Deur ALANI JANEKE
26 Oktober 2012

1647 keer gelees | 43 kommentaar

Pres. Jacob Zuma het ’n grondhervormingsplan onthul waarvolgens grond teen 50% van markwaarde verkoop moet word. Hoe voel jy daaroor?


Wye kritiek, maar tog ook steun, is die afgelope week uitgespreek oor die grondhervormingsplan wat pres. Jacob Zuma die afgelope week onthul het. Hy het drie stappe in die plan uitgestippel. Twee van dié stappe het verskeie boere onrustig gestem.
 
Een van die stappe lui soos volg: “Tweedens, ná die grond geïdentifiseer is, sal dit grond teen 50% van markwaarde (wat nader is aan die regverdige produksiewaarde) gekoop word. Die tekort van die eienaar sal opgemaak word deur kontant of bydraes van kommersiële boere in die distrik wat vrywilliglik deelneem.”
 
Baie kommer is al hieroor uitgespreek, met boere en landbouleiers wat wil weet waarop dié stelling gegrond word. Dr. Theo de Jager het vroeër aan Landbou.com gesê die bepaling van grond se mark- of produksiewaarde hang van die boer af, nie die grond nie.
 
Hoe voel jy oor dié plan, en dink jy dit veroorsaak meer onsekerheid oor die kwessie en in die landbou?
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Daantjie Kat

2012/10/26 02:14:58 PM

'n Paar dinge van die voorstel pla my. 1 Dit is onregverdig. Ek betaal belasting sodat die regering hierdie tipe goed kan doen. Hoekom moet ek weer betaal? 2 Grondhervorming is die regering se verantwoordilikheid en nie boere s'n wat hul grond gekoop het nie 3 'n Groot hoeveelheid grond is alreeds oorgedra, en nou wil hulle nog 20% bysit. Dit lat my dink dit gan nooit ent kry nie 4 Die 50% wat die regering se die markwaarde is verskil van distrik tot distrik. 5 Grondeienaars wat tot sterwe gekom het se grond gan vir die doel verkoop word. Wat keer mense om boere dood te maak om hul grond te kry? 6 Meeste boere sal dit nooit kan bekostig nie. Kleiner boere gan veral hierdeur benadeel word 6 Georganiseerde landbou het ook die punt gemaak, mar die regering is gladnie bevoeg om iets soos dit suksesvol te fasiliteer nie. Dis my storie


PIeter

2012/10/26 04:15:33 PM

Gelukkig het ons uitstekende landbouleiers wat hul bes doen om ons boere se saak te stel, ek wil net vir julle se ons boere staan agter julle en vertrou julle om onssaak te stel .Sterkte ,wysheid ,kalmte word julle toegebid.


JURGENS NEL

2012/10/26 07:04:12 PM

Hoekom net plase? Waarom moet net boere verantwoordelik gehou word vir die opheffing van armes? Halveer alles almal se salarisse , huise erwe aandele noem maar op. Begin by die president se salaris. Plase wat bewerk en opgebou word is 'n boer se belegging wat hy oor sy lewe opgebou het, waarom moet dit nou halveer word terwyl ander geen bydra tot hervorming lewer nie.


Saaiboer

2012/10/26 08:11:31 PM

Wat se twak gaan die arme man nog kwytraak om 'n paar stemme te wen? Sy voorstel klink na iemand onbevoeg wat graag iets wil sê maar nie iets oordentlik kan uitdink nie. Die voorstel kan hy maar indruk waar die son nie skyn nie.


Guillaume Rood

2012/10/26 08:35:24 PM

Die grond wat huidiglik besit word en uitgedeel word aan die sogenaamde agtergeblewe boere kan nie bestuur word tot produktiewe eenhede nie. Hoeveel grond moet nog uitgedeel word voordat die regering besef maar dit is nie n werkbare oplossing nie. Daar is soveel plase uitgedeel in die apartheidsjare en hoeveel van daardie plase was suksesvol bestuur. Daar is n klein groepie swartboere wat sukses behaal en vir hulle gun ek dit. As al die grond uitgedeel word waar gaan suid-afrika kos kry. Magtig dink aan die swartmense wat hongerly ten minste kan hy kos nou gaan koop en in die dorpe geld verdien.


Hennie

2012/10/26 10:44:29 PM

Dis maar net nog 'n mannier om te verseker dat grond net minder en minder werd gaan word. Wie gaan in grond belê as die regering direk na so 'n transaksie die grondwaarde kan afskaal na 50%? Dit klink ook vir my of 'n kind nie meer by sy pa kan erf nie, want as die pa tot sterwe kom koop die regering die grond vir 50%! Zuma moet sy kop laat lees.


Hennie

2012/10/26 10:46:12 PM

Dis maar net nog 'n mannier om te verseker dat grond net minder en minder werd gaan word. Wie gaan in grond belê as die regering direk na so 'n transaksie die grondwaarde kan afskaal na 50%? Dit klink ook vir my of 'n kind nie meer by sy pa kan erf nie, want as die pa tot sterwe kom koop die regering die grond vir 50%!


butch

2012/10/26 11:01:46 PM

Ek het ernstige bedenkings oor of hierdie plan gaan vlieg ! Dit is sover vanaf die wese van die grondwet soos oos en wes. Die Grondwet verwys uitdruklik daarna dat enige vorm van onteiening teen markwaarde moet geskied. As ons hier vashaak , gaan ons maar na 'n internasionale forum daarmee


Johan Serfontein

2012/10/27 07:33:23 AM

Dit is altyd dieselfde storie oor en oor,as geld begin min raak wil die regering grondgryp toepas en dit is presies wat Zuma uiteen sit,onthou hy luister nie na ons boere nie.Al wat ons moet en kan doen is om met alle mag en ons geloof teenkanting te bied.


saai

2012/10/27 08:23:00 AM

Ek sukkel om te verstaan. Miskien die kniee wat so lam word. Miskien verwar ek die plan met Malema. Hoe ook al kan daar sommer begin word met die plase wat reeds uitgedeel is en wat so misluk het. Dan kan die regering 50% betaal en die koper sommer die ander 50%. Wat ek nie kan verstaan is WIE die mense is wat die plaas gaan koop. Moet dit Malema of Pres. Zuma se persoonlike vriende wees? Die een wat die minste weet van Boerdery? Hoe bepaal jy wie kan wat verniet kry? Hoekom MOET mense grond verniet kry? Da is die probleem.


Giel van Wyk

2012/10/27 08:02:03 PM

Ek verstaan nie die Pres.nie. Hoeveel onnoselle goed wil hy nog se en dan verwag hy dat 'n mens dit moet koop. Ek wens net ek kan dit in die mense (ANC) se verstand kry dat dit die boere is wat kos voorsien en dat hulle beskerm moet word.


Willem Botha

2012/10/28 08:51:37 AM

Zimbabwe-Dis wat kom.Jy sal in die supermark loop en iets in jou hand hou wat jy wil koop maar as jy sien wat dit kos maar liewer dit neersit want dis te duur.Hipperinflasie sal pryse so laat styg dat met n pen op die prys van dit wat alledaags gebruik word net n nul agter-aan gemaak word,of n 1 vooraan,bv. iets wat R17 was word R170 of R117. Hierdie kommuniste sal steel roof en moor tot daar niks is.Al werk Meer as 90% van die oorgedraagde plase nie,sal hulle aanhou tot hulle als het.Kanker begin klein maar dit stop nie,dit maak alles om hom vrot tot JY dit stopsit.


Ian

2012/10/28 12:18:37 PM

Julle wil dinge hê wat julle nie het nie, en is nie skaam om moord te pleeg om dit te kry nie. Julle is jaloers oor wat ander het, en as julle dit nie in die hande kan kry nie, veg en baklei julle om dit by hulle te vat.


Etienne Horak

2012/10/28 01:46:59 PM

Hierdie nuutste, wan-ekonomiese, uitspraak spreek woorde van Zuma, en sy handlangers, se onbevoegdheid om te regeer. Hoe gouer die regering besef dat BEE en grondhervorming nie ten koste van menseregte kan geskied nie, hoe beter. Ons moet net bid vir 'n sterk staatsman in Zuma se plek.


Chrisjan

2012/10/29 12:17:01 AM

Die boere se grond is omskryf en verseker in die grondwet , hoekom nou kompromie aangaan


mkruger

2012/10/29 10:27:04 AM

Dit is my mening dat die georganiseerde landbou al lankal moes vasgeskop het en gese het dat ons werk nie meer saam totdat die regering begin volwasse optree en opgou om landbougrond vir sy politieke doelwitte te gebruik nie. Sou egter net soveel makliker vir die georg. landbou gewees het om so standpunt in te neem as hulle nie vir die laaste 18 jaar sit en niks doen het en vir die regering gewag het om leiding te gee nie. Dan aan die anderkant is die georg. landbou miskien self besig om aan hulle beursies te werk. Dit is hoekom hulle nou al vir 18 jaar so traag is.....jy was my hand en ek was joune...


Philip

2012/10/29 03:58:43 PM

Onaanvaarbaar !!!


Willem

2012/10/29 05:54:34 PM

Oor voedselskaarste , onteiening(of wat jy dit ookal wil noem)- My buurman het altyd gese:" Afrika se probleem is nie getalle nie , maar die intellek van die getalle ".


pieter w

2012/10/29 09:12:59 PM

Dit is weereens iets wat jy van 'n onopgevoede persoon kan verwag ,kyk net wat het in swart afrika gebeur. ALLES HET TOT NIET GEGAAN MET DIE TIPE VAN BESTUUR. Hy moet eers sy huishouding kan bestuur voordat hy probeer om 'n land te bestuur . MISKIEN MOET HY DAAI DROOM LAAT STAAN DIT KAN 'N NAGMERRIE RAAK


Gisela Weinmann

2012/10/30 12:40:02 PM

Ek dink die regering (staat) stel hulle bloot aan groot risikos. As grond geneem word vir "Grondhervorming", is dit waarvoor dit gebruik mag word.As grond vir n ander doel gebruik as grondhervorming, maar die grondhervormingsproses was gebruik om goedkoop grond in die hande te kry, gaan die ander persone wat moes bydrae tot die president se ander 50% bydrae voorstel, baie ongelukkig wees en eise instel teen die regering. Die regering moet baie versigtig wees as hulle blindelings grond teen 50% markwaarde vervreem. "Use it or loose it", moet die beginsel wees by grondvervreemding vir sg "grondhervorming" - maar hoe gekompliseerd word dit in hierdie voorstel se geval ?


2012/10/30 12:46:54 PM

pieter w , ek dink nie hy droom meer nie , want hy slaap nie meer nie, hy is in die warm water....Wat n gemors !!!


jannie

2012/10/30 02:43:09 PM

Wat van die R250 miljoen wat hy spandeer by sy huis in Nkandla? Weet jy hoeveel grond vir die swartes kan hulle koop(teen markverwante vergoeding). Ek moes markverwant betaal vir my plaas waarom moet ek om teen halfprys verkoop? Geen bank het my nog 'n rente vakansie gegun nie ' warom moet dar 'n dubbele stel reels wees?


mkruger

2012/10/30 04:01:19 PM

Mense, mense as ek die kommentare hier lees is dit vir my duidelik dat hier 'n klomp mense is wat nie begryp hierdie is 'n ernstige saak nie. Dan skaam ek my ook nog vir hulle want mens val geen mens se persoon so aan nie al is hy swart. Dit wys maar net op 'n gebrek aan opvoeding. Maklike oplossing is as hy dan net 50% wil betaal jaag ons die pryse nog op sodat 50% aan die einde van die dag 100% is. Dwing hom en sy regering op die manier om die saak ernstig op te neem.


Gisela Weinmann

2012/10/31 08:09:08 AM

Die werklike probleem is as die staat grond vir "GRONDHERVORMING" bekom op watookal wyse, en dit dan nie vir "GRONDHERVORMING" aangewend word nie. Dus sal die staat VERANTWOORDELIKHEID moet neem vir die aanwending van grond vir "GRONDHERVORMING" , en nie die "kommersieele boere in die distrik", soos hierdie voorstel aanwys nie. Die staat sal biljoene moet begroot vir regsake, want dis onomwonde dat die staat hom blootstel aan groter probleme. Daars n gesegde dat, as jy (die staat) vir jouself n graf gegrawe het, moenie dieper grawe nie, hou eerder op met grawe....


Pieter Vuilbaard

2012/10/31 01:00:39 PM

Ek dink dis baie billik. Gee die mense wat hulle toekom. Kom ons kry vrede om vadersnaam asb.


Japie

2012/10/31 04:01:21 PM

Ou Vuilbaard jou koekkepan het nou ontspoor. Wat kom hulle toe. Weet jy wat kom hulle toe? Daai hanjie vol wat bank toe gegaan het of wat geld bekom het op een of ander manier, wat op die harde manier sy grond GEKOOP het ja dit kom hom toe. Waar gaan jy vrede kry.Jy kry nie eers vrede tussen twee boere AS DIT GOED GAAN NIE. Want die een wil meer afgunstig wees as die ander.Die ding moet julle beveg met alles wat julle het,want dit gaan ook oorloop na ons toe. Sterkte Namibiese boer


Saaiboer

2012/11/01 07:16:39 AM

Japie, stem 100% met jou saam. MKruger, ek dink almal hier besef die erns van die belaglike voorstel, en moet die mense hier nie beskuldig van 'n swak opvoeding as hulle hom in sy persoon aanval nie, dit is absolute frustasie wat uitkom, en hy kan maar sing "skiet die boer" en ons moet sy persoon uitlos, nee wat, as hy soek daarvoor moet hy dit maar vat. Dink bietjie by jouself hoe laag het ons president gedaal met sy voorstelle om stemme te werf dat mense hom al in sy persoon begin aanval. Ek dink indien jy jou mede boere van 'n swak opvoeding begin beskuldig moet jy mooi dink.


Adam

2012/11/01 10:04:07 AM

Alis word duurder en ons grond moet nou half prys, miskien moet hy die vet in die regering stoele sny met 50% dan kan hulle die grond bekostig.


mkruger

2012/11/02 10:41:31 AM

Kort antwoord Saaiboer: Moet nou net nie tot op sy vlak daal nie. Veral as jy aan die wereld wil voorgee jy is beter as hy. Japie: Die ander rede hoekom mens nie vrede kry nie is hardkoppigheid. Dinge gaan verander of jy nou daarvan wil hoor of nie. So. Help dit eerder verander in 'n rigting wat vir jou aanvaarbaar is voor jy by iets moet inval waarvan jy glad nie hou nie. 18 jaar terug sou ek saam met julle die "roer" gegryp het. Ek besef egter nou as dit nou tot so stap kom dit ek en miskien julle 2 sal wees. Baie mense het baie te se maar as dit op die "push" kom wag hulle vir ander om op te tree. Enigste oplossing nou is dit: Of jy stuur jou kinders land uit om vir hulle 'n lewe te bou. Of jy help dinge verander sodat hulle en hulle nageslag hier kan aanbly. FEIT: 4 mil wittes waarvan 99% die swartes steun, kan nie dink hulle gaan 48 mil anderkleuriges aanvat en dink hulle gaan wen nie...tensy jy breinloos is....


Ansie

2012/11/02 10:42:30 AM

Het vakant grond "gekoop" Mag ek alles wat ons gebou het wat die grond se waarde laat groei het opblaas en alles inploeg dan kan hul die kaal grond kry teen 50% en kyk of dit so maklik is, hoekom eis hul net landbou grond wat het geword van die stede wat "hul' grond is


Bekommerd

2012/11/02 10:46:52 AM

Wie gaan die waarde van die grond bepaal?


Saaiboer

2012/11/02 02:01:20 PM

MKruger, jy verbaas my ongelooflik, eers klim jy in georganiseerde landbou se karakter in en maak 'n baie wilde aanname, en kry dan amper 'n kleintjie as iemand iets sleg van Zuma sê. Ek wil jou net graag mooi verstaan, ons kan georganiseerde landbou uitmakaar skeur maar ons los vir Zuma uit, is dit jou standpunt? Die eerste sin in jou laaste skrywe aan my moet jy asb. omarm en uitleef.


Johan

2012/11/02 04:49:42 PM

Ek het oor die afgelope 10 jaar verskeie plase waardeer met die oog op aankope vir sg "opkomende boere". Was onlangs in Alexanderbaai en het naar geword van ontsteltenis om te sien wat van Brandkaros en Beauvilon geword het- in totaal vernietig! So lyk dit deur die hele land. Die wyse hoe die politici ons land verwoes in die naam van grondhervorming grens aan kriminaliteit. Ek is verbaas dat die publiek en veral die landbou dit so maklik aanvaar dat grond aan onkundige groepe gegee moet word omdat dit kamakastig nodig is vir vrede in die land. Dit is eenvoudig nie waar nie en slegs enkelinge baat daarby, hulle stroop die plase, verkoop die infrastruktuur en verniet die inkomste potensiaal permanent. Hoekom dring georganiseerde landbou nie aan op 'n oudit van al hierdie transaksies en bepaal wat die verliese aan produktiewe eenhede beloop. Hou vir Tina en kie 'n slag verantwoordelik vir hul dade en dalk sal Zuma 'n ander deuntjie begin sing.


Gisela Weinmann

2012/11/03 07:32:06 AM

Die staat het nie kapasiteit om grondoordragte te laat werk nie. Dis n soortgelyke geval: 17 % van n brood se prys is die koringkoste, die res is vir die tussengangers, soos vervoer, agente, markkostes. So is dit met die huidige grondoordrag proses. Die tussengangers tussen die staat en die boer is die winsmakers wanneer grond in die hande gekry moet word. As die staat nie grondoordrag transaksies kan beheer nie, sal selfs hierdie voorstel van Zuma, net nog n mislukking op hulle goeddoenlys wees.


Gisela Weinmann

2012/11/03 08:03:50 AM

Hallo Vuilbaard. Ek verstaan jou, en die regering, asook ons president , se hunkering na vrede in ons land. Elkeen wil dit he.Maar so n "Nuwe" 50% grondprysbeleid, soos nou voorgestel, gaan nog 10 jaar neem om deur die wetlik vereiste prosesse te gaan. Burgerlike opstande, wereldwyd, is ons voorland, as die voedselprysindeks so gevaarlik bly soos dit tans is. n Onlangse studie het bevind dat daar n baie groot korrelasie is tussen die rekordhoee pryse van voedsel en burgerlike opstande in verskeie ontwikkelende lande. Die staat moet onmiddelik ingryp en die diesel en elektrisiteitspryse vir bona fide landbouers met tot 50% verlaag, om verdere opstande in ons land te voorkom, as n tussentydse maatreel, om wanorde te voorkom. My kragtarief vir ESKOM was R46544 laas maand, waar dit in die verlede gemiddeld R9000/maand was, vir 50 Hektaar se besproeiing van lusern. Die koste gaan deur na die melkboer en mense neem die produserende "boer" kwalik vir sy melkpryse , en wil dan teen die "boer" gemeen raak. (Met dreigende elemente wat boere teiken?). Wanneer sal gewone, honger, ongelukkige mense kan insien dat die pryse van Diesel en Elektrisiteit, die voedselpryse, die hoogtes injaag, en nie die "boer" nie??En dat die staat daarvoor verantwoordelik gehou moet word? n Burgerlike opstand is onafwendbaar met ESKOM se onvermoee om produktief elektrisiteit te verskaf, want die volk Lei bitter honger!!!! En ek as boer kan niks daarvoor help nie, net die regering kan ingryp... as ons hulle kan vra om asseblief die situasie te verstaan. Grondprys veranderderende beleide kan nie vrede bring nie, net insig in waar die opstande vandaan gaan kom.


Gisela Weinmann

2012/11/03 08:06:26 AM

Die staat het nie kapasiteit om grondoordragte te laat werk nie. Dis n soortgelyke geval: 17 % van n brood se prys is die koringkoste, die res is vir die tussengangers, soos vervoer, agente, markkostes. So is dit met die huidige grondoordrag proses. Die tussengangers tussen die staat en die boer is die winsmakers wanneer grond in die hande gekry moet word. As die staat nie grondoordrag transaksies kan beheer nie, sal selfs hierdie voorstel van die geagte president Zuma, net nog n mislukking op sy gewensde goeddoenlys wees.


Piet

2012/11/04 02:30:36 AM

Ansie, dit is my vraag ook! Plase of landbougrond soos in titelaktes vervat is mos iets wat die "wit man" hier aangebring het. Hoekom word dit alleen geteiken? Wat van residensiele of kommersiele eiendom?? Sekerlik kan hulle mos nou die selfde argument hier ook gebruik vir hulle hervorming? As hulle aangaan soos hulle aangaan wat is dan in beginsel verskillend tussen die grond waarop jy boer en die grond waarop jou strandhuis staan - slegs 'n imperialistiese titelakte?? Indien hulle aanhou torring wat se sekerheid bestaan daar dan vir enige eiendomsreg?? Ag nee wat, die land is in sy moer...


Olivier Kritzinger

2012/11/04 02:06:29 PM

En as ons besluit dat Nkandla teen 1% verkoop gaan word van die massiewe R250m, wat gaan jy doen mnr. Zuma? Jy leef in weelde en dit wat boere opgebou het, wil jy sê is minderwaardig, maar jy weet nou nog nie wie sorg vir die kos op tafels van almal in Suid Afrika nie. Jy behoort jou te skaam mnr.Zuma!!


C.T.Botha

2012/11/04 02:56:47 PM

Dis 'n slim manier van die ateis om ons gronde te steel. Hoeveel joiners dink julle gaan mee help om ander boere se grond te steel terwille van BEE status. Dan is broedertwis ons voorland en die kommunis sit agteroor en ontspan. Sommige landbou leiers is ook netjies in die regering se kraal en daarom word daar geskryf daar is ook steun vir die voorstel. Miskien van die ouens wat se ou Beyers Naude was 'n yster. Hy was egter volgens baie van ons 'n meeloper en ook maar 'n joiner. Word wakker en kyk na Afrika en Suid Afrika se geskiedenis.


mkruger

2012/11/04 05:45:52 PM

Haai Saaiboer. Dinge het seker maar baie verander vandat ek uit die skool uit is. Niemand het my gese dat 'n organisasie 'n persoonlikheid of karakter het nie.....so ek vra groot verskoning dat ek die ou organisasie se gevoel seer gemaak het. Aan die einde van die dag dink ek Zuma was baie slim gewees. Hy het die spreekwoordelike kat tussen die duiwe gegooi met die hoop dat daar 'n oplossing gaan uitkom wat almal gaan gelukkig maak. Kom ns gebruik die geleentheid en tree op soos mense wat verstandelik verhewe is.


A Venter

2012/11/27 09:42:47 PM

Wie ken hierdie Kama Pres persoonlik; stuur vir hom hierdie Boodskap,Probeer ons wit Boere se grong vat ons vra jou mooi kom try ons wag vir jou.Groete


d d van staden

2012/12/19 01:29:10 PM

ons moet eerstens vir die jeug leer wat se einskappe het a goeie leier;daarna sal die nodige mense besef dat jy werk vir wat jy wil he en basta met 50%stories kyk bye hulle werk vir kos en jy gaan nie sommer net die nes nader en vatnie


gerritvanzyl1959@gmail.com

2013/01/15 10:58:43 AM

Nog n dood gebore baba,dit sal nie van die grond af kom nie,soos dit is is die regering se rieme dertien .Ek sal onder geen omstandighede my grond aan hulle op daardie manier afstaan nie.Ek beplan nie om die werkloses te "join" nie ,want ek sal nie n "grant" kry nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights