5 Julie 2012

4098 keer gelees | 66 kommentaar

Plaasaanvalle is nié rasgedrewe nie, hoewel baie wit kommersiële boere aangeval word, sê pres. Jacob Zuma. Wat dink jy?


Plaasaanvalle en die rassefaktor is ’n tema wat al hewige debatte binne die georganiseerde landbou veroorsaak het.

Pres. Jacob Zuma meen egter dat hoewel baie plaasaanvalle op wit kommersiële boere se plase plaasvind, dit nie ’n rasgedrewe misdaad is nie. Hy meen die aanvalle moet binne die konteks van die hoë vlakke van misdaad in die land gesien word.

In ’n onderhoud met Beeld het Zuma gesê dat baie moorde ook in informele nedersettings gepleeg word, maar daaroor word nie altyd berig nie. Die Regering verwerp plaasaanvalle en sal aandag gee aan boere se besware dat die omvattende landelike beveiligingsplan nie op grondvlak tot uitvoer kom nie. Lees meer hier.

Wat dink jy van dié standpunt? Voel jy plaasaanvalle moet in die konteks van misdaad in Suid-Afrika gesien word? Of is dit net 'n verskoning? Of voel jy die waarheid lê iewers in die middel, dat plaasaanvalle soms net gewone misdaad is maar ander voorvalle werklik rasgedrewe is?

Lewer hieronder kommentaar of skryf ’n brief oor die saak aan cornelia.vdmerwe@landbou.com.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Anomiem

2012/07/05 12:29:24 PM

Dis net opmerklik dat baie van die plaasmoorde erg geweldadig is. Die boere en hul families word nie net, soos met ander moorde, doodgemaak nie, maar word dikwels erg gemartel en vermink. Plaasmoorde verskil beslis van die "gewone" moorde en kan dus nie geklasifiseer word as maar net nog 'n moord in SA nie. Daar is beslis 'n verskuilde agenda agter plaasmoorde...


cais

2012/07/05 01:45:36 PM

Vat nou die boer in Zimbabwe,as hy die waarheid praat,hy kan weer boer op sy plaas want hy is nie n politikus nie.Nou wat se dit vir my die boere wat daar dood gemaak word is politieke sake want hul wil nie van hul plase af nie


A Rossouw

2012/07/05 02:44:23 PM

Wel ek sien dit so, Zim het die voorbeeld gestel ons land se swak howe en weteloosheid en geen respek vir wet gewing nie, Maak dit maklik om sagte teikens aan te val en die krimenele weet as jy terug baklei dan is die verdediger die verkeerde een veral as jy nog wit is ook daarby. Jy mag mos eers, as jy oordie kop geslaan is met n piksteel jou self verdedig, anders is jy die skuldige een. En wie het die tyd om maand na maand in n hof te sit om na ete tehoor dit is weer iutgestel vir 2 maande.en dan kom die kriminele inelkgeval na 6 maande terug op straat. SO CRIME PAYS IN SOUTH AFRICA?????


A Rossouw

2012/07/05 02:51:39 PM

Wat natuurlik ook moontlik is 1] verskiulde agenda 2] om frees te saai 3] dit is inelkgeval goedkoper om kos in tevoer so ons het nie komersieele boere nodig nie met swak opvoeding [skole] kweek ons n broei plek vir geweld en diefstal om te oorleef


mkruger

2012/07/05 03:37:45 PM

Die swartman het 'n ingebore haat teenoor die witman. Hy word daagliks op skool en op TV vertel van die struggle. Kom ons wees eerlik. Die witman doen nie veel om die indruk wat van hom in die jong swartman ingeprent word, verkeerd te bewys nie. Gevolglik is plaasaanvalle baie geweldadig. Op hierdie stadium is daar geen politieke motiewe wat daarmee saamgaan nie. Dit is maar net nog in misdaad wat deur 'n haatdraende lafaard op, in meeste gevalle, weerlose ou mense gepleeg word.


Tot Hietu

2012/07/05 04:39:59 PM

Ek dink ons hare sal rys as ons werklik weet hoe polieties die plaasmoorde is. Omthou wat die mense in die openbaar se verskil heeltemal van wat agter geslote deure besluit en bespreek word. Hulle is 18jr aan bewind en die haat word nog steeds aangeblaas.


s swanepoel

2012/07/05 06:09:58 PM

Dit is beslis polieties!!! en die moorde is beslis gemik op ons blankes!!! Dis nie net moord nie, dis marteling, saag mense op, brand vrouens met kookwater of met ysters>>>> weet nie hoe Zuma ooit hierdie kan vergelyk met gewone moorde nie!!! Hulle haat die blankes, nes sommige blankes hulle haat, een verskil is net, ons is nie so wreed soos hulle nie, ons dink nie net aan ons self nie! Wat van al die moorde wat reeds so wreed gepleeg is, wat van daai mense?? Zula weet nie waarvan hy praat nie, hy moet hom eder nie uitlaat hieroor nie!


Anton

2012/07/05 06:53:41 PM

Moordenaars is gewoonlik iemand van buite die dorpsgrense wat kom "roof en moor". Wie is hulle vriende, waar kuier hulle, wie het hulle die plan gegee om op die plaas te kom moor. As hulle eers gevang is word niks verder ondersoek nie. Baie maal gaan so 'n moordenaar in 'n kroeg spog oor sy daad. Hoekom? As iemand soos Zuma die moorde sou afkeur hoekom word Kill the boer nie onmiddelik verbied nie. Jy kan in SA eerder so 'n lied sing as om die k woord te gebruik. Dit wys mos verskuilde agendas Lees die boek "Die Lang generaal" en sien hoe die opdragte subtiel uitgedeel en uitgevoer is in die verlede.


PJ Kruger

2012/07/06 10:08:57 AM

Zuma praat padlangs en hoop dat ons hom sal glo...so dink hy, maar wat ons wel weet en wat hy gesê het: "It's not Uhuru yet". Ons lees tussen sy "leestekens" en ons berei en maak gereed vir die dag!!!!


Louis Hendrik Claassen

2012/07/06 10:22:36 AM

Tannie Gloudie van Rensburg is gisteraand in Pietersburg oorlede. Hulle was in 'n plaas aanval 16dae terug waar haar man Oom Johan van Rensburg dood geskiet is. Sy het na 16dae beswyk aan haar wonde.


Johan Botha

2012/07/06 10:37:49 AM

Plaasaanvalle is deel van die swart regime se werkswyse om van blanke boere ontslae te raak aangesien alles vir die ANC oor grondbesit gaan. So het dit in elke Afrikastaat gebeur waar blankes landbougrond besit het; Suid-Afrika sal nie 'n uitsondering wees nie. Meeste oorloë in die wêreld het oor grondbesit gegaan. Die ANC sal voortgaan om hierdie saak te dryf tot daar geen blanke boer lewend is nie. So het Zuma in sy openingsrede in Februarie duidelik gemaak dat 2013 uiteindelik die jaar sal wees wat gekenmerk sal word aan volkome grondoorgawe aan swartes – sy 87% was net 'n wyse om nie onmiddellik konflik te skep nie. Dit sal ook nie bly by plase nie en sal daar op elke duim van die witman se grond aanspraak gemaak word. Wie hierdie saak nie begryp nie ken nie Afrikapolitiek nie. www.gelofteland.org


BELINDA

2012/07/06 10:45:25 AM

EK STEM SAAM MET ANTON , ZUMA WEET SO GOED SOOS EK EN JJY DIE PLAAS MOORD IS OP DIE WIT BOERE GEMIK . GOD SLAAP NIE , HY WAT ZUMA EN SY TRAWANTE GAAN NOG N DUUR , DUUR PRYS BETAAL VIR DIE KONINGSKINDERS VAN GOD WAT UIT GEMOOR WORD EN HULLE KYK NET WEG , MAK OF HULLE DIT NIE GEHOOR HET AS N NUWE PLAAS AANVAL AAN GEKONDIG WORD . PETERSON HET NIE N GEHEIM GEMAAK VAN HAAR GEVOEL OOR WIT PLAAS BOERE N PAAR MAANDE TERUG NIE , SKIELIK WIL SY HELP , .......DINK WEER , JAKKALS VERANDER VAN HARE NIE STREKE . BOERE MOET WAKKER WORD SOOS BAIE JARE TERUG NET VIR HUL GESINNE BEGIN SORG , PLANT , PLAAS BEVEILIG ....ONS IS GESKAPE OM TE OORLEEF , SO SAL DIT ALTYD WEES .


AJ Meintjes

2012/07/06 11:04:58 AM

Dis nou goeie nuus dat plaasmoorde, naspeurbaar sedert 1987, glo nie rasse-gedrewe is nie (tong in die kies). Nou kan ons almal in die reenboog en die SAPS ten volle fokus om die erg-kriminele element in SA hok te slaan en om voedsel sekerheid in SA, SADC en Afrika te verseker.


A Britz

2012/07/06 11:28:09 AM

Waar is nog so 'n geval waar so 'n groot % van 'n spesifieke bedryf (Boerdery) se ondernemers (Produsente van voedsel, vesel, hout, ens) aangeval, vermoor en benadeel word ? Gevalle strek vanaf Limpoporivier tot Swartland (Wes-Kaap). Dikwels selfs sonder dat enige goedere geroof word ? En dan is dit bloot hongersnood, per ongeluk, algemene misdaad ? As wit, afrikaanssprekende man het ek 'n beter kans om swanger te word as wat President Zuma 'n kans het om sy stelling te bewys. Dit is nie beledigend nie, net 'n poging om die onmoontlikheid te bewoord.


Samuel Fourie

2012/07/06 01:50:47 PM

Noem my tog net eenkeer waar die Prez se mening logies verantwoordbaar is.aS HY TE VROT IS OM MET HEILIG ONTSTOOKTE TOORN IN DIE VROT SWART ONDERWYS IN TE KLIM EN DAAR REG TE MAAK MOET DAN ASB. NIE JOU HOOP OP DIE (VIR DIE GEREG)VOORTVLUGTIGE PLAAS NIE.


mkruger

2012/07/06 02:09:31 PM

A Britz. Die rede hoekom meer wit plaasboere as swartes vermoor word is voor die hand liggend. Daar is baie meer wit boere as swart boere. En waar kry jy nou 'n makliker teiken as 'n persoon wat alleen bly met bure wat ver van hom af bly. Die probleem in die land is nie dat moorde op wit boere polities is nie. Die probleem is bloot dat misdaad in die land 'n beroep geword het wat beter betaal as enige ander beroep.


abraham fredericks

2012/07/06 03:28:54 PM

ek abraham het op n plaas in agterpaarl groot geword die boere was nog altyd vir kleurling mense.die swartes vermoor en besteel plaas boere ek was vrydagaand om streek 8;40 n slag offer ek het R40.000 se skade gelei die land se wete is verstront


Carel Engelbrecht

2012/07/06 03:30:36 PM

Daar sal altyd n rasse verskil wees, die boere is net n maklikker teiken. Die fonnise wat gegee word is ook te sag. Gevangenise het n te lekker lewe in die gevangenis.


Cattle Baron

2012/07/06 04:25:36 PM

Hy meen die aanvalle moet binne die konteks van die hoë vlakke van misdaad in die land gesien word??? Meen hy ook dat sy eie persoonlikke weiering en ontduiking van regstappe en hofbevele teen hom binne die konteks van algemene korrupsie in die land gesien moet woord?


Jan

2012/07/06 07:42:46 PM

Solank as wat daar miljoene mense is wat weinig of geen inkomste het nie gaan misdaadvlakke hoog wees.die karige of geen ondersteuning wat werklose mense van die staat ontvang veroorsaak dat mense hul tot misdaad wend om te oorleef.geen persoon kan rustig in sy bed slaap as sy buurman nie kos het om te eet nie.geweld,moord en diefstal is onaanvaarbaar,so is armoede,gebrekkige inkomste ook totaal onaanvaarbaar.


Jannes

2012/07/07 12:30:28 AM

Ek twyfel of die moordenaars moor net omdat hul slagoffers wit is. Dan sou hulle mos net moor en kaalhande wegloop want hulle is hul taak mos kwyt. Maar juis omdat die boere wit is, is daar duidelik vir hulle g'n deernis nie. Dis soos die verskil tussen die vrekmaak van 'n rot of 'n rondloperkat. Albei is 'n pes, maar die vrekmaak van 'n rot ruk aan jou hartsnare niks terwyl die kat se gedood jou steeds sal wroeg net omdat hy 'n kat is. Vir die plaasmoordenaars maak daardie wit vel van die slagoffer sy hart maar kliphard. Die boer is vir hom soos 'n rot, nie 'n kat nie.


Willie

2012/07/07 01:31:14 AM

Soos die regering nou met geld kan mors,kan ek net wonder met hoeveel geld F.W.de Klerk omgekoop is om ons land weg te gee.Inteendeel,hy word nog seker elke maand met bloedgeld vergoed.As daar een mens is wat vir hierdie moorde verantwoordelik gehou kan word,is dit F.W


coen weilbach

2012/07/07 07:42:25 AM

Enige mens met 'n greintjie verstand weet dat Zuma twak praat. Plaas aanvalle / moorde gaan gepaard met die uiterste geweldadigheid terwyl daar selde iets waardevols "geroof" word.... Voortdurende snert verwysings na die onreg van apartheid / kolonialisme is tog niks anders as om haat te kweek teenoor blankes nie..... Opsommend is dit dus logies dat plaasmoorde ras / politiek gedrewe is ....


Tom

2012/07/07 08:30:10 AM

Dit is nie rasgedrewe misdaad nie, dit is n verklaaring van OORLOG, maar lyk my ons is te stupid om dit te besef en sal dit laat voortgaan tot daar nie meer n enkele boer is wat vir n land kan sorg en nie net vir sy familie n paar goedjies plant. Misdaad gedrewe is - steel alles wat hulle kan en los die mense ongedeerd agter, die plaas aanvalle op blankes in brutaal, en moord, dit is nie jou gewone misdadiger nie, die is die werk van opgeleide en fiks, ek wil nie die woord se nie, soldate (terroriste. Waneer sal ons dit stop sit, SEKERLIK NOOIT.


Jaco

2012/07/07 08:51:47 AM

Kerels, kom ons wees nou eerlik. Die ANC is besig om die blankes uit te moor. Was nog altyd so. Wat ook al die motief is, niks kan sulke barbaarse askies regverdig nie. 'n Bejaarde vrou in Noord Wes is 'n paar maande gelede op haar plaas helder oor dag 26 keer met 'n broodmes in die bors gesteek deur haar eie huis werker wat al 6 jaar in haar diens was. Die nuwe wetgewing van so paar jaar gelede om alle wapens in te handig gaan alles gepaard met die ontwapenning van die boer. Zuma se uitspraak is maar net nog 'n poging om sy reging se 'ineptocracy' te probeer regverdig. Vat dit van wie dit af kom. Ek is tans in die Midde Ooste waar hulle nog jou hand afkap as jy skuldig bevind word vir diefstal. Bring terug die doodstraf en die prentjie sal verander! Onthou net, die wiel hou aan met draai.


Daan

2012/07/07 01:45:52 PM

Ongeag wat die wetenskaplike navorsing bewys het Pres Mbeki die bestaan van Vigs ontken. Ongeag die duisende bewyse maak Pres Zuma hierdie uitlating. Net die ongeskooldes glo dit... Hou dus die boeke weg...


Anoniem

2012/07/08 12:01:05 PM

Hoekom het Dr. Gregory Stanton, van Genocide Watch, die Afrikaner dan op 'n Vlak 6 geplaas 'n paar dae gelede? Vlak 7 is uitwissing. Gaan lees gerus die webblad Censorbugbear, dit gee 'n ware toedrag van hoe dit by ons gaan. Dit maak nie sin wat Zuma se nie. Niemand glo hom in elk geval meer nie.


Pieter

2012/07/08 01:19:56 PM

Zums moet fool wees om te dink daar is een boer wat hom glo. Hierdie is 'n uitgewerkte plan met die hele regering en wetgewing agter die moordenaars en die paar wat wel gevang word moet dan aan die pen ry om die howe geloofwaardig te laat lyk. Die geweld wat op die blankes toegepas word is onmenslik. Twee bakleinede honde het meer genade teenoormekaar as die aanvallers teen oor hulle slagoffers.


Henre

2012/07/08 05:11:41 PM

Absoluut rasgedrewe met die regering se goedkeuring en bemoediging! Kan jul glo daar is werklik nog blankes wat dink jy kan 'n bestaan saam met 'n barbaar voer. Daar is baie organisasies wat die simptome van die nuwe SA probeer beheer maar dit gaan nie ophou tot ons die siekte aanspreek nie. Die res van Afrika is 'n duidelike bewys van hierdie siekte en die resultaat daarvan indien iemand met my wil verskil. Ons moet as volk onafhanklik bestaan en geen volksvreemde vir arbeid of enige iets anders gebruik nie. Persoonlik dink ek net 5% van ons volk dink nog nugter die res het reeds saam met die stroom gevloei. 'n Skeiding in ons volk is dringend nodig om 5% (Boerevolk) te skei van die 95% (Afrikaner/Afrikaanses). My grootste probleem is nie swartes nie want ek weet wie en wat hul is, my probleem is die blankes wat so ongehinderd en dwaas deelneem aan die nuwe wereld proses. Boeregroete Henre


Jakkals

2012/07/08 05:31:06 PM

Plaasaanvalle nie rasgedrewe? Nou hoe verklaar jy dit dat net swartes die plaasaanvalle pleeg en 99% is wittes die slagoffers. Ek soek nog nog na enige stats van 'n wit plaasaanvaller


Jillian Alcott

2012/07/09 01:10:47 AM

Crimes such as these, are called "hate crimes" in other parts of the world and carry harsher penalties than most other crimes. If they are too cowardly to admit that these are racially motivated attacks, why not call it hate crimes then, since even a description as such, which would isolate this kind of attack, could satisfy a huge sector of our society who recognizes it for just that! People in informal settlements, generally kill each other on the spur of the moment (crimes of passion) - even for as little as a R12 beer! Or the murders are sexually motivated, but these farm murders are premeditated and planned in advance. And not as robberies, since very little is normally stolen - perhaps a cell phone, some small amount of cash or a vehicle which is abandoned after a few kilometers. Even with Eugene Terre'blanche's murder, the signs were there in the form of road markers, etc. It is an insidious and very violent war that is being fought against white farmers and smallholder dwellings in particular. Firstly because the people are so isolated and secondly because of instigation such as the singing of songs such as "kill the boer" and "mhimi wam". They actually perceive themselves as heroes, "freedom fighters" or "revolutionaries".


Magaret Meyer

2012/07/09 04:06:33 AM

Dit is niks minder as moord van die Boere nie. Dit is 'n sielkundige oorlogvoering, maar die Here weet, die dag gaan kom wat ons gaan opstaan en se "Genoeg is Genoeg",


mkruger

2012/07/09 08:39:09 AM

Henre, Ek sal maar namens die ander 95% praat. Ek is nou nie 'n sielkundige nie maar as 5% glo hulle is reg en die ander 95% is verkeerd is daar 'n groot skroef los. En so oor die boerevolk. Gaan kyk maar hoe een van ons grootste vyande die boerevolk opgesom het - Churchill. "They were God-fearing folk". Daardie mense bestaan nie meer nie. Maw die ware boerevolk bestaan nie meer nie. Dit is vervang deur 'n klomp haatdraende mense wat hulle self nou die boerevolk noem. My oupa wat seker nou oor 'n 100 jaar oud sou gewees het as hy nog geleef het was 'n boer en hy het geboer EN hy het nooit 'n swartman gehaat soos die klomp wat nou na hulself as die boerevolk verwys nie.


Piet van der Grijp

2012/07/09 11:29:28 AM

If every person in South Africa is given a free Cell Phone and a few dundred rand,will the farm murders stop? No, because these crimes are racially motivated. Dishonest traffic officers do not take bribes and then shoot offenders. No, they smile when they take the money because there is a possibility that you might become a 'regular customer'. The President of this country knows that these crimes are racially motivated. He also knows to turn a blind eye if he wants the militant's support. All one has to do is read peoples comments on the internet to see that the white African is not welcome in his own country. Hell, even labour laws discriminate against us. En aan my mede Afrikaners wie anders kleurige mense haat, ek is jammer vir julle, hierdie land behoort aan alle Suid Afrikaners en ons moenie wag op 'n wonderwerk nie. Staan saam en stem saam in 'n party wat almal kan verteenwoordig en vir 'n beter toekoms.


Boer

2012/07/09 01:19:10 PM

AG natuurlik is dit rasgedrewe. Kom ons draai die prentjie om, as 99.9% aanvalle op swartmense deur witmense gepleeg was, sou dit rasgedrewe wees? JA, so as 99.9% boere wit is en die aanvallers swart, hoekom is dit nie rasgedrewe nie? Zuma ontken net die obvious, dan hoef hy nie antwoorde aan die buiteland te verskaf of die probleem aan te spreek nie.


Johan v H

2012/07/09 02:03:07 PM

Daar is nie iemand so blind as hy wat nie wil sien... As ek op n poleteke vetgaadering vertel dat die balankes met al die rykdom in die land sit, en dat dit herverdeel moet word, by wie gaan die arm hongeres steel? Wat daai man is nou honger... Jy kan nie op n poletieke vergaardering jou eie agenda propegeer en dit dan die volgende dag ontken nie. Die ras ding begin nie by die ou wat honger is nie, dit begin by die politiekus wat aremoede vir sy eiegewin gebruik... tussentyd vreet hy hom self dik aan die kospotte van Egipte.


ldp

2012/07/09 03:49:34 PM

Plaasaanvalle IS gemik op WIT boere - die mense wat die land se kosmandjies volhou, valuta verdien en werksgeleenthede skep. BESTAANSBOERE "boer" met hul "gesteelde" vee langs die paaie (want hul eie stukke grond is oorbewei). Elke politikus en ook boef en boordenaar se koppie koffie, ontbytpap, lekker sappige biefstuk, lemoensap, en noem maar op... kom van plase af. Ongelukkig "maak" supermarkte en fabrieke nie hierdie goed in n pakstoor nie! Dis gaaf om te se "hunger for land", maar besef die mense nie jy kan nie die grond eet nie!! Daar moet geboer word!!! Gaan kyk maar na die hervestigingsboerderye in Noordwes. Die meeste het platgeval, is gestroop en lyk soos die plase moes gelyk het na die oorlog.


Kassie

2012/07/09 04:34:36 PM

Ek wonder of hy ooit matriek gemaak het. Hy moet kom leer by die Zambiese regering. Hulle verstaan waar die kos vandaan kom, so die boere word beskerm. Wonder waar gaan hy kos vandaan kry as al die wit boere uitgemoor is. Dan gaan dit net soos in Zimbabwe wat dit ook nie verstaan het nie. Nou is hulle honger!


Hannes

2012/07/09 06:25:47 PM

Van waneer af is die koelbloedige moorde op verswakte ou mense, babas en kinders, wat hulle self gladnie kan verdedig nie gewone misdaad? Hoekom is daar tot dusver nie n enkele swart boer aangeval nie?


vd Merwe

2012/07/09 08:08:14 PM

mkruger, voor ek jou antwoord wil ek ook bevestig dat die moorde rasgedrewe is. mkruger ek kan my nogal vereenselwig met Henre se siening en wil graag ook iets byvoeg wat ek dink jy verkeerd verstaan. Jy verwys na boerevolk en dit moet wees Boerevolk want Henre verwys na 'n volk en nie na 'n landbouer soos jy dit verstaan nie. Ek het nog nooit gehoor van 'n Anglo Afrikaner Oorlog of Afrikaner Republieke maar wel na die Anglo Boere Oorlog en Boererepublieke. Na die 2de Vryheidsoorlog het Milner besluit om die woord Boerevolk te probeer vernietig, hy wou almal onder die benaming Afrikaner groepeer wat insluit: Afrikaners, Boere, verraaiers, Kaapse rebelle ens. Onthou - Afrikaners was gelukkig om onder die juk van Engeland te leef en die Boere wou vry wees. En laastens, die Boerevolk is nie haatdraend nie maar hul besef wel dat waarlike vrede slegs haalbaar is as elke volk oor homself regeer en sy geloof, kultuur en waardes op hul manier uitleef. En hul gun dit vir almal wit en swart. Vriendelike Boeregroete vd Merwe


abraham fredericks

2012/07/10 07:42:03 AM

goeie dag as al die BOERE besluit om hou te boer vrek ons almal van die honger ons as die DA moet die ANC uit die weskaap uit bring boere kommando's terug regering kan nie misdaad bekamp nie


Jan

2012/07/10 08:26:31 AM

Vind daar minder moorde plaas in tradisionele swart woonbuurtes as in tradisionele wit woongebiede of op plase waar blankes woon.is die moorde in swart woongebiede ook rasgedrewe.armoede is die wortel van die kwaad,nie ras nie.


Chris

2012/07/10 08:41:11 AM

Statistiek soos ek dit ‘n tyd gelede gelees het: Sedert 1994 is 3 348 Boere deur Swartes vermoor in 23 736 plaasaanvalle – die laaste 6 maande se aanvalle en moorde is nie hierby ingesluit nie. ’n Verdere 25 700 blankes is sedert 1994 deur swartes vermoor in stedelike gebiede in verskillende voorvalle. Inbrake, kapings ens word oorwegend deur Swartes gepleeg. Dit is niks anders nie as ’n lae-graadse burgeroorlog of etniese uitwissing. Swartes vermoor deur blankes sedert 1994 = 8 ! Swart-op-swart moorde beloop ± 25 000 per jaar. Hiervan moet mens aflei dat 99.9999% van moorde deur swartes gepleeg word. Wanneer het FW de Klerk ‘n mandaat gekry om hierdie misdadige bestel op ons af te dwing?


Herman

2012/07/10 05:34:19 PM

Jan, hoeveel arm blankes sluip in swart buurte rond en moor swart mense uit omdat hulle arm is. Ek was al in Madagaskar, Malawi en Mosambiek nerens tree mense so barbaars op soos hier of probeer sulke barbaarse optrede regverdig nie.Die probleem in SA is dat die redelike mens nie meer redelik is nie.Die prez ingesluit.


Klippies

2012/07/11 07:50:30 AM

Pres. Zuma die geweld op boere is deel van 'n verskuilde agenda.Jou mooi woordjies is net om die blanke te probeer paai. Die blankes luister al lankal nie meer na jou en die ANC regering se verskonings en beloftes nie.


Russell

2012/07/11 03:13:16 PM

Dié is wit op swart aanvalle & moorde.Hoe kan dit nie rasgedrewe wees nie.Ek koop nie President Zuma se dubbel praatjies nie.Ek vertrou nie 'n kommunis nie.


Russell

2012/07/11 03:20:50 PM

Verskoning, vervang 'wit op swart' met 'swart op wit'.As my fout so gebly het,sonder my korreksie,sou dit dalk deur ons President as rasgedrewe beskou word.Of hoe?


Polla

2012/07/11 04:57:57 PM

Ek dink nie hy het n benul wat in sy eie land aangaan nie


Henriette

2012/07/11 06:28:34 PM

Plaas aanvalle is defnitief rasgedrewe. Met elke plaasaanval is boere wreed gemartel en die minimum is gesteel.Na elke rassistiese uitspraak deur die ANC jeuglige was kort daarna 'n plaasaanval iewers in die land.Die swart jeug word opgestook om die blanke boere te vermoor,wat volgens hulle die grond gesteel het.


Delene

2012/07/17 03:29:29 PM

Ek dink plaas aanvalle en moorde is rasgedrewe. Ek stem saam met Henriette, die boere en vroue word wreed gemartel. Selfs onskuldige kinders word vermoor. Kyk na al die plaasmoorde - dit is net blankes wat vermoor word. Ek het 'n ruk terug gekyk na 'n website van plaas moorde - dit was skokkend en ek was in trane. 'n Mens kan nie glo dat hulle so wreed vermoor word nie, dit is nie menslik nie maar barbaars.


Weez

2012/07/18 10:41:18 AM

Ag regtig ek wonder wie probeer hy flous, ons almal weet waaroor gaan al die geweld en plaasmoorde!! Hy gee voor wat hy nie is nie.


AndreDB

2012/07/20 10:05:23 AM

Die Mag agter die moorde op die Boere verskil nie baie van dit wat in Zimbabwe gebeur het nie. Deur die boere van hul plase te verdryf, het die MDC in Zimbabwe baie van hul steun verloor aangesien die plaaswerkers nou ook in die kloue van Zanu-PF geval het... Hier? Laat ons se dat 'n gewone Boer vyf plaaswerkers het en elke werker 'n gesin van 6 mense moet onderhou dan beteken elke moord op 'n boer dat 30 mense nou skielik van die staat (lees ANC) afhankelik word en nie langer deur die boer beinvloed kan word nie (Lees DA of ander). Die wreedheid wat met die moorde saam gaan, laat ook 'n baie duidelike boodskap aan die boere gemeenskap, speel saam OF.... Miskien is die moorde nie so direk ras gedrewe nie, maar definitiek Politiek gedrewe..


H Hildebrand

2012/07/20 12:08:54 PM

Gewone misdaad dat jy 'n venster stukkend slaan en iemand se handsak gryp en weg hardloop, of bietjie erger dat jy die persone gyselaar hou en hulle TV, mikrogolf, rekenaars en selfone in hulle kar sit en weg ry. As 'n groep saam op 'n beplande tyd, met 'n spesifieke modus operandi van hoe om deur die veiligheidsmaatreels van die boere te kom, en dan die mense (ou mense, vrou en kinders ingesluit) martel, verkrag, en vermink is lankal ver verby enige definisie van gewone misdaad. Die moeite wat gedoen word om by die slagoffers uit te kom is bewys van die eind-doel van 'n beplande moord. Ek persoonlik het nog geensins beriggewing gesien dat 'n blanke aangekla is van sulke barbaarse 'gewone misdaad' op 'n plaas nie, of beriggewing gesien dat 'n swart boer en sy gesin op dieselfde wrede wyse van die gras af gemaak is nie. Dat die ANC hoof en ons president nog nie sy mond oopgemaak het om hierdie barbaarsheid af te keur nie, maar eerder die "silence means concent" roete volg, sal ek beslis sê dat plaasmoorde 'n ge-orkestreerde rasse-aanval is.


outoppie

2012/07/23 06:24:07 AM

Oor 50 jaar sal dit nog steeds so aangaan sodat hongersnood hierdie land se mense oorval, want al die kosproduserende boere is dan totaal uitgeroei.Dink ons miskien hulle is bekommerd hieroor ? geensins ! solank hulle net die "grond" kan wegneem van die blankes af.Nou wat kan ons doen om onsself te beskerm ? Die Voortrekkers het 'n plan gemaak deur om laer te trek en sodoende hulself teen die aanvallers te beskerm.Waarom kan ons nie 'n moderne laer om ons opstalle bou en laat bewoon deur medeburgers nie ?Daar is talle volksgenote wat sal belangstel om plase te bewoon om met beveiliging te help.


GJB

2012/07/23 06:58:52 PM

Plaasmoorde mag wel ras aangedrewe wees. Almal weet van die sage rondom plaas onteiening en dan soos hedendaags vermeld, sonder vergoeding. En dan, sonder om op tone te trap, die aanvallers mag die kerkklok gehoor het, maar weet nie waar die klok hang nie. 'n Moontlike poging om die boere van hulle plase te verwyder? En met 'n regering wat absoluut niks daaromtrent doen nie? Ten minste erken Zuma nou dat misdaad hoe vlakke bereik het


Malrin

2012/07/24 10:56:51 AM

Natuurlik is dit ras gedrewe, wat Zuma duidelik die besef nie...as dit nie vir ons boere was nie het sy volk nie kos gehad nie. Plaasmoorde is van die mees wreedaardigste martelings en nie "wage disputes" soos hulle afmaak nie. Stel jou voor die vrou word verkrag dan word sy oopgesny en haar uitgewande uitgeruk, om maar een voorval te noem.....


WOUTER VAN GREUNEN

2012/07/24 11:54:04 AM

AS DIT MISDAAD IS, WAAROM WORD DAAR DAE GEWAG OP DIE BOER OM TUIS TE KOM? AS DIT MISDAAD IS – STEEL TERWYL MENSE WEG IS EN VERDWYN. MOENIE MENSE DOODMAAK EN ‘N PEP STORES FOON STEEL NIE STEEL AS JY HONGER IS, MOENIE MOOR AS JY “HONGER” IS NIE.


Stephanie

2012/07/24 11:55:55 AM

Dit gaan beslis oor ras, ongetwyfel. Ek dink Outoppie het n goeie idee, daar is soveel arm blankes wat op plase kan kom werk en so ook laer trek en die boer-gemeenskap help beskerm. Die vraag is net, sal hulle bereid wees? Ons blankes het selfsugtig, eie-ek persoonlikheid ontwikkel en solank als net goed gaan met my kan die ander maar opsnork,ek self is skuldig daaraan. As ons tog net kan leer om saam te staan want ek glo ons maak dit net te maklik in alle opsigte vir die ANC.


Riaan

2012/07/25 03:43:11 PM

Ek se dis ras gedrewe. Maar die punt is wat gaan ons mense daar aan doen. Niks soos die laaste paar jare? Ons kan almal tik en kla maar op die ou einde moet ons saam staan en iets daar aan doen!Waar is al die karisma spreekers wat mense kan op sweep en bemekaar kry is hulle almal ook al uit gemoor of is hulle daar? En nie om rasse haat uit te kondig nie maar die mense die waarheid te laat sien en dat die mense moet luister en glo! Dis wat ek glo! Ek glo daar is baie wat wil volg maar daar is niemand om te volg!


Wessie

2012/07/25 05:09:14 PM

Met reg kan die gepaardgaande wreedheid by plaasmoorde nie net afgemaak word as n normale misdaad nie. Hier is iets GROOTS fout en Zuma kan maar sy eierdans uitvoer. Vir elke moord sal daar eendaf veravtwoording gedoen word, so ek sal nie graag in diesulkes se skoene wil staan nie.


GJB

2012/07/25 07:43:24 PM

Beide Outoppie en Riaan raak belangrike punte aan. Die afwesigheid van 'n natuurlike leier en 'n oorlewingsgemeenskap van mense ter ondersteuning. Alles sonder geweld, maar 'n stilswyende verset.


PIETER VENTER

2012/07/25 08:49:43 PM

BOERE JULLE LEES ELKE DAG JUL BYBELS EN BID OP JUL KNIEE, DIEP GELOWIG. WAT SE DIE BYBEL VAN DIE LAASTE DAE. DAAR SAL VERDRUKKING WEES, VERVOLGING WEES, EN DOODSLAG WEES, HOEKOM OMDAT ONS ONGEHOORSAAM WAS AAN GOD SE SUIWERE WOORD DIE 1933/1953 BYBEL (OUPA EN OUMA SE BYBEL).DIE PREDIKANTE, LIEG VIR ONS I.V.M DIE 1983 BYBEL VERTALING. LW. DIE 1983 BYBEL VERTALING IS 100% DIESELFDE AS DIE JEHOWA GETUIE bybel!!!!!!!KOOP VIR JOU N JEHOWA GETUIE bybel ONDERSOEK SELF HIERDIE STELING TEENOOR DIE 1983 VERTALING EN SIEN SELF HOEDAT DIE JEHOWA GETUIES GOD AS DIE GODDELIKE DRIE EENHEID VERVLOEK EN VERWERP!!!!DAAR IS 8764 VERSE, WOORDE, EN DELE VAN HOOFSTUKKE UIT DIE WARE BYBEL GEKAP, DAAROM IS GODSE STRAF OPONS AS GELOWIGES:GAAN LEES MAAR 2 KRONIEKE 7-12-22 EN SIEN SELF WAAROM GOD SE STRAF SO OP ONS IS.MY HART WORD ELKE KEER UIT MEKAAR GESKEUR DEUR HIERDIE SINNELOSE EN BRUTALE MOORDE. MAG GOD ONS GENADIG WEES EN VIR ONS WEER VREDE EN VRYHEID GEE IN HIERDIE PRAGTIGE LAND SUID-AFRIKA


kobus visagie

2012/08/01 08:42:29 AM

ek lees aandagtig die skrywes en wat my opval is die toestand van groot benoudheid onder die boervolk, israelvolk, uitverkore ras.Keer terug na Sy woord en doen Die Gebooie en kom uit onder die ekumene en ontdek jul identiteit


Kobus Du Plessis

2012/08/24 02:58:17 PM

Om te bepaal of plaasaanvalle "ras gedrewe" is, is eintlik maklik. Indien 95% plus van die aanvallers Swart is en 95% plus van die slagoffers Blank, kan aanvaar word dat plaasaanvalle ras gedrewe is aangesien dit volgens basiese statisitiek dan 'n statisies betekenisvolle aaname is. Mens kan onder die omstandighede seker die 95% syfer laer aanpas na 80%. Die barbaarsheid van hierdie aanvalle is ook 'n goeie aanduiding dat normale roof en diefstal van sekondere belang is met moord as die primere doelwit. Ek enigiemand wat Zuma se analise van enigiets ernstig opneem het 'n probleem...


Breda

2012/09/15 07:55:29 PM

.Daars n groot probleem op ons plase ek noem dit disseplinne as jy toelaat dat jou arbeid slordig is by hul huise sjebeens bedryf harde musiek amprofires dronkneste is jy reeds in gevaar jy lok ongewenste elemente soort soek soort.Ek sien dit te veel.Boere het ook nie plaas reels wat streng toe gepas word nie.Goeie arbeid vermy plase waar dit so gaan .ons moet arbeid beter bestuur


Willem

2012/09/19 07:53:44 AM

Aan Breda : Arbeidregulasies maak dit onmoontlik om kuiergaste op plase te verbied en ek kan ook nie wagte aanstel op my ses plase om snags die intensie van mense te bepaal voordat hulle mag inkom nie. Dis duidelik jy weet nie veel van die praktyke van digs bevolkte plase nie.Nie almal het afgelee plase (soos in die karoo) waar drie of vier werkers indiens is en beweging van mense beperk is.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights