagte wat ek nog ontvang het is dat die blankes verkies meer ‘n neutrale smaak. Sommiges sal dus nie van die smaak hou nie. Ons kan wel aanbeveel dat die skape eers in ‘n voerkraal moet beland sonder bossies of lusern om die geurige vleis se smaak te verminder. Nie om die skaap vet te voer nie. Die karoo bossie mag ook die smaak vererger.

Die skape is ook gewild onder die swartes en word ook vir hulle geloofsake benut.

Die vetstert is baie gewild in droe wors en die aanvraag is hoog vir die doel.

Kruisteel.

Baie goed om die ooie van die damara te benut en dan Dorper of Dormer ramme by te sit. Die ramme mag egter sukkel om by te bly en sukkel om die ooie met vetsterte te dek. Mense met meer ondervinding in die verband moet gerus vir my skryf sodat ons kan kyk na suksesvolle ramme. My mense wil egter nie kruisteel nie en met basters boer nie weens die nadele van uitheemse skape. Die kruisings moet lammers gee wat minder as 3 kg weeg sodat jy nie sukkel met lamtyd. Daarna moet die lammers vinnig groei.

Intensief of semi-intensief

Om insentief te boer met skaap kan dit in skoon kampe gedoen word met besproeing of net met aangeplante weiding. Gebruik byvoorbeeld 6 kampe en skuif die skape van kamp tot kamp. Sodra jy by die laaste kamp kom moet die eerste kamp alweer reg wees om bewei te word. Die DORMER wat bestaan uit Dorset horn as ram en die vleismerino is goed vir sulke stelsels.

.

SS Wonderlek

.. Gebruik dit deurlopend in alle toestande. Pasop vir doodgerypte gras. Soms is daar absoluut geen voeding en sal die skaap oorleef net met lek maar swaar dragtige ooie moet gevoer word. Sodra die ooi lam moet die ooi met mielies en lusern gevoer word. Die slim manne sit een-een ooi met haar lammers in hokke om maksimum sukses te bereik

Ons praat weer later oor wurms en lewerslak in ons lede program hier http://affiliatebank.net/jem  Skryf aan my by deon33@ymail.com  en lewer jou bydrae.

Gevolgtrekking

 

 

Daar is mooi geld in skaap maar jy moet hulle mooi oppas. Diefstal is erg en jy het die regte plaas en ondersteuning van jou bure nodig teen roofdiere. Anders gaan jy vir jou ‘n ander joppie soek.

 

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


saai

2011/12/16 01:23:33 PM

Dankie vir jou kommentaar dit is vir my ondersteunend om te verneem van mense in die Kaap provinsie wat dieselfde ondervind.


Onbekende besoeker

2011/12/14 03:06:07 PM

ek boer in die boland met damaras en pas beter aan as enige ander skaapras wat ek al probeer het.my reenval wissel van 1800 tot 2000 mm n jaar wat te nat is vir enige ander skaap.selfs die dorper kry maar swaer.


corrie

2013/04/26 08:39:00 AM

Het nou begin met skaap en wil weet of die meatmaster n goie skaap is om mee te boer, en is dit n goie skaap wat die vleis aanbetref;soos byvoorbeeld die(smaak) daarvan. Is die aanvraag groot en watter markte kan n mens voor gaan.Die reenval wissel van 400 tot 700mm per jaar

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Tuli's se Elite-koei

    Mnr. Hennie Eksteen van die distrik Malmesbury se Tuli-beeste benut die marginale gronde op sy plaas uitstekend.

  • Die Angus-ras se Elite-koei

    Mnr. Chris Purdon van Cathcart se Angus-beeste het hom die afgelope 30 jaar deur dik en dun gedra.

  • Elite-koei by Bonsmaras

    Mnr. Philip Dreyer van Memel is bekend onder sy tydgenote as ’n teler wat die vermoë het om diere se teelvermoë raak te sien.

  • Nguni's se Elite-koei

    Die Nguni-teler, mnr. Ben Fyfer van Vryburg, se beeste vaar besonder goed in die streek wat as SA se Texas bekend staan.