Deur ALANI JANEKE
28 Junie 2012

3111 keer gelees | 51 kommentaar

Skokgolwe trek deur die melkbedryf nadat DairyBelle sy prys aan boere heelwat verlaag het. Wat dink jy daarvan?


'n Onverwagse algemene prysverlaging deur een van die grootste melkkopers in die land het melkboere geskok en teleurgestel, aldus die Melkprodusente-organisasie (MPO).

Een van Suid-Afrika se grootste melkkopers het sy prys aan produsente met onmiddellike effek met tussen 50c en 75c per liter verlaag. Dié stap is Dinsdag (26 Junie) aan produsente bekend gemaak. Die Melkprodusente-organisasie (MPO) sê hy het met teleurstelling en skok van dié situasie verneem.

Luidens 'n verklaring sê mnr. Dean Kleynhans, voorsitter, met die inligting tot sy beskikking lyk dié prysverlaging kontra-siklies en nie in lyn met die heersende markneigings nie. Hy vra ander melkkopers om ter wille van stabiliteit in die bedryf en die toekoms daarvan nie dié koper se voorbeeld te volg nie. Landbou.com het vasgestel dat die betrokke melkkoper Dairy Belle is.

“Ons melkprodusente kom nou net uit ’n baie slegte tyd waarin pryse vir bykans vier jaar op besonder lae vlakke was. Produsentepryse het eers vanaf November 2011 weer begin herstel. Daarbenewens is produsente vir ’n geruime tyd al vasgevang in ’n erge kosteknyptang weens die deurlopende styging in die pryse van voer, brandstof en elektrisiteit,” verduidelik Kleynhans.

Raad aan melkboere
Volgens Kleynhans raai die MPO boere aan wat regstreeks deur die verlaging geraak word, om in verbinding te tree met ander kopers in die land wat dringend na melkop soek is.

“Indien sommige melkprodusente weens hierdie prysverlaging uit die mark moet tree, sal dit onder andere ’n restreekse impak hê op voedselsekuriteit. In die lig van die verhoogde vraag na suiwel wêreldwyd en die feit dat dit steeds die goedkoopste bron van proteïene vir menslike gebruik is, hou melkproduksie tans nie tred met die vraag nie,” aldus Kleynhans.

Onderhandelinge aan die gang
Die MPO onderneem om onderhandelinge tot op die hoogste vlak te voer vir melkprodusente om volhoubaar te kan produseer en vir die voortbestaan van die bedryf.

Volgens syfers van die Nasionale Landboubemarkingsraad het suiwelprodukte die afgelope jaar die laagste inflasiekoers aangeteken in vergelyking met ander meetbare voedselkategorieë. Kleinhandelpryse van suiwel het van Januarie 2011 tot Januarie 2012 slegs 'n 4,3% styging aangeteken, teenoor brood en groente se 10,1%, vleis se 14,3% en vette en olies se 15,2%.

* Hou Landbouweekblad ook dop vir meer nuus hieroor.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


A Rossouw

2012/06/28 10:59:28 AM

Hoeveel melkboere moet nog toe maak deur die besliute of gaan beesvoer pryse ook af kom en die produkte op die winkel rak gaan seker duurder word om weer vir iemand bonisse te betaal wie manupileer vir wie of is die bedryf finansieel net maar n siek spul bewys die rede vir die beweging daar is meer op die spel as net boer wat gaan swaar kry wat van die verskafers aan die boere en wekskeping kan ons glad nie n ander plan maak nie


Anoniem

2012/06/28 03:50:37 PM

Die melkkoper het duidelik kontak met die werklikheid verloor. Jy weet ons melkkoeie kyk vir die lusern teen R2500.00 per ton, kyk na die kragvoere @ R3000+ , hoor die diesel is nie goedkoop en vergeet van die elektrisiteit. daar is ook nie arbeid nodig om die werk te doen nie. Die dinge gebeur sommer vanself. Asb dairy bella die ad van clover oor die melkweg is om kinders te kry om die melk te drink. Ons sal moet boikot aksie begin teen sulke mpy.


Johan

2012/06/28 03:54:38 PM

Hoe dehel kan dit gebeur besef die mens aan die bestuur van Dairy bells dan nie hoe swaar ons melk boer al trek nie en dan nou nog dit ook.Wys jou ma nou net daar word fo l vir ons omgegee in die land nie.Vir die boere wat deur dit getref word wil ek as mede melk boer se ek is jammmer ek verstaan en weet waardeur julle gaan.


Anoniem

2012/06/28 05:15:10 PM

Nick Wentzel is nou aan stuur van Dairy Belle en dit is presies sy plan. Verlaag boere se pryse en probeer Verkoopspryse verhoog. Ek voel baie jammer vir die boere. Kry vir julle dringend n ander melkkoper


Pieter Schoeman

2012/06/29 08:17:53 AM

Dit is n maklikke manier om jou boeke te laat klop. SNY NET DIE PRODUSENT SE PRYS. Dit het tyd geword dat maatskappye nie deur rekenmeesters bestuur word nie maar persone wat strategies kan beplan. Kyk maar wat gebeur sny maar inset koste byvoorbeeld grondstowwe of personeel.Wat is die uiteinde van die saak tekorte, swak diens ens. Ongelukkig is hierdie n sneeubal wat nie maklik gestop kan word nie. Kyk maar ESKOM.


Kuyvenhoven

2012/06/29 08:33:01 AM

When prices are high and rising, consumers tend to blame the middleman; when they are low and falling, farmers take up the cudgels against the middleman. Many farmers believe that to improve the operating efficiency of marketing agencies such as Dairy Bell would merely benefit the latter and not help farmers. Totally unfamiliar with the incidence of marketing costs, they think the only effective way of dealing with marketing agencies is through some form of punitive action calculated to eliminate profiteering and dishonesty. Consequently, they are not likely to support effective educational measures directed at marketing agencies beyond the local farm market.


Kuyvenhoven

2012/06/29 09:02:49 AM

Managers, employees, and chambers of commerce would protest against the elimination of inefficient plant units of Dairy bell. Labour-union representatives would object to the installation of new labour-saving equipment. But a vigorous management would override such obstacles and put the program into action.


Kuyvenhoven

2012/06/29 10:30:23 AM

The prevailing view among officials, university students and professors, and educated people in general is that food and related markets are highly imperfect and do not work well enough to protect producers from exploitation and consumers from speculation. Assemblers, wholesalers and retailers are treated as enemies of society rather than allies. They are tolerated as a necessary evil that must be carefully policed. This has produced little improvements in marketing practices or system performance. There has been little recognition of the possibility of treating marketing intermediary (or distribution) firms as farm and industrial firms are treated- as providers of socially useful services for whom positive policies should be developed to encourage and induce improved social performance and productivity.


annoniem

2012/06/29 10:36:07 AM

ek dink dit is tyd dat dairy bell se klokke afgeny word , hulle se altyd hoe grooter jy aankoper hoe kleiner jou prys , hoe kleiner jou aan koper hoe groter die prys , dairy bell se nense wil smart karre ry en vet salarise trek en die boere moet maar ly . dit werk nie so nie dis tyd dat ons almal saam staan .


Kuyvenhoven

2012/06/29 10:56:04 AM

Kom ons helpen Dairy Bell dat ze klokken mooier en meer effectief leiden, in plaats om zo negatief te zijn


butch

2012/06/29 11:41:27 AM

Hierdie is bedrog teenoor melkboere -laat ons die syfers sien wat die verbruiker by die rakke betaal en of dit ook gaan verminder - ek sit my geld daarop dat dit nie gaan verminder nie - boere (omdat hulle self dit toelaat) word nou weer misbruik om al die uitgawes van ALMAL laer af in die ketting te finansier - ek herhaal dat boere ingespan word as die groothandelaars en kleinhandelaars se subkontrakteur en misbruik word om hulle nuwe lorries en vetkat amptenare se kostes en salarisse te dek - ek sal my geld daarop sit in hierdie oefening dit net die melkboer is wat gaan "inchip". Die feit van die saak is dat hierdie middelinstansies om die beurt die winkelpryse verhoog en daarna die boer se prys afforseer vir hulle eie finasiele gewin. Hierdie is "cashcowing" per definisie ! Bewys my verkeerd asb!. Tot dan , glo ek hierdie is bedrog.


butch

2012/06/29 11:43:04 AM

verder - as jy die produsent se prys afdruk tot onder dit wat dit hom kos om melk te produseer - is dit bedrog


Pierre

2012/06/29 11:55:37 AM

Dis mos makliker om die boere se prys te sny as om jou bemarkers onder hulle jis te skop en jou markaandeel terug te wen. Dairybelle het al baie melk in die Weskaap verloor en het vanaf die week nog so paar van sy groot produsente verloor. So die fatcats sal maat met die minder melk inname en laer omset hulle ou beltjie stywer moet gordel, dit geld ook vir die ander melkkopers wat daaraan dink om hulle pryse te wil sny, hulle gaan met blink nuwe fabrieke sit sonder melk.Die verwerkers kan maar invoer, hulle sit nog altyd met die kapitale belegging en vaste koste wat gediens moet word op fabrieke . n'Boer se nou die dag vir my, 200 ooie vervang sy kudde van 120 koeie en hy slaap baie lekkerder saans.


butch

2012/06/29 12:07:49 PM

Huyvenhoven - probeer iets produseer teen 'n prys laer as dit wat dit jou kos - Kuyvenboven laat my dink aan die storie van die boer wat hamers by die ko-op gekoop het teen R10.00 en weer teen ( 'n verlies) verkoop het teen R5.00 Op 'n vraag hoekom hy dit doen se hy 'dis nog steeds meer betalend as boerdery". Kannie van boere verwag word om dit te aanvaar nie. Kuyvenboven, die staat VERLPIG boere om neergelegde slarisse te betaal , is gebind aan brandstof voere eskom en nog talle ander uitgawes - die hamer kos R10.00 Fienies en klaar. Die UN doen voorspraak dat kleinerboere ook in die toekoms moet kan boer en bydra tot die ekonomie. As daar voortgegaan word met die standpunt dat net die grootstes in die toekoms sal oorleef, en die res uitgesny word - loop ons af op'n afgrond. Dit gaan nie nie winkelrakke gevul hou nie. Melk is stapelvoedse en nie 'n luukse . Die armste gesin drink melk.


butch

2012/06/29 12:12:22 PM

Ek lees nou net sms op my selfoon vanaf groot skoeiselverskaffer "free pair of ladies boots with every purchse of regular boots" - nou is my vraag: Wat gee Dairybell vir verbruiker" ?


Kuyvenhoven

2012/06/29 12:45:12 PM

Butch-As long as many persons believed that margins represented extreme profits and that in order to eliminate them it was necessary only to “get at the real facts about marketing costs” and thus expose the middleman, consideration of practical steps to improve marketing efficiency and reduce marketing costs could not be expected. The die-hards, who still envision a quick and easy way of reducing margins, are beyond hope of reformation. Fortunately, a few pioneers have blazed a trail which should lead to real accomplishments.


Kuyvenhoven

2012/06/29 02:00:57 PM

Butch-Producer prices have sometimes been higher than consumer prices for some commodities. But even when consumer prices are higher than producer prices, the difference does not cover marketing costs. Obviously, the simplest but not best way of eliminating all marketing costs would be to eliminate all marketing services. Under the present organization of society this would result in eliminating society itself. If we are to live, an irreducible minimum of marketing services must be rendered by someone. But responsibility for performing these services might be shifted to farmers and / or consumers. This would eliminate marketing margins but not marketing costs, which would be greater than before because of increased hand labor and other expenses associated with small-volume operations.


Charles

2012/06/29 02:50:18 PM

"free pair of ladies boots with every purchse of regular boots" In its zeal, the federal government destroyed the American shoe industry when it went after the United Shoe Machinery Corp. in 1947 -- and today the U.S. imports virtually all its shoes.(How competition Legislation Destroys Businesses By Bruce Bartlett)


daan

2012/06/29 03:27:36 PM

nou wat gaan van die wynboere word wat by my mening nog swaerder trek


deon

2012/06/29 06:17:12 PM

dit is tipies van nick wentzel , hy't dieselfde boelie boy taktiek gehandhaaf tydens sy tyd by meadow voere - jammer maar jakkals se streke verander nie !!!


Johan

2012/06/29 10:05:22 PM

Ja a, wonder wie was almal die direkteure toe melkkopers nog kooperasies was en daar besluit was om uit te verkoop aan die geldmag! Dit was na die beste van my wete melkboere. Eersgebore reg is geruil vir pot lensie sop, nou is die pot leeg en melkboer ook leeg gemelk. Tyd vir nuwe boer beheerde besighede en di soos dairy belle te vervang. Sonder lojale verskaffers het hul nie volhoubare besigheid nie!


Kuyvenhoven

2012/06/29 10:26:25 PM

Deon je bent de vos en niet Nick Wentzel


Adriaan

2012/06/29 10:41:36 PM

Ek persoonlik dink ons is beter af met ons eie Melkraad wat deur Melkboere verkies word, en deur n verkiesing elke jaar herverkies moet word ,ons as melkboere verkoop net ons melk aan die Melkraad, en DIE MELK KOPER kan sy melk elke dag net by ons Melkraad koop met n vasgestelde jaarlikse prys. Indien ons nie vir onsself n Melkraad wat ons saak kan stel vinnig stig nie kan en moet ons baie vinnig uit hierdie bedryf uitkom want, geen besigheid word op hierdie wyse bestuur nie,nie n prokureurs firma of n moterhawe kan sonder wins bedryf word nie. Ons sit en maak n klomp vetkatte net ryker en ryker ons werk ons sterte af vir hulle vet bonusse Nee genoeg is genoeg ons moet ons eie bedryf begin bestuur van wanneer af laat jy as n Melkboer n ander mense toe om jou plaas te bestuur


Adriaan

2012/06/29 10:54:16 PM

Wat van ons eie Melkraad wat jaarlik met n verkiesing verkies word.Alle melk word daagliks net aan ons melkraad verkoop en die sogenaamde melkkopers kan dit teen ons prys wat jaarliks vas gesteld word by ons melkraad kom koop.Ek dink dit is die regte tyd om hiermee te begin So gou as moontlik.


Andre Botha

2012/06/30 08:27:54 AM

Boere, wees net versigtig dat julle nie deur die korporatiewe reuse beheer word nie.


butch

2012/06/30 09:48:27 AM

Laat CEO maar weet - groter companies het al hul g@t gesien or boelietaktiek - watch die space vir groot bank/e in Engeland


andre

2012/07/01 09:55:34 AM

vir so lank weet die melkprodusent wat die regte ding is om te doen ,neem beheeroor jou produk, en dit gebeur net nie.is daar iemand wat die bul by die horings kan pak en ons kan red.die mpo en die melkkopers en die supermarkte gaan dit nie doen nie. die melkboer het ook nie meer tyd nie,daar sal dringend iets gedoen moet word.


mkruger

2012/07/02 07:52:06 AM

Butch. Ek is bekommerd oor die stelling dat net die grotes gaan bly. Dit geld nie net vir die boere nie. Ek kyk die laaste paar maande daarna om 'n besigheid te koop. Jy kry heelwat kleintjies om te koop want hulle is net nie meer winsgewend nie. As dit so aangaan gaan die grotes ook eendag vou want as die klein outjies nie meer geld kry nie, sal hulle ook nie meer wins maak nie. Die winsgrense op ALLES het so klein geword dat net die grotes dit tans kan maak. Miskien moet die regering weer kyk na die halfgebakte vryemarkstelsel wat hy hier bedryf.


GW RAAD

2012/07/02 12:47:34 PM

Wat is die punt van die MPO as hulle eers later uitvind? Is hulle dan nie veronderstel om aan die voorpunt te wees nie. al die melk boere is dan deel van die MPO? is dit dan nie tyd dat julle 'n melk lewerings vakbond stig nie? dit sal ten minste toekomstige skielike prysverlagings neutraliseer of tot niet maak.


butch

2012/07/03 08:05:35 AM

Ek stem saam Maarten - ma die punt wat ek herhaal is dat boere gebruik word as subbies (subkontrakteurs) om vet katte te verryk - dis my eenvoudige probleem - nieteenstaande hulle sogenaamde lae winsgrense - wat ek in twyfel trek - floreer hulle eienaars nog steeds en rol in die geld - ten koste van die produsent wat hulle arbeider is


Manfred

2012/07/03 09:25:28 AM

Is daar al gekyk na die totale waarde ketting van melk produksie? Wat is die '' regte'' prys wat ons produsent moet kry?


Gert

2012/07/03 11:21:28 AM

ek probeer so ver as moontlik klein besighede se melk koop op die rakke , dit maak nie saak waar dit is nie , hierdie verskaffers koop by boere in hulle omgewing en al is hulle pryse 5 rand duurder sal ek dit nog steeds koop , ek koop glad nie die bekende name nie , as daar net n bietjie meer klein besighede is wat direk by die boer koop sal dit meer lonend wees vir die boere , ek weet dit is nie altyd moontlik nie , maar iewers sal daar n plan gemaak moet word , die bestuur van dairy belle maak geld bymekaar om oor n jaar af te tree met bonuse wat ons nie eers in n leeftyd sal verdien nie . hoe meer privaat suiwel produkte daar op die rak is hoe beter , My 50 liter n maand wat ek koop sal altyd so ver as moontlik na n besigheid toe gaan wat die grootste gedeelte in die boer se sak sit ,STERKTE MANNE


butch

2012/07/03 01:36:02 PM

Nee Manfred - dis die probleem - daar is nog nie na gekyk nie - terwyl boere gedurig ge B/S word oor hoe hulle teen laer kostes MOET produseer - watter nonsens


Kleinhandelaar

2012/07/03 03:23:25 PM

Hulle het seker na die totale waarde ketting van melk gekyk. Hulle het seker die SCP model gebruik. Julle boere het seker vergeet van die boete van 40 miljoen wat Clover gekry het. Moet ons dit nie ook met DairyBell deon nie. Ons gee DairyBell n boete.


Kuyvenhoven

2012/07/03 03:32:28 PM

In typical SCP fashion, they argue that concentration leads to high prices, inefficiency, and income maldistribution from consumers to producers. Moreover, this maldistribution has greater political implications in South Africa than elsewhere, since most consumers are black and most producers are white. That is why ANC member Albie Sachs (1990, p.167) argued that competition policy is of more importance than nationalization: Blacks have effectively been excluded as significant actors in the spheres of finance, production and services. Backed directly and indirectly by the law, whites have exercised unconscionable degrees of monopoly control; training has been manifestly unfair, and racially-based restrictive practices have abounded...The application of anti-trust legislation (to the major conglomerates)...could in fact have implications more dramatic than a drive towards nationalization. Sachs, A (1990) Protecting rights in a new South Africa, Oxford University Press, Cape Town.


Verbruiker

2012/07/04 08:54:32 AM

Manne, julle moet luister wat Kuyvenhoven se. Lees dit aandagtig deur.


Verbruiker

2012/07/04 08:58:33 AM

En Tina deel trekkers uit!!!! Gee vir haar melk.


Kuyvenhoven

2012/07/04 09:04:57 AM

An official of one of the large food-manufacturing firms, an economist as well as a practical businessman, who has given much attention to the theory of imperfect competition in relation to marketing margins, once said to me, “It seems to me that the imperfect-competition theorists are out of touch with reality. Take my firm, for instance. Right now we could, and according to theory should, reduce the price of our product. But if we do, many or most of our smaller competitors would be driven out of business. This would increase our long-run control over the market and subject us to greater danger of prosecution by the Competition authorities. If we don't lower our prices, we make more profit, and government gets most of it through income taxes, our smaller competitors are satisfied and don't write to the Competition authorities. What is the answer, from a social viewpoint and from my own firm's best long-run interests? Frankly, I don't know, and I don't believe you will find the answer in any book on imperfect competition!”


dairy belle produsent

2012/07/04 11:55:06 AM

Ons kan ongelukkig nie teen hierdie pryse melk produseer nie.Miskien moet hulle dit maar n kriminele oortreding maak om melk in S.A. te produseer en ons almal in die tronk gooi wanneer jy dit waag. Ons is ten minste aan n tronk lewe gewoond.Die regering sal nooit opkomende boere hier kan vestig nie as kommersiele produsente met 30 jaar se ondervinding dit nie eers kan maak nie


Manfred

2012/07/04 03:20:12 PM

@Butch. Ons moet rerig 'n studie doen oor die waarde ketting van melk produksie. Ek is huidiglik 'n landbou student, en ek weet die RPO is besig om 'n studie te doen oor die waardeketting van die rooivleis bedryf. Ons in landbou kort sterk jong leierskap in landbou. Hier is iets wat julle dalk interessant kan vind wat die FAO(Food and Agriculture organistion) vandag ''gepost'' het: DID YOU KNOW? Meat consumption is projected to rise nearly 73 percent by 2050, while dairy consumption will grow 58 percent. A new FAO-led partnership with WWF and others is looking to improve how the livestock industry's impact on the environment is measured and assessed globally: http://bit.ly/LYhb12 ©FAO/Giulio Napolitano Dit laat produsente nogals wonder hoekom pryse verlaag word as die vraag na die produkte aanhou styg en sal bly styg. Groete


Hendrik

2012/07/04 03:24:02 PM

DB steel van die produsente, by ons plaaslike winkel kos 'n 2lt DB melk R23-95 wat is die Boer se deel van die R23-95 ? Dit is tyd dat die melkboere hulle eie heil uitwerk,geen produsent kan 'n prysnemer wees nie.Maak 'n ander plan en vat julle melk weg by DB en sink hulle,want as julle dit nie doen nie gaan hulle dit met julle doen! Hoeveel klein produsente 50-100koeie is oor in die bedryf,maatskapye soos DB het hulle gesink.Hulle is arogant en dink hulle is onaantasbaar!!!!!


Anoniem

2012/07/04 06:09:29 PM

Dit is so kliener melkboere gaan nou vinniger die melkbedryf begin verlaat. 3 jaar gelede het ek 100 koeie gemelk. Om te oorlrrf na vorige prysverlagings 3 jaar gelede van 45c vir 5 maande lank moes eknoodwendig koeie begin verkoop om te oorleef. Ek sal nou moet ophou want teen die huidige pryse sonder verlagings moet ek nou 2 koeie per maand verkoop om nog aan te kan gaan. Melk was die enigste inkomste maar ek sal nou na ander opsies as boerdery moet begin kyk. Inteendeel ek probeer al geruime tyd, maar as boer gee maar banke gee nie finansiering vir uitbreiding en al het jy watse ondervinding as blanke sal jy geen werk kry nie.


Ineke

2012/07/04 07:32:23 PM

Kuyvenhoven, u maak gebruik van baie teorieë. Hier gaan dit oor kontrakte tusse DB en melkboer waarin gestipuleer is dat melkverwante pryse uitbetaal sal word. Melkboere sonder kontrakte is altyd vooraf in kennis gestel van melkprys veranderings as gevolg van markskommelinge.Ek weet net van een nie markverwante drastiese prysverlaging ong 5 jaar gelede waarop dieselfde mnr Nick Wenzel blykbaar ook aansienlike invloed gehad het. Die man het sy merk gemaak


Henri

2012/07/05 11:32:53 AM

Al wat ek kan voorstel is dat die melkboere die produksie verder vat tot by die eindproduk naamlik - Melk in bottel tot by cafee, botter, kaas, joghurt ens - En boere kan dit gesametlik doen 2/3 of meer boer kan aan n besigheids plan werk om te sien of dit kan werk.Die sitrusboer sit hul eie verpakking aanlegte op. Goeie beplanning en deusettings vermoe. Werk slim. Sterkte.


Kuyvenhoven

2012/07/05 12:43:25 PM

Ineke--Obviously, if we hope to do something as a way to increase the farmers' share of the food rand, we must look to the segments of marketing where substantial proportions of the total spread are incurred. Here, the best established principle of both economics and physiology applies: you can't squeeze blood out of a turnip! Many marketing economists agree with this and are doing something about it. But it is not always easy to gain support for such work from farmers, agricultural organizations, and institutional administrators who think of marketing in terms of the farmer's contracts with the marketing system and not in terms of the facts about marketing costs.


Kuyvenhoven

2012/07/05 12:54:35 PM

Theoretically, Dairy Bell wants to please the retailer and retain his trade, to an extent that he will give the retailer the advantage of special purchases made at low prices and generally make it unnecessary for him to “shop around.” The retailer, for his part, is expected to reward this service by purchasing all of his requirements from Dairy Bell.


Charles

2012/07/05 01:41:32 PM

Theoretically, Dairy Bell wants to please the retailer and retain his trade, to an extent that he will give the retailer the advantage of special purchases made at low prices and generally make it unnecessary for him to “shop around.” The retailer, for his part, is expected to reward this service by purchasing all of his requirements from Dairy Bell.


Ineke

2012/07/05 04:20:39 PM

Bemarkingskoste asook melkaankoop koste is vir elke melkverspreider deel van die pakket.Die enigste verskil kan die kwaliteit van interne bedryfsvoering wees. DB het vir sy finansiele dillema die maklikste metode gekies - aankoop pryse af,verkoop pryse op. Van die aankopers het agv die drasties verhoogde pryse ook probleme om kontrakte met hulle kliente na te kom.Dit mag DB loon om by sy melkverskaffers te kom kers opsteek hoe om die maksimum uitsette met die minimum insette te verkry


dairy belle produsent

2012/07/05 05:12:15 PM

DB het hierdie week reeds 85000 l/p/d vanaf produsente in die Kaap verloor , en in die Vrystaat het hulle 20000 l/p/d verloor. In gauteng is daar n verdere 35000 l/p/d wat hulle binne die volgende paar dae kan verloor.Ek verstaan dat hulle DB wil verkoop , wonder net wie koop fabrieke sonder grondstowwe.


Koos

2012/08/07 05:26:27 PM

ek weet van n boere wat sy vee arts rekening met duisende rande afgebring,geen vrektes meer het met borsluisgalkoors,wat sy vastestowwe onmiddelik verhoog het,Antibiotika omtrent heeltemaal uitgeskakel het.Gebruik geen verdere buffers.Produksie op eerste laktasie beeste 25 lieter.En nog baie ,Maw is dit nie waarna julle moet kyk nie.Dit alles het hy vermag met die gebruik van diatome.as julle soek vir Goedkoop diatome in die weskaap,my selnr is 0767195717


Kuyvenhoven

2012/08/11 04:35:57 PM

The explanation of declining producer share is more straightforward- processing, marketing and distribution costs, incurred in consuming countries, have tended to increase over time while production costs at origin have declined.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights