19 Oktober 2012

3075 keer gelees | 8 kommentaar

Talle boere het miljoene rande in wyle Herman Pretorius se RVAF-fonds verloor. Is jy al met so 'n slenter gevang?


Sowat 70 beleggers wat geld verloor het in wyle Herman Pretorius se RVAF-fonds het Donderdag (18 Oktober) in Bellville byeengekom om oor die pad vorentoe te besin om hul geld terug te kry.

Die vergadering is  belê deur mnr. J.J. du Plessis van Kaapstad, wie se 71-jarige vader ál sy spaargeld van sowat R6,8 miljoen by Pretorius belê het. Pretorius het op 26 Julie vanjaar ‘n vennoot doodgeskiet en hom daarna om die lewe gebring. Hy is graf toe met die sleutel tot waar sowat R2 miljard se beleggings heen is.

Talle boere het miljoene rande in dié skema verloor. Het jy ook geld in dié of soortgelyke skemas verloor? Vertel jou storie deur 'n e-pos aan die redaksie te stuur na cornelia.vdmerwe@landbou.com of lewer hier onder kommentaar.

Wat dink jy is die sleutel daartoe om veilige beleggings te maak? Wat is jou strategie?



Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Isak Taljaard

2012/10/20 01:20:12 PM

Jammer boere om te hoor van julle verlies.Ek is 17 jaar gelede ook deur ons bekende Old Mutual gevang waar ek vir 15 jaar lank maandeliks bele het en toe dit moet uitkeer trek die makelaar net sy skouers op en se hy kan nie help die belegging het nie presteer nie en alles die skuld gegee behalwe homself. Hy het heeltyd gevra en of gaan ek nie weer by Mutual bele nie? Hy was meer gelukkig gewees en elke mnd kommiesie gekry en elke jaar `n nuwe voertuig gery. Ek het al my beleggings & studie polisse ontrek en slegs my lewens polisse behou en vir hom gese nooit sal jy my,my vrou en kinders ooit weer vang nie en al die geld in eiendom begin bele. Ek sou beter gedoen het indien ek my geld in `n bank bele het! Ek moes vroeer in my lewe met eiendom begin het! Hier is `n web bladsy waar julle meer inligting kan kry ivm eiendomme nl: Use property for your retirement. http://wikivillage.co.za/use-property-your-retirement Die een brief geniet ek die meeste op die web bladsy van my nl: If you tell a lie long enough. Ek is self nou `n deeltydse boer van Delareyville & besigheids man en my pa se naambord op die plaas het gelees (ek het hom gebere)"Assuransie reisegers en portret manne verbode" Toe ek jonger was het ek dit nie mooi verstaan nie maar nou weet ek presies wat dit beteken. Ek het self geleer moet nooit jou geld vir iemand anders gee om dit te bele nie en nie eers vir die no.1 makelaar van Old Mutual nie! Eiendomme is nie so moeilik nie jy moet net geduld & tyd he.As julle meer inligting wil het ivm eiendoms belegging epos my by isak@hope.co.za Groete Isak Taljaard


Clive Botha

2012/10/22 01:50:43 PM

Ja..daar is hope van die Afrikaner mans en vrouens wat mekaar se geld neem. Pretoria is baie bekend vir die skelms wat met hulle Pc en selfone in koffiekroee probeel "deals" deurdruk. Dis hoogtyd dat daar n lys opgestel word van die mense wat so mense se geld neem. Die goue reel wat ek al 3 maak oortree het is, moet nooit jou geld wat jy hard verdien het vir enige iemand gee nie..nie eers vir Sanlam, Ou Mutual, Discovery, Liberty Life ens nie... almal is skelm. Jy het jou geld op jou wyse verdien..gaan net aan soos jy suksesvol was.. en gee vir NEIMAND jou geld nie. Hond eet hond..en die best van al hierdie mense is dat hulle, hullself Christene noem. Ek het n lys van name van mense wat skelm was en nou nog is... NIEMAND doen iets aan hulle nie.. dit neem maande ne jare om hulle te vervolg...daar is net een way vir die mense..hulle moet verywder word uit die samelewing. Dis jou eie mense wat jou geld neem..en gewoonlik word hierdie mense vreeslik siek as hulle nie meer jou kan terugbetaal nie, en gooi altyd hulle siekte voor. Moet geen...geen genade he vir mense wat jou emosioneel wil oortuig nie, hulle manipuleer jou met alles wat jy wil hoor...nooit kom een van hulle beloftes waar nie. Bere jou geld, kopp en verkoop kontant..en moet nooit jou geld vir iemand gee nie...veral nie vir n Afrikaner Christen man of vrou nie.. Groete Clive


Brakanjan

2012/10/23 02:55:03 PM

Ja Clive, eendag as ek groot is, wil ek 'n kroek wees en ek soek jou as 'n borg! Gee my solank jou bankbesonderhede... ;-D ;-D Nee, op ernstige noot, ek stem nogal saam met wat jy sê, maar soos dit nou is kan jy bv nie sommer 'n huis of 'n kar skoon kontant koop nie. Ek het meer 'n probleem met bankkoste en woeker rente.


A Rossouw

2012/10/25 01:33:47 PM

die RESERWE BANK bepaal rente koerse as daar n groot verskil is dan is die rooilig ook net so groot hoekom leer ons geldgierige gemaksigtige mense nie dat geld nooit maklik sal kom nie tensy jy die lotto wen DOBEL VOORT EN VERLOOR GROOT ???


WP

2012/10/25 03:52:53 PM

Ons word deur justisie in die steek gelaat. Ek het n saak wat al 4 jaar lank sloer. (DIV Vest) Intussen ry dieselfde persone nog hier rond met Range Rovers(Nuwe modelle) en doen nog steeds besigheid. In n geval waar die howe vertraag word deur enige van die partye, behoort betrokke persone verbied te word om besigheid te doen.


Jaco

2012/10/26 10:19:17 AM

@Clive Bota, of mense hulle Christen of Moslem noem maak nie saak nie. Doen jou huiswerk, anders gaan baie mense jou van jou geld verlos.


wakker loop

2012/11/16 08:19:40 PM

Ek was ook genader om by hulle te belê. Enige regdenkende mens wat die vorm lees wat hulle na jou mail om die beleging te doen en dan jou geld aan hulle gee moet 'n sielkundige gaan sien. jy kon aan hierdie vorm sien daar is 'n rot vrek. Het julle nie uit Marietjie van Vanderbijlpark geleer nie. Hierdie is gierigheid wat jou dit laat doen .Moet nie laat ander jou vertel hulle kan beter met jou geld doen nie. Nou het ons 2 voorbeelde Pretorius & Marietjie onthou dit.Ek wonder wanner gaan no3 tevoorskyn kom. Pasop waar geld en godsdiens saam gepraat word . Soos kersies wat brand en oop bybels of soos ene Pretorius wat eers gebid het voor hy met jou praat oor jou belegging. (Sy Diefstal) Jammer maar ek is woedend want dit kon my ook oorgekom het.


jong boer

2012/11/17 04:45:08 PM

dit was geldggierigheid wat veroorsaak het dat van die mense hulle geld verloor het. hoe kan jy 'n suksesvolle boer wees en so dom wees om jou geld so te bele? die rede is geldgierigheid.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights