Deur ALANI JANEKE
28 Augustus 2012

1188 keer gelees | 3 kommentaar

Dit is weer brandtyd en verskeie boere het al groot skade in die afgelope paar weke gely. Hoe beïnvloed veldbrande jou?


Dit is weer brandtyd en verskeie boere regoor die land het sedert die begin van die seisoen al reuse-skade gely. ’n Boer van Potchefstroom het die afgelope naweek sy woonhuis en verskeie pakkamers waarin voer geberg was, weens ’n weghol-veldbrand verloor.
 
In ander dele van die land het honderde duisende hektare se weiding, wat tans so skaars soos hoendertande is, in die slag gebly. Die situasie word in sommige dele as kritiek beskryf weens die tekort aan weiding wat die droogte tot gevolg gehad het, asook die hoë pryse van veevoer.
 
Mnr. Cor van Vuuren, voorsitter van Agri Noordwes, sê hy hou sy asem op elke keer as hy van ’n brand hoor, “want ek weet self, ek weet nie wat ek gaan maak as ek nie voer en weiding vir my diere het nie.”
 
Hoe beïnvloed veldbrande jou boerdery, en watter planne maak jy om jou eiendom en grond te probeer beskerm? Sukkel jy enigsins met brandstigting in jou omgewing?
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


LIDA ERASMUS

2012/08/28 10:49:03 PM

Ek en twee buurmanne het om en tussen ons plase voorbrande gemaak, dit het ons 5 weke geneem in Mei/Junie. Ander rondom ons het ook maar daar was sommige wat nie betyds gesorg het nie. Twee plase van my af het n buurman nou twee weke gelede, middel in die brandseisoen in sterk wind, sy veld aan die brand gesteek en my buurman se veld afgebrand, gelukkig kon ons die brand teen my brandpad stop. Ek is baie dankbaar my brandpad was genoeg, dit kon soveel anders gewees het. Ek wens net dat ons die onverantwoordelikes kon kry om te luister na goeie raad. Ai, soveel mense en dierelewens kan gespaar word as ons mense net kon leer om nie brande te stig in die wind tyd nie, en om meer verantwoordelik op te tree.


Deon

2012/08/29 08:36:49 AM

Verlede jaar het my plaas afgebrand asgv brandstigting in die omgewing. Die jaar weer het my plaas afgebrand asgv brandstigting deur die swart kinders op die buur plaas. Ek het wel voorbrande gemaak maar met n wind van 60km/u sprin die vuur soos niks oor die brandpaaie. Om die probleem te verger maak geen van die bure brandpaaie.


butch

2012/09/05 12:39:57 PM

nee eish - wet seg bure moet voorbrande maak - maar 60k/u wind is probleem

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights