Deur CORLI VAN DER MERWE
12 Julie 2012

5555 keer gelees | 24 kommentaar

"Opsitkers" is al lank ’n gewilde deel van Landbouweekblad. Het jy die diens al gebruik of ken jy dalk iemand wat het?


Oral is mense wat op soek is na ’n lewensmaat. Veral boere en ander mense op die platteland kry baie keer nie die geleentheid om daardie iemand spesiaals te ontmoet nie.

Landbouweekblad het al dekades lank die diens "Opsitkers", waar ons mense help om dalk ’n lewensmaat te ontmoet. Deur die jare heen het báie mense al iemand deur "Opsitkers" ontmoet en is hulle nou gelukkig getroud, sommiges met kinders en kleinkinders.

Het jy "Opsitkers" al gebruik en het dit vir jou gewerk? Ons wil graag lesers se stories hoor! Lewer hier onder kommentaar of stuur ’n brief na cornelia.vdmerwe@landbou.com.

Maak nie saak of jy sukses gehad, ’n bloutjie geloop het of net ’n interessante storie het om te vertel nie – deel dit met ons en ons lesers.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


petro willemse

2012/07/12 01:44:25 PM

So 26 jaar terug my wonderlike man deur opsitkers ontmoet .Was nou die 2 Julie 25 jaar baie gelukkig getroud met 2 pragtige seuns 23j en 19 jaar.Dankie opsitkers


nico

2012/07/12 02:08:47 PM

so mei 1970 het 2 leerling verpleegsters "Lientjie en Mientjie" kuierplek op n plaas gesoek. Ons is nou amper 40 jaar getroud met 6 kinders met hul ander helftes en 11 kleinkinders. As almal op die plaas is eet hulle 'n skaap in 'n japtrap op.


Wilmien

2012/07/13 11:30:06 AM

Ek het dit nog nooit probeer nie maar ek ken mense wat het, en baie van hulle is nou getroud en baie gelukkig. Dankie Landbouweekblad!


Tanya

2012/07/17 03:50:44 PM

Het dit nog nie probeer nie maar het gelees van so baie positiewe komentaar


Jan

2012/07/19 07:04:49 PM

Dit is HEELTEMAL te veel moeite om seels te gaan koop, koeverte te koop, 'n brief te skryf, foto te laat ontwikkel of uitdruk, en dan 'n brief te gaan pos...en dit alles vir iemand wat jy nie eers seker is gaan terugskryf nie? Hoekom maak julle nie 'n e-pos-opsie wat saam met dit loop nie? Mens kan antwoord op 'n sekere persoon se briefie, en dit na 'n gemeenskaplike eposadres toe stuur, vanwaar Landbou Weekblad dit dan na die betrokke "kandidate" toe kan stuur. Ek is doodseker "die opsitkers" gan BAIE meer aftrek kry. Dink gerus daaroor.


Patricia

2012/07/20 10:40:05 AM

ek stem saam met Jan. Dit klink na 'n baie goeie opsie.


Ansie

2012/07/23 12:45:27 PM

Briljante gedagte van Jan. Die tegnologie is beskikbaar hoekom dit nie gebruik nie. Ons hou dop om te sien of dit sal gebeur.


Carina Victor

2012/08/12 05:16:14 PM

Ek het in 1988 my man in die opsitkers ontmoet en hy is verlede jaar oorlede. Ons was baie gelukkig getroud.


boeta

2012/08/27 08:13:32 PM

Jan! Dit is wat Die Opsitkers anders maak. Dit is 'n ou tradisie. En dit is die probleem van vandag se mense: hulle is te lui om 'n bietjie moeite te doen.


Jaco

2012/09/02 05:53:15 PM

Fantastiese idee van Jan.Het my besonderhede ook nou geplaas,en sal sien of die geluk so bietjie na my kant ook kan draai!


Denise

2012/09/18 10:54:08 AM

Ek stem saam met Jan- laat ons asb ook 'n e-pos opsie kry!


janbez

2012/09/18 11:03:42 AM

Goeie nuus! Ons werk aan 'n digitale opsie vir Opsitkers, en hoop dit sal net soveel vreugde bring as die rubriek in die tydskrif. En dat dit ook vir vandag se aanlyn-gebruikers van nut sal wees. Hou die webwerf dop, dit is nie meer lank nie. Jan Bez, landbou.com


erna

2012/10/23 12:05:36 PM

Ek is al so lank alleen en het elke keer as ek op die website ingaan dan lees ek net positiewe nuus so toe dink ek hoekom probeer ek ook nie dalk ontmoet ek die boer wat ek al so laaaaaank na soek.


Dottie

2012/11/02 11:56:36 PM

Ek is 'n weduwee wat graag met boere van 55 tot 60 jaar wil gesels. Hoe moet ek maak om op die webtuiste "opsitkers" te kom?


Dottie Hanekom

2012/11/02 11:58:38 PM

Hoe moet ek maak om met boere van 55 tot 60 te gesels by die opsitkers?


corlivdm

2012/11/05 10:47:22 AM

Dottie, ons nuwe digitale Opsitkers sal binnekort beskikbaar wees maar tot tyd en wyl kan jy die ou staatmaker in die tydskrif gebruik. Kry 'n uitgawe van Landbouweekblad in die hande, al die instruksies eb 'n inskryfvorm is op die laaste twee bladsye beskikbaar. Groete, Corli


Sproetgesiggie

2012/11/13 09:46:13 PM

Baie dankie Corli, sal jy ons asb op hoogte hou. Ek sal ook graag wil inskryf. Dit sal net soveel makliker wees,alhoewel die traditionele opsitkers baie gewild is. Manne, laat hoor asb van julle!!


arthur

2013/01/06 05:19:14 PM

sal daar van hou om i elkelopende of geskeide meisie te ontmoet moet van kinders hou


Joey

2013/01/25 09:28:18 PM

Ek is n geskeide vrou met 2 kinders.ek is moeg om alleen te wees.soek iemand wat my aanvaar vir wie en wat ek is.my ideale maat moet lief wees vi kinders.tussen 25 en 30 is welkom.en soek ouens wat in limpopo bly.eks lief vir diere en om tyd saam my familie te spandeer


candice

2013/03/01 12:40:42 PM

ek is 29 jaar oud,brein oe en lang swart hare, is 5 yaar reeds geskei. het die pragtigste seun wat ma voor kon vra. bly tans by my ma. kom uit huwelik van mishandeling. soek iemand wat nie rook of drink nie. soek liefde, en respek..moeg vir kans vatters


sylvia meyer

2013/03/14 11:25:24 PM

dankie vir n afrikaanse boere manier om vriende te maak


Kaalvoetkind

2013/03/18 10:13:49 PM

ai, ek soek ook na die perfekte vriend, wat lief is vir toer en kamp en wat lekker kan lag, hoe sal ek sê, 'n beste maatjie wat saam my sal rondry, lag, gesêls en net homself sal wees, ek gaan beslis inskryf, al is ek 56 voel ek soos 40 Dankie vd geleentheid dat ons mekaar dalk hier sal ontmoet... by OPSITKERS


Beesboer

2013/03/21 07:34:09 AM

Het dit al probeer en het ni iemand gekry ni,so nou is ek terug op wee te probeer en hoopelik is ek gelukkig di keer om iemand te ontmoet.


Louise

2013/03/27 02:01:19 PM

Goeie dag almal. Ek hoop om weer hier liefde te kry !

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights