Deur LOOS
31 Mei 2012

747 keer gelees | 1 kommentaar

Ek wil graag mnr. John Durr, voorsitter van die Wes-Kaapse tak van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), op ’n paar goed wys.


Volgens die berig “Publiek ‘dok te veel op’ – Pryse nie aangepas in winkels” (Die Burger, 23 Maart) maak hy weer die stelling dat die laer vleispryse wat die produsent ontvang, nie aan die verbruiker deurgegee word nie. Dit is dieselfde stelling wat hy al vantevore in Landbouweekblad gemaak het.

In dié uitgawe van Die Burger gebruik Durr ook die voorbeeld van heel en halwe lam teen R52/kg. Volgens hom maak dié verkope (R52/kg) 30% van alle verkope uit. Die realiteit is dat as sy uitgawes 20% van sy omset is, moet hy op die ander 70% van sy verkope 28,5% bruto wins maak om gelyk te speel.

Ek gebruik die syfer 20% (uitgawes) wat indien nie in alle gevalle nie, meestal naby aan reg is. Volgens die banke is slaghuise riskante besighede, baie meer as ’n boerdery.

Wat sê mnr. Ernst Janovsky, Absa se hoof van agribesigheid, in Farmer’s Weekly van 23 Maart (“Farmer negativity hurts agricultural investment – ABSA”) oor die landbou? Hy sê dit is winsgewend en boere wat iets anders sê, maak die bedryf seer.

Ook in Landbouweekblad van 23 Maart is daar ’n berig (“Stel mikpunte en meet vir sukses, sê top-beesboer”) oor mnr. Gerrit van Zyl van Dewetsdorp wie se beesboerdery “nou reeds 60% tot 70% bo die doeltreffendheidsvlakke van die gemiddelde veeboerdery in die land” is. ’n Mens kry ook vleishandelaars wat ondoeltreffend is, maar Durr skeer almal oor dieselfde kam.

Ek is ’n stadsjapie; ek moet vleis ten duurste koop en volgens Durr is dit te duur. Dit sal wonderlik wees as vleis goedkoper is. Daar is klaar verbruikersweerstand, maar Durr kyk net na die RPO se kant.

Dit is onverantwoordelik en eensydig. As rooivleisprodusente hul doeltreffendheid met net 35% verhoog, kan vleis goedkoper raak, én hulle maak meer geld, want hul vaste koste bly dieselfde. Durr maak wél melding van sekere winkels wat pryse aanpas, maar hy veralgemeen. Kyk maar na die opskrif van die berig in Die Burger.

Mik Durr dalk na ’n hoër pos in die RPO? Ek dink hy is bekwaam genoeg vir groter dinge, maar hy moenie net die RPO se belange beskerm nie, maar die hele vleisbedryf s’n. Dit lyk my hy het nou ’n stokkie gekry, maar slaan alle kante (die vleishandelaar, die slagplaas én die produsent).

LOOS (VLEISLOOS)

Dankie aan Loos vir die feit dat daar darem iemand is wat die debat oor die winkelpryse van rooivleis aan die gang wil sit.

Dit is ongelukkig so dat dagblaaie nie altyd al die inligting wat aan hulle gegee word, plaas nie. Anders sou Loos gesien het die RPO (die mondstuk van die rooivleisprodusente in die land) beskou die hele georganiseerde vleishandel – die agente vir lewende hawe, slagplase, en groot- en kleinhandelaars – as ons vennote in die rooivleis-waardeketting.

Die media besluit dikwels self wat die opskrif van ’n berig gaan wees en wat hulle met die berig wil bereik. Ons gun elkeen in die waardeketting sy bruto wins, want sonder wins kan geen besigheid voortbestaan nie.

Dit kan wees dat slaghuise meer riskant is as boerderye (as die banke so sê), maar, onthou, die banke en die winkels in die stede is nie onderhewig aan faktore, soos droogtes, probleemdiere, siektes, swak paaie en voorsiening van verskeie dienste aan werknemers, soos boere nie.

Hulle maak ook hul eie pryse (selfs die banke) en die produsent en verbruiker moet dit betaal. By die berekening van ’n vleissnit se prys in ’n winkel word daar mos voorsiening gemaak vir wins op die snit (of hoe?) en dit is reg so. As die winkel egter – soos die afgelope tyd die geval was – die karkasse teen ’n prys wat 20% laer is, by die slagplaas kry, wil ons net hê dat hulle op al die snitte soos hierbo genoem (bruto wins reeds by) dié 20%-verlaging aan die verbruiker deurgee. Gebeur dit nie, dan sê ons dat die middel- en laer-

inkomstegroepe wat net die snitte kan bekostig (70% van aankope is in snitvorm), die ander verbruikers wat wél heel karkasse kan bekostig (wat dikwels teen verlaagde pryse aangebied word), subsidieer.

Ek stem volmondig saam ons kan ons doeltreffendheid nog baie verhoog. Ons sê dit gereeld op landbouforums. In die kleinveebedryf is daar reeds sulke aksies aan die gebeur. Dit is egter steeds nie ’n waarborg dat die “goedkoper” vleis wat ons dan produseer, wél by die verbruiker gaan uitkom nie.

Dankie vir die kompliment, maar nee dankie. Ter inligting: Die rooivleisbedryf is só gestruktureer dat elke belanghebbende in die waardeketting toegang het tot die ander en daar word gereeld met mekaar geraadpleeg.

Moet nooit ophou rooivleis eet nie; dit is voedsaam én lekker!

JOHN DURR


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Kuyvenhoven

2012/06/16 08:03:50 PM

Prices cannot be "controlled" merely by controlling the flow to market of a product; it must be possible actually to control the total quantity marketed. The feedlot industry, by merely assuming ownership or direction of the commodity on its way to consuming markets, do not obtain the power to "fix prices" since they control neither consumer demand nor the total supply marketed The apparent ability of manufacturers and merchants to "fix prices" for their products, based at least partly on cost plus profit, is partly real and partly imaginary. It is one thing to set a price and quite another to sell a sufficient quantity at that price to make a profit. The manufacturer is able to control his price, not because he controls the marketing machinery, but because he controls the supply. The automobile manufacturers' control over the selling price of their cars arises primarily from their control over automobile production, not their control over marketing. Similarly, ever if the feedlot industry were able to gain control over the marketing, not of 85 per cent of the crop, but the entire output, they could not control the price for any length of time unless they could compel farmers to adjust output to the quantity which consumers would take at the set price. Nobody has been able to suggest any way of achieving such control of agricultural production. Industrial producers, in contrast, are able to effect a considerable degree of control over the output of most goods, both of individual producers and of the industry as a whole.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights