Deur GERRIT SCHAAFSMA
17 September 2012

2146 keer gelees | 14 kommentaar

Met Eskom-tariewe wat al hoe meer buitensporig raak, dink jy dit is nodig om na ander alternatiewe vir kragvoorsiening te soek?


Gas wat moontlik as gevolg van hidrobreking in die Karoo beskikbaar gaan wees, kan ’n groot rol speel om in Suid-Afrika se energiebehoeftes te voorsien. Gasturbines is meer omgewingsvriendelik as steenkoolsentrales en is ook meer energie-doeltreffend, maar word nie as ‘‘groen’’ tegnologie beskou nie.

Navorsing wat deur prof. Harald Winkler van die Energie-navorsinginstituut by die Universiteit van Kaapstad gedoen is, dui daarop dat Suid-Afrika maklik sy energiebehoeftes deur middel van herwinbare energie kan bevredig. In Amerika en Brittanje kan dit vir verbruikers selfs lonend wees om in herwinbare energie te belê.
 
In dié lande kan verbruikers wat self elektrisiteit opwek (deur middel van sonpanele en windlaaiers) dit aan elektrisiteitmaatskappye verkoop en dus hul elektrisiteitrekening aansienlik verminder. Mnr. Leon Gouws van Kestrel Windturbines in Port Elizabeth, sê daar is besprekings in regeringskringe oor dié beleid. “Ons verwag dat feed-in-tariewe teen 2015 beleid in Suid-Afrika sal wees,” sê hy.
 
Gous verduidelik dat windturbines daar ’n goeie potensiaal langs Suid-Afrika se kusgebied het asook in die Vrystaat. In Suid-Afrika is daar ook goeie potensiaal vir sonkrag. Die Regering het reeds die Noord-Kaap geoormerk vir die ontplooiing van sonpanele. Biogas-kragopwekkers, wat organiese materiaal verwerk, is onlangs in Johannesburg se dieretuin geïnstalleer en word ook deur verskeie munisipaliteite gebruik.
 
Dink julle dit is nodig dat boere onafhanklik van Eskom-krag word? Hoe dink julle kan dit winsgewend gedoen word? Stel jy belang om dit te probeer?
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Willie die Windlaaier

2012/09/17 01:49:32 PM

Ek dink die regering behoort subsidies vir 'groen' energie te gee. Die enigste manier wat die tegnologie kompeteerend met steenkool sal wees is as daar regerings hulp is. Ek gaan kyk of ek solank n klein turbine op my dak sit om my deel vir die omgewing te doen...


Sidney

2012/09/17 02:19:10 PM

Mens kan dit alreeds doen deur eenvoudig 'n netwerk gesincroniseerde inverter saam met sonpanele te gebruik. Dit laat die meter stilstaan of selfs terugdraai , maar Eskom lig wenkbroue indien dit gebeur. Alternatief het mens batterye nodig ,maar dit is juis die batterye wat na elke +/- 5 jaar vervang moet word wat die alreeds duur sonpaneel stelsel volhoubaar onbekostigbaar duurder maak as (duur) Eskom. Jy kan ook jou eie "netwerk sein" maak deur 'n klein diesel/biogas kragopwekker te gebruik wat gesincroniseer is met 'n sonpaneel inverter. Die son/brandstof hibriede stelsel verplaas direk brandstof deurdat die sonpanele die opwekker ontlaai as die sonskyn. Die kragopwekker tel weer die las op as bv. n wolk voor die son gaan. (Dit is egter skadelik vir enjin as 'n te groot kragopwekker , konstant, te lig loop). Feite is : Die stelsel bly duurder as Eskom krag en ons kan dit maar op ons maag skryf dat die regering een of ander subsidie gaan gee. Daar is te veel ander bakhande wat nie eens 'n subsidie kry om 'n liggie te laat brand nie, wat nog van boere wat waterpompe en spilpunte wil laat loop op herwinbare energie. Hou op kyk vir die regering en maak self 'n plan.


butch

2012/09/17 04:33:28 PM

die alternatief in die Wes Kaap blyk windkrag te wees. Weens koste-oorwegings sal landbouers/kosprodusente sal nie veel langer die pad met Eskom kan stap nie. voorbeeld is melkboere wat afhanklik is van elektrisiteit en van wie verwag word om melk sonder wins te produseer. hoe sal hulle dus nog hoër kragpryse bekostig. Eskom steur hom immers geensins aan landbouers se omstandighede en sal eerder voortgaan om te kyk wat hy uit die landbou kan suig - om van die regering nie eers te praat nie


saai

2012/09/18 09:30:59 AM

Die toerusting vir oorskakeling na alternatiewe is deesdae baie maklik bekombaar. Behalwe son en wind is daar ook ander alternatiewe maar mense soek na stelsels waar jy nie gaan sukkel nie. Die heffings, fooie en belasting van Eskom maak dit baie lonend om oor te skakel. Ek het reeds goeie kommentaar gekry en sal die adres gee waar mense meer inligting kan kry. In my eie huis gebruik ek reeds 15 jaar alternatiewe energie. Die 2 grootste probleme en klagtes wat ek gevind het is dat mense wat begin met die tiepe energie oordryf met hul ontwerp sonder om die tweede probleem op te los naamlik verkoeling. Om vleis koud te hou verg beter ontwerp deur die nag sonder om die kostes op te jaag. Vir 'n normale huishouding kan jy binne 8 maande jou oorskakeling afbetaal en daarna op gratis elektrisiteit lewe. Jy kry batterye wat tot 30 jaar hou vir sonstelsels. Vir meer gaan kyk onder Energie hier http://affiliatebank.net/jem


Nico

2012/09/18 09:37:12 AM

Ek wil saamstem dat daar moontlik 'n kans gaan wees om krag aan Eskom te verkoop. Alles is reeds in plek daarvoor. My grootste uitgawe is nie die verbruik nie maar al die heffings. Tussen 70% en 75% van my maandelikse rekening is heffings. Deur na sonkrag oor te skakel gaan so 'n klein verskilletjie aan my rekening maak dat dit nie die moeite werd is nie. ek het 'n keuse, 100% Eskom of 100% die alternatief. Dit sou wonderlik wees as ons krag kon verskaf wanneer die wind waai en die son skyn en dan weer by Eskom krag kry wanneer dit windstil is en in die nag. dan sal die groot probleem van batterye opgelos wees.


butch

2012/09/19 01:45:16 PM

Verder tot bogenoemde dra eskom geesdriftig, saam met die die regering by tot landbouers se toekommstige ondergaand . Beide se bestuursstyle opnbaar dit - beide is gewetenloos gulsig en grypsugtig en en vat ALLES denkbaar wat hulle in die hande kan kry en nog meer. Waar 'n CEO in australie eteise optredes oorweeg en besluit : nee wag hier gaan ek nou te ver - ek sal by majestieuse bonus inboet en afstand daarvan doen, bestaan geen sulke etiek by ons eskom en regering nie. eskom hef nog steeds lynkoste en heffings vir eskomlyne wat in 1956 reeds gebou was en 'n ewigheid reeds terug klaar betaal was. dis hierdie mentaliteit van onder andere eskom en ook andere wat rsa op die gevaarlys plaas om 'n piesangrepubliek saam met van sy bure te raak. doen so voort eskom - en kyk hoe lank landbouers nog jou tariewe sal kan bekostig. Ek neem met vrymoedigheid aan dat dit vir eskom rerig nie gaan oor waarna ek nou hier verwys nie , maar veel eerder oor die bestuur se bankrekenings wat onder andere "bonusse" insluit wat elke hardwerkende produserende landbouer in sy stywepap laat stik !


Onbekend

2012/09/20 11:58:39 AM

Die pyn met Eskom is die heffings - jy spaar soveel moontlik op die verbruik, maar 3/4 van die rekening is net heffings ?? Is daardie heffings regverdig ?? Meskien moet iemand bietjie al die heffings ondersoek - word die boere nie net "getap" nie !


butch

2012/09/22 11:08:11 AM

Inderdaad Nico en onbekend - die heffings wat sogenaamd deur Nersa ???? gemagtig word. Diensteheffing (per punt), R400.00 per maand. Netwerk/Lynkosteheffing R490.00 per maand. die lyn is in 1956 gebou en seker al tientalle male oor en oor betaal deur en my bure. Energieheffing, R10.00 per maand - Dus 'n mooi R900.00 per maand vir elke leweringspunt. Dan het jy nog nie elektrisiteit begin gebruik nie ! - Dus nou die definisie van Unfair Business Practice. En so sluk ons landbouertjies dit maar gelate - totdat ons eendag agterkom ons kan dit weens insetkoste-oorwegings nie meer bekostig nie. Nico as ek dit reg verstaan kan krag nog nie aan eskom verkoop word nie , want die die wetgewing daarvoor is nog nie in plek nie, maar ek mag my dalk hier misgis. Die feit is net dat die paar produserende landbouers in sa dit in elk geval nie veel langer sal kan bekostig nie - daarvoor is eskom se oordadige aptyt gans te groot


Hendry

2012/09/26 11:27:43 AM

Ek wil graag n Hidro Elektriese sisteem bou met n water wiel binne in n besproeiings kanaal wat konstant vloei.Sal graag wil weet watter besaghede/instansies my die nodage advies kan gee en die nodage Elektriese/Elektroniese parte kan verskaf.


saai

2012/10/19 09:00:25 AM

Hendry, Jy kan by die volgende adres meer info kry. Ons verkoop niks maar deel net kennis oor die onderwerp: http://affiliatebank.net/jem gaan dan na die produk ENERGIE. Jy kan jou waterwiel gebruik om 'n gewone ontwikkelaar (alternator)aan te dryf en batterye te laai. 'n Omsetter kan dan vir jou deurlopend krag voorsien. Enkel- of driefase. Dis maklik.


Etienne Horak

2012/10/28 11:40:48 AM

Alle bronne sal moet ingespan word om krag te verkry. Ons land het die goedkoopste steenkool in die wêreld. Krag word deur die Staat opgewek en verkoop wat lei tot die duurste krag. Sonpanele, batterye, windturbienes, Krag, brandstof & gas het almal verskuilde belasting "Heffings." As die tarief alsinsluitend is betaal ons boonop 14% BTW daarop (onwettig)? Solank die Regering die ekonomie probeer regeer, in plaas van sy werk te doen, sal die treurmare van hoë tarawie by ons bly, al gebruik ons alternatiewe bronne.


Louis de Lange

2012/11/14 03:57:37 PM

Ek het Saai se oorskakeling gelees en wil ho graag kontak en net bietjie meer uit vind oor hoe hy dit gedoen het Ek wil ook kyk na alternatiewe stelsels


saai

2012/12/05 08:47:30 AM

Louis jy kan aan my skryf by deon33@ymail.com


Henry Venter

2012/12/18 04:55:09 PM

Tans word kragverbruikers wat meer as 50kVA gebruik met 40c vergoed vir elke eenheid krag wat bespaar word. Dit beteken dat die besproeiingsboer tot R3000 per hektaar per jaar op die manier kan terugeis as hy sonenergie gedurende die dag gebruik.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights