20 Julie 2012

944 keer gelees | 5 kommentaar

Oplossings en aksieplanne is nodig vir die beserings wat soms op plase voorkom. Wat dink jy?


Daar is verskeie redes waarom mense op plase beseer word. Die redes verskil dikwels van plaas tot plaas soos wat boerdery van mekaar verskil. Trekkers is dikwels 'n aspek in beserings. Maar daar is ook vele ander aspekte, soos chemikalieë, gifstowwe, quad-fietse, lere of hoogtes, ensovoorts. Dalk is dit tyd dat daar gekyk word na watter insidente plaasvind, hoeveel van watter tipe jaarliks plaasvind en die redes vir ongelukke en beserings. Dan kan oplossings en aksieplanne oorweeg word?
Ingestuur deur: rupertauret@gmail.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Theuns

2012/07/22 11:07:46 AM

Waarom is daar nie ''n plaaswag netwerk met permanaente wagte op plase nie? dit werk met Chubb en sin dorpe waarom nie plase nie? dalk moet dit net fynere uitgewerk word om koste te bepaerk. Enige idess?


Dave

2012/07/24 11:22:28 AM

Daar moet werks veiligheid wees op al die take wat op plase gedoen word, dit gaan ook ons boere beskerm teen alle wettige aspekte rondom veiligheid, so die werkers sal moet basiese opleiding kry oor veiligheid en alles moet op rekord wees dat hulle wel opleiding gekry het, dit veral op die operasionele kant van al julle voertuie en instrumente wat op n plaas gebruik word, die paar rand wat jy op veiligheid gaan spandeer is die moeite werd, moenie dink dit sal ooit met jou gebeur nie, iemand se dood a.g.v. nalatigheid omdat hy nie opgelei is nie gaan jou duur te staan kom!


Jannie

2012/07/25 10:31:26 PM

Veiligheid word nie so toegepas soos wat jy dit in stede en groot maatskappy kry nie dit is 'n geval dat dit meer uitgerol moet word aan mense op die plase want die Beroepsgesondheid- en Veiligheidswet is nie bekend aan boere en plaaswerkers nie en daarom vind baie beserings plaas wat boere as die werkgewer in 'n baie benarde posisie kan plaas en wat deur die nodige kennis en ondersteuning voorkom kon word.Die wet geld vir almal maak nie saak in watter sektor jy is nie.Ek wil ook Dave se kommentaar ondersteun


Japie

2012/07/30 01:45:16 PM

Jy weet die meeste ongelukke van'n draad wat breek tot 'n trok wat voor 'n trein beland is uit en uit dom, stupid, onoselgeid, en 'n tekort aan eie inisiatief, en dissepline. 50% kan jy leer om veilig te dink, die ander 50% het dit net nie. En dit is hulle wat 'n boer baie geld kos.Om hulle te probeer leer en optelei is buite die kwessie.Hulle moet jy prune soos wat jy kleinvee prune.Dit is die goedkoopste vir 'n boer glo my,'n bietjie stres, en jou kontrakte se tye reg uitmaak, dan is jou kop deur en jy het ook sommer 'n goeie werksmag.


S.Prinsloo

2012/10/12 07:03:04 PM

Ek stem saam dat boere en werkers vir die toekoms meer sal moet let op arbeids en beroepsveiligheids wetgewing. N goeie begin is om werkers op UIF Solutions web werf te regestreer. Hier word UIF afgetrek en oor betaal en jy kry maandeliks n betaalstaat wat op rekenaar uitgedruk word. Nog n voordeel is dat jy n werkskontrak kry wat alles vir die boer en werker uiteensit en dit sliut sommer n volledige dissiplinere kode ook in. Hierdie organisasie is gekoppel met Dept. Mannekrag wat baie probleme vir boere uitkanseleer. Ek gebruik dit al vir ongeveer 6 jaar met goeie resultate.STERKTE

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights