Deur CORLI VAN DER MERWE
11 Junie 2012

1856 keer gelees | 5 kommentaar

Honderde boere staan glo tou om in die Kongo te gaan boer. Sal jy jou boerdery na die Kongo verskuif of uitbrei?


Dr. Theo de Jager van Agri SA sê honderde boere het Kongo Agri en die regering van Kongo Brazzaville gekontak sedert die suksesse van die groep boere wat hulle reeds in dié land gaan vestig het, bekend geraak het.

Die vrugbare grond en agting vir boere wat in dié land ervaar word, maak ’n boerdery daar ’n aantreklike opsie vir diegene wat nie meer kans sien om in Suid-Afrika te boer nie.

Dit is egter nie net maanskyn en rose in die Kongo nie – talle uitdagings staar boere daar in die gesig. Dit kan ook soms gevaarlik wees om in dié land te boer, soos me. Ada Meiring in 2009 op Landbou.com geskryf het.

Sien jy kans om in die Kongo te gaan boer? Of verkies jy Suid-Afrika? Lewer hieronder kommentaar of skryf ’n brief oor die saak aan cornelia.vdmerwe@landbou.com.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Versigtig

2012/06/11 10:51:10 AM

Die berigte oor boere wat goed vaar in die Kongo is bemoedigend maar ek dink `n mens moet ook besef jy vat 'n kans as jy daar wil gaan boer. Maar met die steun van Agri SA agter jou kan jy net dalk suksesvol wees!


Butch van Blerk

2012/06/11 12:25:49 PM

Alles hang daarvan af of 'n regering van daardie land die beginsel van die "Rule of Law" handhaaf en 'n land se grondwet eerbiedig - indien nie, sal ek nie so 'n kans waag nie. "n Regering wat sy eie regstelsel aanval, bedreig die regte van almal in daardie land.


Renier Botha

2012/06/11 06:06:06 PM

Ek voel dat dit defnitief n risiko sal wees om in die Kongo te boer teenoor die risiko om jou plaas of jou lewe in SA te verloor, weeg mekaar uit.


Michiel Odendaal

2012/06/12 10:48:19 AM

Ek kan myself aan twee insidente herinner oor die Kongo (DRK). Die VN is al daar van 1956 af om vrede te bewaar en nog steeds is daar nie vrede in daardie land. Ek gee toe ons in Suid Afrika is ook in n oorlogsone met tussen 17000 en 23000 moorde per jaar wat n gemiddeld van een moord elke 40 minute is. Die Kongo het in die jare 60 al wat n Belg,Fransman en blanke die land uitgedryf. Dit is nou die wat nei vermoor was of soos die nonne eers wreed verkrag was en toe afgruwelik vermoor is. Mike Hoare en Jack Schramme en n klomp huursoldate het dit weer leefbaar gemaak.In die jare 80 was daar ook n komp Suid Afrikaners wat in Zaire (DRK) gaan boer het en wat weer later terug gekeer het met net mooi niks Alles verloor.Die jare 2000 was daar weer opstande en onrus en dit is maar nog aan die gang. Konklusie is die land is so elke 20 jaar in n staat van onrus en oorlog/gevegte met rebelle faksies en bure. Vraag is moet n mens dit waag,Ek se nee want die geskiedenis herhaal hom gedurig daar.


Eben van Tonder

2012/06/13 05:00:22 PM

Wie nie waag nie sal nie wen nie.Ja ek sal dit waag .

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights