Deur JAN BEZUIDENHOUT
4 September 2012

1858 keer gelees | 20 kommentaar

Die wag om te hoor of die Regering hidrobreking gaan toelaat, is verby. Wat dink jy van die Regering se besluit?


Die moratorium op hidrobreking in die Karoo is deur die Kabinet opgehef.

Dié aankondiging is op Vrydag 7 September 2012 gemaak.
 
Mnr. Jonathan Deal, voorsitter van die TKAG, sê hy is reeds oor die besluit ingelig, en dat die groep enige aansoeke vir prospekteringslisensies in dié verband in die land op elke moontlike manier sal teenstaan.

Wat dink jy van die besluit deur die Kabinet? Dink jy dit is 'n goeie of slegte besluit?
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Stads Japie

2012/09/04 03:03:35 PM

Ek dink ons moet mooi luister wat buide kante se^ en dan besluit. Ek het gehoor dat hidrobreeking in die VSA (wat al die siektes ens veroorsaak) anders is as die tipe wat Shell hier gaan doen. Blykbaar is Shell se manier veiliger en gaan ook water vir boerdery beskikbaar stel. Maar laat ons eers hoor of daar nuwe inligting oor die gevare is.


Danie

2012/09/04 11:43:48 PM

Ek dink dit gaan 'n katastrofe wees vir die Karoo op 'n omvang waaraan ons nie eers kan droom nie. Dit sal alle aspekte van die lewe daar raak, en nie noodwendig ten goede nie. En ek dink korttermyn doelwitte (van 'n uitgelese paar) gaan swaarder tel as die langtermyn impakte daarvan en die volhoubaarheid van gemeenskappe in die Karoo. Dit sal 'n baie jammerlike dag wees wanneer dit gebeur.....


butch

2012/09/05 12:44:24 PM

vir seker sal die regering dit toelaat - dit hang net af hoeveel in hul sakke sal beland - dit het mos wel met die wapentransaksie net so gewerk - iemand seg dit was nou een oggend so koud in die kaap - hy sien 'n sarsamptenaar op die sypaadjie staan met sy hande in sy eie sakke


Ernst

2012/09/05 01:35:28 PM

Wat ek verstaan is dat Shell water inbreng van die see, en dit daarna beskikbar stel vir die boere in dioe Karoo. Dit lyk my 'n pragtige oplossing vir die droogte


Agri Sentraal Karoo BF-Wes

2012/09/06 09:34:21 AM

Onlangse, opmerkings deur die betrokke minister nl., "daar is meriete in die saak" en "dis 'n gawe van God en moet gebruik word" beteken net een ding - hidrobreking gaan heelwaarskynlik toegelaat word. Grondeienaars in die beoogde areas behoort hul voor te berei hiervoor deur voorsiening te maak vir toegangskontrakte tot hul eiendom. Beaufort-Wes Distrikslandbouvereniging het reeds 'n regsgeleerde aangestel om sy lede hiermee te help.


Jan van Rooyen

2012/09/06 09:40:04 AM

'n Boortoring elke 5km met'n 8m pad na elkeen. Die Karoo sal soos 'n metropool lyk en klink of erger as jy die stof wat duisende vragmotors veroorsaak in ag neem( 1400/boorgat). Die Karoo sal nooit weer dieselfde wees nie. Niemand sal die skade wat gedoen word aan die grond en plantegroei ekonomies kan herstel nie. Die oliemaatskappye se wins vir die brekings periode sal nie genoeg wees.So besluit self of die kool die sous(die olie die skade) werd is. 'n gedeelte van SA sal letterlik woestyn word - 'n mens gemaakte een. Ek bly en boer in die Karoo en weet hoe kwesbaar sy natuur is.


Christoff Scholtz

2012/09/07 11:11:41 AM

Ek sal dit teenstaan met alles wat ek het! Ek is in die Karoo gebore en het daar grootgeword (Groot Karoo)en het al baie gelees oor hierdie metode. Soos Jonathan noem is daar ongelooflik baie navorsing wat bewys dat hierdie metode van ontginning onherroeplike skade aan die natuur, die water en die mense se gesondheid in die omgewing doen. Ons kan net eenvoudig nie toelaat dat hierdie mense se gierigheid wen nie. En die druk om werk te skep en die energie-"krisis" te beveg, maak my baie bekommerd dat hierdie mense wat veronderstel is om ons belange op die hart te dra (die sogenaamde "regering")nie die visie het om nee te se nie. Ons kan dit nie toelaat nie!!!


gwen

2012/09/07 11:15:23 AM

Dit wys net die geldgierigeid van hierdie regering maak nie saak hoe hulle Suid Afrika verwoes nie....ek voel regtig jammer vir die Karoo mense want as een toegelaat word sal hulle nie nee kan se vir al die ander olie maatskappye nie. Waar gaan dit dan eindig.


Boertjie

2012/09/07 11:26:44 AM

Dit is tragies om te dink dat so iets toegelaat kan word. Dit is dalk moontlik dat daar wel baie gas is, en dit kan finansieel baie vir die land beteken, maar ongelukkig ten koste van baie ander mense en dinge. Die skade wat dit sal meebring is legio. Eerstens die moontlikheid van waterbesoedeling. Dit sal eenvoudig noodlottig wees en baie mense, diere en plante sal verwoes word. Die bo-grondse skade sal ook honderde jare vat om te herstel, indien ooit. Die grootste vraag is egter wie al die finansieele voordeel gaan kry hieruit. Is dit die oliemaatskappye soos Shell wat dan net die geld uit die land gaan vat, of is dit die regering wat op verskeie maniere gaan betrokke wees, of is dit individue wat hul sakke lekker gaan vul. Net die tyd sal leer. Ongelukkig gaan dit dan te laat wees om dit te stop. Sterkte aan almal wat hierdeur geraak gaan word. Ek is een van die.


butch

2012/09/07 11:50:05 AM

Afhangende vab wat die navorsing toon - sal belastingbetalers en inwoners van die streek moet saamsaatn en op kollektiewe basis die voorgenome proses beveg in Hoe Hof . Die regering is die eienaar van die minerale en sal dit verkwansel op watter wyse voordelig vir homself en sy kaders ag .As presidente se name al by die wapwntransaksie betrek was - wat dink ons gaan hier gebeir - hierdie politici en amptenare het geen moraliteit nie en sal enigiets vir pot lensiesop verkoop - solank hul daarna kan aftree


Karookind

2012/09/07 07:00:40 PM

Skande! Is die Karoogrond binne die ontginningsgebied dan nie grootliks landbougrond nie? Wat van die Biodiversiteitswet? En al die ander wette wat die kultuurerfenis, argeologiese skatte en rooi data lys diere en plante moet beskerm? Dit is net internasionele druk en 'n boikotaksie van die betrokke petroleummaatskappy wat 'n effek sal teweegbring - die kabinet is nie van plan om hul voete ooit in die Karoo te sit nie.


Hans P.

2012/09/08 07:12:43 AM

Ek wil twee punte aanraak. Die eerste is dat ek nie verbaas is oor die regering se besluit nie; al die tekens was daar. Tweedens: VRAAG:Indien gas wel op my grond gevind word, wie word finansieel daardeur bevoordeel? ANTWOORD: SHELL/Falcon, die regering(of ten minste sekere van sy amptenare),ens. Wat hier belangrik is ,is dat ek,die boer wat al vir die derde geslag probeer om kop bo water te hou op my stukkie grond, nie 'n enkele sent gaan kry nie. Ek, wat die hoogste risiko moet dra(die besoedeling van my ondergrondse water) gaan nie vergoed word vir daardie risiko nie. Dit is belangrik dat die publiek besef dat as ek nie water vir my vee het nie, het ek NIKS.(Nee, Ernst, 'n skaap kan NIE seewater drink NIE !!!!) My grond word dus minder werd as die stukkie papier waarop die Titelakte gedruk is. Daar is risiko in enige besigheid,ook in boerdery, maar dit is berekende risiko waarop daar 'n rendement verkry word. In hierdie geval gaan iemand anders 'n kritieke risiko neem met my besigheid en ek het geen sê in die saak nie en ek word ook nie daarvoor vergoed nie. Ek verstaan dit nie....


D.B.Ackerman

2012/09/10 08:49:35 PM

Indien die program " Gasworld " hier vertoon sou word sal die gevare wat dit inhou duidelik wees. Dit gaan oor hidrobreking in Noord Amerika. Gas kom ooral uit. Uit woonhuise se water krane,fonteine wat uit die grondborrel en albei kan met n vuurhoutjie aan die brand gesteek word? Alles word besoedel met die gas wat vrygestel word.Boere staan op hulle stoepe en sien hoe talle boorgate binne n klipgooi van hulle woonhuise opgerig is. Amerika is al voos geboor. Alles gaan vandag oor geld en brandstof.


Spy Neethling

2012/09/11 07:31:11 PM

Al die skrywes en menings van die Karoose mense (ek is ook ene) en almal wat nie daar bly nie en nogmaals teen hierdie HELSE verwoesting van die natuur stem, DANKBAAR!!!! Ek luister keer op keer na Radio Pretoria en ander programme waarin en op LOKALE WETENSKAPLIKES en FISISI sê dat daar te min data en inligting huidiglik beskikbaar is om met die GENIALE k@kspul van die Regering voort te gaan. Skade gaan daar wees, dis gewis. Die omvang daarvan en die impak op die BOERE? 'n 100% mening? NEE!!! NIEMAND kan sê nie. Moenie rond neuk met die natuur nie!!!!!!! "IT WILL RETALIATE" "Ernst 2012/09/05 01:35:28 PM" - wa in hierdie lewe van ons kom jy vdaan en het jy groot geraak?


mkruger

2012/09/12 03:42:25 PM

Die regering het nie eintlik 'n keuse nie. Geld praat en die ongeskoolde,onopgeleide werkloses is nie bekommerd oor die toekomstige skade nie. Hulls soek net NOU kos op die tafel. Miskien moet ons die probleem eerste aanspreek en dan hoef ons, ons nie te bekommer oor die Karoo nie want 'n man met 'n vol maag dink baie nugterder as een met 'n lee.


K v Zyl

2012/09/14 08:22:08 PM

Sal die agbare kortbroek tog nie ook hier iets kan se nie ,hy is besonder stil vir n man wat tog indirek met die soort van probleem moet help ,of wag hy dat sy sak ook breek soos die aarde wat hy moet beskerm.


Alet

2012/09/21 06:48:47 PM

Ek wil net almal wat probeer om die Skalie gas projek te stop,die volgende vertel: dit gaan nie help wat julle doen nie Ons Regering en Sy korupte Departemente sal voort gaan,al is dit ook op n onwettige manier.Ek probeer al vir 4 jaar om n myn wat sonder n water gebruik lisensie myn en produk verwerk te stop sonder enige sukses.Die Myn steel op die oomblik water met groot skade aan die omgewing. Geen omgewings persone stel belang om te help nie.MYNE wen Ons!!


TINUS LANGENHOVEN

2012/09/24 04:34:32 PM

HOEKOM SO BEKOMMERD OOR DIE KAROO KYK HOE LYK MPUMALANGA FLENTERS GEGROU DEUR DIE MYNE. FRACKING GAAN NIE GESTOP WORD NIE WERK EERDER SAAM DOEN DIE DING REGTE MANIER KAN WEN,WEN SITUASIE VIR ELKEEN WEES.KYK EN LEER ANDER LANDE SE FOUTE BEGIN FRACKING REG,DIT KAN WERK.


Pieter Hugo

2012/10/02 01:47:57 PM

As ons nou al almal moed opgee en loop en vertel "fracking" gaan nie gestop word nie is ons niks anders as 'n klomp slapgatte nie en verdien dat ons Hartland opgefoeter word! Ek merk op dat werklose mense in die Karoo hoop om werk te kry in die skaliegas-bedryf. Afgesien daarvan dat hulle in is vir 'n groot "surprise" dink hulle nie daaraan dat die meeste dorpe in die Karoo bykans 100% aangewese is op boorgatwater!


Etienne Horak

2012/10/28 12:29:27 PM

Die mag en (Om)koop krag van die petroleum bedryf is weer bewys. Al wat hulle in belangstel is om ons gas uit ons grond te verkry en teen 'n groot wins (wat rehabilitasie koste verontagsaam) aan ons terug te verkoop. Soos met die suurmynwater sal die ware koste weereens deur die belastingbetaler gedra moet word. Die ou vraag van "Wat dit gaan kos en wie gaan betaal?" moet gevra word. Ongelukkig kan ons regering op niks 'n eerlikke antwoord gee nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights