14 Junie 2012

2172 keer gelees | 13 kommentaar

Die Regering is nie eerlik oor die teruggee van grond nie, sê die ANC-LP, mnr. Salam Abram. Stem jy saam?


Die staat koop baie plase en nasionaliseer reeds die land daarmee omdat dié grond sy eiendom bly en nie oorgedra word nie, sê mnr. Salam Abram, ANC-LP.

Salam sê die Regering pas sosialisme toe en meng in op terreine waarvan hy niks weet nie. Hy noem byvoorbeeld die wolbedryf en sê dit is belaglik hoe politici dié bedryf wil reguleer terwyl hulle duidelik niks van die biologiese werklikhede van die landbou verstaan nie.

"Daar is uitstekende amptenare in die staatsdiens, maar die grootste aantal amptenare in alle departemente dink eerder aan redes hoekom iets níe gedoen moet word nie as om dit te pak en die werk te doen."

"Ons moet by die punt kom waar politiek uit die landbou gehaal word en van alle boere wat iets produseer, as landbouers gepraat word." Lees hier meer oor Abram se uitsprake?

Wat dink jy van Abram se uitsprake?
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Peet

2012/06/14 04:34:05 PM

Natuurlik is hulle oneerlik! Die Regering het nie 'n saak met die impak daarvan nie, hulle soek AL die grond! Al sink dit ook die ekonomie. Dis fantasties dat een van hulle eie ('n LP nogal!) dit sal erken! Gee 'n mens darem 'n bietjie hoop.


mkruger

2012/06/15 08:38:57 AM

Is Hulle ? Ja die ANC en sy vrinne het maar "rooi" bloed in hulle en hulle sal van die hele Afrika 'n kommie kontinent wil maak as hulle kan. Maar. Het hulle nie miskien besef dat dit help nie om grond vir mense te gee wat dit dan weer heelwaarskynlik aan wit boere gaan verkoop en dan moet hulle dit weer terugkoop en so gaan dit aan en aan en aan.... Koop die grond en gee/huurpag dit aan swart boere wat wil boer. As hulle dan nie regkom nie, vat jy dit terug en gee dit vir die volgende swart boer. Soos ek verstaan gaan die hele grond situasie oor die vestiging van swart boere en nie die verryking van swart mense wat die grond wat aan hulle gegee word ten duurste verkoop nie.


Daan

2012/06/15 11:02:16 AM

Beslis oneerlik! Die Beginsel van gewillige koper en verkoper werk net as die Koper (regering) gewillig is! Hulle is nie! Hulle is ook onbevoegte kopers. Het self hard probeer om grond hervorming en bemagtiging te laat slaag. Dit is om EEN rede onsuksesvol = die regering WIL nie en die amptenare KAN nie. Stem saam met agbare LP Mnr Abram - baie sinvolle opmerking!


ina

2012/06/15 03:55:05 PM

Dit gaan meer oor rasidme en haat as oor die werklikheid, hulle wil net hê al kan hulle dit nie verwerk nie, hulle wil net hê uit gulsigheid jammer oor die kras woorde maar dis waar


Daan

2012/06/18 07:34:23 PM

Abram is reg. Meer as 80% van die grond wat aangekoop word deur die regering word weer aan wit landbouers terugverhuur. Daar is 'n gebrek aan swart landbouers met die nodige wil of kennis om die grond op te neem en suksesvol te benut. Daar is 'n groot behoefte aan die LANDLORD status soos in Zimbabwe toegepas. Die LANDLORD sal graag aan wit landbouers verhuur soos tans in die hele Afrika gebeur. Oestyd is bakhand staantyd. Voor in die ry staan die LANDLORD en direk agter hom die Amptenaar wat die "deal" beklink het.


Belinda

2012/06/19 09:32:16 AM

Is julle verbaas ? Nee ..... hulle wil alles he wat die boer het , maar is nie bereid om te werk vir dit nie . wat wil hulle met die grond maak ??? EET ..As ons die werklike syfer moet weet hoeveel grond behoort nog aan blanke boer sal ons almal verstom staan ... as daar niks meer van die land oor is nie , as daar nie meer boere is wat plant nie , het hulle nie meer kos om te eet nie , Hulle is te gewoond die boer sal maar weer voorsien soos altyd.die keer gaan die boer net vir sy familie sorg , nie vir die hele Afrika nie . hulle moet minder oor land bekommerd wees , meer vestig op bedrog in die regering , die boere ondersteun om meer te kan plant , die kos is in meerderheid vir hulle , wie verstaan dit ? nie hulle nie . GOD het hom nie geskape om te boer nie ....


Kobus

2012/06/19 11:11:43 AM

As die uitsprake van Abram, waar is,kan ons maar kyk hy word deur die Anc gefire !!!


Herman Marais

2012/06/19 02:17:50 PM

Dinge is lankal nie meer tussen swart en wit nie. Die "fat cats" van die regering misbruik die meerderheid. Swartes lewe baie swaarder as wat ons besef. Dit gaan nie help om te sit en mor oor die situasie nie. Dit pas die regering want mor kan nie 'n probleem oplos nie. Die Afrikaner is in 'n puik posissie om lewens-standaarde van hierdie swartes te verbeter, al is dit net 'n bietjie. Dan sal ons darem van hulle ondersteuning kry. Ek dink teen die tyd weet hulle die regeing doen niks vir hulle nie. Ek weet nie van 'n ander uitweg nie. Ons is tog slimmer as om te dink die regering gaan 'n uitweg gee. Hulle gee nie om vir ons nie en hulle gee nie om vir die arm swartes nie.Ons is slim genoeg om planne te maak om die meerderheid se lewe te help verbeter. Dit is 'n opoffering maar sonder dit sit hulle een van die dae op ons plase en in ons huise en ons, met ons kinders, in hulle shacks. Die Afrikaner moet iets doen en dit kan nie oorlog wees nie. Ons sal nooit so 'n oorlog wen nie. Die hele wêreld is nog teen ons oor apartheid en ons sal geen simpatie kry nie.


Kobus

2012/06/20 03:33:27 PM

@ Herman Marais, ek stem volkome met jou saam. Dit is presies wat ons boere moet doen, want dit so waar wat jy praat.


Olivier Kritzinger

2012/06/21 12:44:48 PM

Mnr.Salam is 100% in die kol! Die huidige chaos in ons Land word nou raakgesien. Die mense (swart, bruin en wit) sal nou moet opstaan teen die dikdators en praat Dr. Ramphele van die Univ. Wes-Kaap insake die afdraande pad vir Onderwys in ons Land nou ook dieselfde taal as Mnr. Salam. Regdenkende mense sal hierdie regering moet uitstem - spoedig en dringend!!, sodat mense wat wil werk en geregtigheid sal toepas ons Land en " AL " sy mense na welvaart sal lei.


AbrieW

2012/06/22 04:09:02 PM

Soos Kobus gesê het, mnr Abram se eerlikheid mog hom dalk sy loopbaan kos. Dit is egter goed om te sien wie, en hoe meer uit eie geledere begin om eerlik te wees met hulle opmerkings.


boterman fernand

2012/06/22 09:39:24 PM

ja ik heb jaren in zuid afrika gewoond ik vind spytig dat de boeren het zwaar krygen maar jullie kennis zal er nodig zyn om het land reg te houden jullie zyn pratig mensen en weet wat boeren is


yvonne marais-Horak

2012/06/23 05:01:58 PM

Dankie Boterman fernand- net jammer Europa weet nie wat u weet nie en PRAAT nie teen al die plaasmoorde nie-RSA het ongelooflike wonderlike boere WREED vermoor verloor en dit gaan nog net aan!-so die kennis gaan verlore,gedult,met elke plaasmoord-MAAR NIE DIE moed VAN DIE S/AFRIKAANSE BOERE NIE!-HULLE SAL DIT IN ENIGE LAND MET GOEIE OMSTANDIGHEDE VIR BOER KAN MAAK EN DIE LAND HELP OPBOU net soos hier-MAAR NIE TEN ONKOSTE VAN DIE DOOD VAN VROUENS EN KINDERS ONSKULDIG NIE. Miskien kan u help en dit onder die aandag van die Media in u Land bring.Dit kan nie so aangaan nie en die ANC Regering doens niks daaromtrent nie en ANCYL stook rassehaat en oorlog daagliks= resultate=Plaasmoorde!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights