6 Junie 2012

1694 keer gelees | 15 kommentaar

Die tonge klap oor OBP se entstof vir siektes soos Afrika-perdesiekte, slenkdalkoors asook brucellose. Wat is jou opinie?


Boere verloor duisende diere en wys die vinger na verdagte entstof. Ander lê weer die ondoeltreffende behandeling van slenkdalkoors voor boere se deur.

Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, hou egter vol daar is niks fout met OBP se entstowwe nie.

Wat dink jy? Het jy diere verloor nadat jy teen onder meer slenkdalkoors ingeënt het? Lewer hieronder kommentaar of skryf ’n brief oor die saak aan cornelia.vdmerwe@landbou.com.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Wikus

2012/06/06 04:24:01 PM

Natuurlik is daar fout, die diere vrek dan op strepe! Tina probeer nou weer net 'n gemors wegsteek.


Raadop boer

2012/06/06 04:25:29 PM

Ja nee, daar is beslis fout. Dis tog ook nie net met een entstof wat dinge lol nie. Hier noem julle dan drie voorbeelde!


butch

2012/06/06 09:42:12 PM

Me Tina is so confused soos 'n kat in 'n tumbledryer


gert

2012/06/07 10:01:00 AM

ek wil nie se dat obp reg is nie , maar gaan kyk maar hoe word daar op party plase gewerk met diere , die entstof word aan die voorman gegee om te spuit . die boer kom vannaand by die huis met sy cruiser en vra of alle diere gespuit is , dit is die naaste wat hy kom aan sy diere , as die diere begin vrek dan wil hy almal blameer vir die swak werking van die entstof , ja ek praat uit ondervinding, toe my skape begin weerstandig raak teen doseermidels, toe is ek vinnig daar om te kyk hoekom verloor my skape gewig, ten spyte van n volledige rantsoen wat hulle gevoer is , die afgelope jaar is my vrektes nie n tiende van wat dit voorheen was nie , Graag net die volgende storie deel wat ek in glo . Toe die melkpryse ongeveer 10 jaar terug kwaai geval het , het my pa vertel van n boer wat se dat sy melkery ook daagliks minder melk produseer en hy nie weet wat aangaan nie , die oom het toe n voorstel van n groot boer ontvang wat die volgende behels , die boer moet met elke koei wat gemelk word by staan en n vuurhoutjie boksie by sy oor skud , die boer het gelag maar na 3 weke het hy niks gehad om te verloor nie en dit begin doen . na 2 dae het die koeie meer melk gegee as ooit . wat het toe die verskil gemaak ,,,,,,,,nie die feit dat die vuurhoutjies werk nie , maar die feit dat die boer elke dag by sy kudde is en sien wat fout gaan ,,, en dit onmiddelik regstel . ja daar kan fout met entstowwe wees , maar kom ons maak eers seker dit is nie ook ons fout nie , lekker boer


juliet

2012/06/07 01:43:59 PM

Het gasgangreen van obp 6 keer geent zero results net 5 koeie later ,seg hul daaai stam nie in hul entstof.


JP

2012/06/07 02:01:02 PM

As 'n kleinboer met gemengde veeboerdery het ek in die 5 jr as boer vertroue in sekere entstof verloor. Ek het nie iemand wat my entstof hanteer anders as ek nie, dus weet ek 100% dat die koue ketting nie verbreek is nie, die diere op die regte tyd gespuit word en dat die dosise korrek is. Tog met sekere perde entstof het ek diere wat tot die dood toe siek word, by my skape spuit ek ook net selektief enstof. My ondervinding is dat sommige enstof werk glad nie, of dit maak die diere siek.


willie

2012/06/07 02:56:53 PM

Ek hanteer al my entstowwe self op die regte voorgeskrewe manier. Kry geen resultate met OBP se entstof nie. Het my tien jaar oue Arabier hings laas jaar aan perdesiekte verloor en ook ander perde(het hulle met OBP se entstof gespuit). Het ook in 2010 skaap verloor aan bloednier en bees aan lamsiek. Dit was nooit voorheen so nie, daarom koop ek glad nie meer OBP se produkte soos lamsiek, miltsiekte, bloednier. ens. Laas jaar het ek ander maatskappye se produkte vir my skaap en bees gebruik en dit het baie beter gegaan. Die minister moet maar gaan ondersoek, my vermoede is ook dat daar groot fout is.


Butch van Blerk

2012/06/08 08:06:35 AM

Gert - ek stem saam dat die toedings noukeurige werk vereis en ouens het my ook al aangevat as ek verwys na werknemers wat dit toedien. Vandat 'n Saudiër vir my gesê het: DELEGATION IS THE ART OF SECOND BEST" doen ek ook maar die belangrikste goed self. Ek brand net die 'n bees nie, want dis dieremishandeling in my oë en my hart is te sag daarvoor. Willie interessante punte wat jy hierbo maak, solank mens net weet al die produkte is van ander maatskappye beskikbaar. As ek my Arabierhings (so 'n trotse dier) so moes verloor ,sou Boetman ook die blixem in gewees het. By Mense gaaan dit darem ook dikwels net so - medisyne word verkoop en dan volg die redes hoekom dit nie werk nie.


Hansie

2012/06/08 11:56:18 AM

Gedurende 2010 het ek 20% ooie verloor omdat ek nie geent het teen slenkdalkoors nie.Ek het gedurende September daardie jaar met OBP se entstof geent en toe in 2011 nog 5% ooivrektes en wieweet hoeveel aborsies gehad en gevolglik net 50% lammers aangekry.Sal nooit weer OBP se produkte vertrou nie!!


Kathy

2012/06/08 07:15:44 PM

What is it going to take for OBP and DAFF to wake up to the reality of the AHS disasters we face every summer without fail? More than 1000 cases,the worst in 10 years and spreading to new areas all of SA? OBP your AHS vaccine is ancient and clearly does not offer adequate protection - yet you have done nothing about it for decades! Do you remember being interviewed by Carte Blanche about this in 2007? Where do you get your information from - there is NO up to date, accurate DATA on all confirmed cases of African Horse Sickness since 2005 - when hundreds of horses died in the tragic KZN Outbreak and all recorded on a Documentary by Michelle Wing - do you remember that interview? It may be that the vaccine offers 'reasonable immunity' if all correct procedures are followed but there is absolutely NO doubt that far too many vaccinated horses have died every year since then and the percentage is increasing. Nobody is keeping a proper track of Case Reports and DATA so they are unable to tell us just how many vaccinated horses have died and ALL complaints have been ignored. Public Statements being made on behalf of OBP to "refute" all these complaints and claims by horse owners and farmers are based on a load of unsubstantiated, uniformed, uneducated 'hogwash' and indicates clearly a complete lack of knowledge as to what is really going on out in the field. How dare they blame the owners - to the majority of us our horses mean the world to us apart from their 'Economic Value' and we will do everything we can to make sure the vaccine is given correctly, cold chain not broken, correct time of the year (September/October)... oh and then the "extra protection measures and good husbandary" story has been drummed into our ears for decades now. What about the fact that it takes at least THREE sets of the AHS vaccine before a horse has anywhere near adequate immunity - young stock tragically lost every year? What about the 'live-virus' risk and suspicions of the vaccine itself 'causing AHS'in some cases? What research has been done on the risk of continuing to vaccinate older horses? Note there has been not a word about the fact that for the last few years, every year without fail, OBP suddenly "have no stock" just at the time we need to vaccinate and I have on record how serious this was last year, with hundreds of horse owners waiting months up until as late as November/December last year. In the Southern Cape there was not a single outlet or vet with stock for around 2 months. Finally when stock is supplied (also being too late to vaccinate)we are in for another rude shock when we discover the packaging has changed to a cheap (almost paper)box without the usual plastic blister wrap, NO syringes (needs to be very specific short needle to ensure correct injecting) and we are now 'forced' (no option) to buy TWO SETS even if we only own one horse?? Worse still there was NO Instruction Leaflets included last year - and of course NO discount for items omitted? HOW much worse is it going to get. PLEASE investigate OBP on how many batches they have 'rejected' or 're-called' over the last 10 years as I heard this happened again last year, but will we ever be told the truth? EXACTLY Anette Steyn "what are they trying to hide"? My last comment is that the 'vaccine problems' are only the tip of the iceberg with regard to AHS because the whole DAFF system of 'Notification and Control' is in a total mess - reporting and testing systems are in great need of investigation as well because as far as I know OVI-ARC are the 'Official Reference Centre' for the OIE yet they do not even do all the testing of samples (ERC do a lot too)and ONLY those which have the "Serotype (Strain) isolated" get reported to DAFF - yet they hardly ever do 'virus isolation' anymore - so if you take the trouble (after your horse died) to send blood or tissue samples to OVI-ARC and it tests 'positive for AHS' the owner or vet will have to specifically ask for "further testing" if they want their case to be added to the "official Data Base" - how insane is that? Also reports have come in of samples getting "lost or damaged or supplied in the wrong vials"! This may be very convenient however for those 'in power' who continually want to 'down-play' the severity of the situation in SA so they can keep the Export Gates open and change the Export Laws with OIE? Have DAFF done anything about the ever-increasing risk of uncontrolled Zebra movement to all corners of the country (estimate 3000 per year)when they are the "main cycling host" for AHS? So the OIE also need to open their eyes FAR wider than they ever seem to have before! To end off I put out a strong warning to all horse owners of the world - watch out and make your voices heard on this too - AHS is spread by the Culicoides midge (which is present in most countries of the world)as vector and the recent outbreaks of BlueTongue virus and Schmullenburg virus which spread like wildfire across Europe should be a HUGE red warning light for you - of what can happen with AHS if it gets there and this is clearly possible! Please keep up to date on (www.ahsequilink.co.za) the new AHS equi-link website for horse owners.


Hansie Claasen

2012/06/09 09:34:16 PM

As Tina sê daar in nie fout nie beteken dit daar is 'n moerse fout. Ek gebruik dit al vir 2jaar nie en sal niemand aanbeveel om dit te gebruik nie


Mike

2012/06/17 07:22:48 PM

There is no smoke without fire. This vaccines should be retested to prove if they are stil working.


Anel Pelser

2012/06/22 09:45:26 AM

I have been a "responsible" horse owner for many, many years now - vacc all my horses annually and young foals twice yearly. In the beginning I suffered no losses but since 2005 my losses has been significant. In 2011 I lost 7 horses. They expect us to buy the vacc from them, pay the vets expensively to come and administer (else we can not compete), pay the vets again to come and treat the ill animals they vacc, ............ and then we loose the horses 99% of the time. The vets they taught !!!! I think Onderstepoort/State vets should vacc for free, and treat for free until they can get AHS under control. I also feel that horses breeders and owners should be compensated for our financial losses just like other professional farmers are compensated for large outbreaks !!!!


Pierre van Niekerk

2012/07/10 08:47:50 AM

Ons weet, en u kan self met die kundiges wat oor is by Onderstepoort, dat hierdie eens trotse plek nie goed bestuur word nie. Dit is iets wat ons almal wat diere het in opstand moet bring, want dit gaan beteken dat produsente van ingevoerde produk afhanklik gaan wees. Of dit die patogene veldstamme behoorlik kan onderdruk, is 'n ernstige vraag en dit laat mens met baie twyfel. Dit laat ons ook met baie vrae oor hoe proaktief Onderstepoort as belangrike bate vir voedselsekerheid- en veiligheid bestuur word? Mens lees ook nêrens dat wie ook al daar nou in beheer is, wat se visie die persoon het oor die belangrikheid van navorsing en wat is die Klimaatsverandering se rol is tot die toevoeging van nuwe dieresiektes. Mens hoor en sien hoe gesukkel dit is om geld tot hierdie navorsing te kry, wat ongrondwetlik is! Dis werklik krimineel. Mens eis oor die aanstellings wat in kritieke Departemente gemaak is. Daar is persone wat 30 jaar ondervinding het en dan word aanstellings gemaak op gelykwaardige vlak wat 2 jaar blootstelling het, ek weet nie heeltemal of dit eens ervaring is nie. Veeartse. Hierdie veldsituasie laat kundige persone soos veeartse in ʼn baie netelige posisie. Dit was Prof Yvan Horak (en vele ander het dit ook seker al gesê) dat die Biologie altyd verander, nie dieselfde bly nie. Die beste van opleiding en kundigheid moet met Klimaatsverandering en die inbring van nuwe dieresiektes Onderstepoort se navorsingskundigheid as ruggraat hê. Dit is in baie opsigte afwesig en veeartse moet hierdie blaam dra. Hulle sal gewoon nie dit kan weet nie en hulle kan nie die skuld hiervoor dra nie. Dit is nie reg nie. Produsente Daar is duidelike riglyne van die Staat vir die vereistes van vee en wildvervoer. Wild en vee word deur produsente en verkopers na willekeur vervoer en siek diere word op veilings gesit, sonder dat dit bekend gemaak word. Hoeveel verse jaarliks word byvoorbeeld nie teen brusellose alleen nie geënt nie? Hoeveel diere wat subkliniese besmet is met ʼn verskeidenheid dieresiektes word sonder serologiese bewyse aangekoop en landwyd vervoer, wat verwoesting saai. Daar is nie so iets soos ’n geslote kudde nie en huisvlieë wat op geaborteerde fetusse sit en minute later op onbesmette diere se oog of slumvliese kan die sieke suksesvol oordra. Dan is die 60%-70% sukses wat entstof bring baie beter as ʼn geheel naïewe kudde. Veilings Op hierdie veilings word hierdie gewoon verkoop sonder dat serologiese bewyse in die verband gelewer word? Wie se skuld is dit dat ʼn produsent ʼn siek dier of naïewe dier inbring? Op hoeveel veilings word bv. wild as hartwaterbestande diere verkoop? Daar is nie iets soos permanente weerstandigheid teen enige hartwater nie en daar is ook nie so iets soos kruisweerstandigheid tussen die verskillende hartwaterstamme en of rooiwater (Babesia bigemina en babesia bovis) nie. In die geval van hartwater beteken dit net dat as die dier vanuit een gebied kom en verdraagsaam is teenoor ʼn hartwaterstam van die gebied, hy beslis nie weerstandigheid sal hê teenoor n ander stam vanuit ʼn ander gebied nie. Hy sal vrek as hy dit nie geneties kan oorkom nie. Tog word dit op veilings as feitlik verkoop en produsente glo hier verkeerde informasie! Sou die dier die nuwe uitdaging in die nuwe gebied geneties oorkom en daarby ook subklinies besmet is en ʼn latente draer is, en hy word blootgestel aan ʼn nuwe hartwaterstam, is dit moontlik dat ʼn nuwe hartwaterstam vermeng waarteen geen van die ou diere of die buurman se diere weerstand het nie. Blaam dra Die verlies kan nie voor die deur van Onderstepoort, veeartse, geregistreerde entstofvervaardigers of dieregesondheidsmaatskappye se deur gelê word nie. Mens kan ook oor rooiwater hieroor uitbrei, bosluisweerstandigheid teen dipstowwe, die enorme weerstandigheid en verkeerde bestuur van interne parasiete en hierdie gevare moet voor die deur van produsente gelê word, boereverenigings wat nie poog om hul gebied se bioveiligheid en biosekuriteit te beskerm nie. Skelm vervoer van diere, wild smokkelaars. Gratis inligting wat op hoorsê plaasvind want dit het nie nodig om met koste bewyse te lewer van waarom besluite anders geneem moet word nie. Ons moet ophou vingers wys na mekaar! Ons het nie meer tyd daarvoor oor nie. Ons het net tyd om hande te vat en hierdie bedryf vorentoe te vat! Die hele bedryf is vatbaar vir hierdie griep en hoeveel tyd is oor? Uit hierdie chaos maak iemand geld! En dit is nie die boer nie. Inteendeel, hoe groter die produsent se risiko, hoe beter vir vele rolspelers in die bedryf!


Magdelize

2012/09/13 01:47:34 PM

Ek spuit nooit my perde teen perdesiek in nie en het in 2011 my eerste perdesiek-geval gehad, omdat ek nie my normale voorsorgmaatreëls getref het nie. Ek (en vele ander) gebruik wel Stockholmteer om die muggies weg te hou van die perde af. Die teer word op 'n stringetjie maanhare agter die perd se ore gesmeer, want dit irriteer die perd se vel as jy dit direk op die lyfhare aanwend. Daar is geen wetenskaplike bewyse dat hierdie boereraat werk nie, maar ek glo beslis daaraan. 45 kilometer van ons plaas af is daar 'n nie-standhoudende rivier wat in die 2011-reënseisoen poele water oorgehou het nadat die rivier afgekom het. Verskeie boere wie se perde langs die rivier loop, het van teer gebruik gemaak om perdesiek te voorkom en hulle het geen sterftes aangemeld nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights