L.P. REYNOLDS
31 Mei 2012

385 keer gelees | 1 kommentaar

Dr. Pieter Mulder, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, het in sy repliek op pres. Jacob Zuma se Staatsrede baie sterk standpunt ingeneem teenoor Zuma.


Sy argumente was op vaste, bewese feite gebou en hy het dit kragtig en met groot oortuiging oorgedra. Die reaksie van Zuma, daarenteen, was emosiebelaai en populisties van aard sonder om historiese feite, soos deur Mulder uitgewys, in ag te neem.

Dit was gerig op sy ondersteunerskorps, waarvan die meelopers en ondersteuners van Malema ook waarskynlik in sy visier is.

As ’n doodgewone landbouer (voedselvoorsiener), en een van die vele klein bydraers tot die rykdom van ons land, wil ek Mulder graag hiermee bedank vir sy manmoedige, kragdadige en sterk optrede.

Hy was die stem van rede wat in die bresse getree het, nie net vir die landboubedryf in sy geheel nie, maar ook vir die voortbestaan van ons land.

Ek sê dit, want ek sien die laaste tyd in die gebeure aan die politieke front ál meer die tekens van uitsprake en opsweping wat ons land kan breek, soos wat Zimbabwe gebreek is, maar met die potensiaal om in omvang en skaal van vernietiging veel erger te wees.

Ons weet ook dat so iets almal, ook die plunderaars en vernietigers, ongelooflik arm en ellendig sal laat.
Ek wil glo dat my gevoel van waardering ook die onuitgesproke gevoel van baie boere en gewone denkende mense in ons land verteenwoordig.

Nogmaals baie dankie.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Netti Hannes

2012/06/29 11:33:21 AM

Weet jul watse fristreerende situasie is ons in, ons luister na almal se insae insake wat gronde aanbetref, Graag wil ons weet, 2004 het Geluk Brits NoordWes se Grondeise ons getref, Staat het Waardasies gedoen, ons wou net ontslae raak van die gemors, geteken vir hul onderwaardasie vir eiendom, en tot vandag toe is almal om ons se eiendomme gekoop deur Staat, die res van gronde met grondeise koop Buurman op. Ons wil onslae raak van die nodelose gemors van SA, ons wil verder af in Suid Vrystaat/Noord Kaap op platteland gaan koop en voortgaan met ons Lusern boerdery wat absoluut ons Groot Doelwit is, die kopers stel net nie belang asg van Grondeise nie, die Staat, nou wat kan ek se. HOE HANTEER ONS DIE GEVAL, WIL WERKLIK AANGAAN MET ONS LEWE. DANKIE VIR DIE GELEENTHEID EN JUL NUUSBRIEWE

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights