Deur HANNES SCHRENK
31 Mei 2012

1065 keer gelees | 4 kommentaar

Ek wil graag ’n voorstel maak wat moontlik kan help om ongediertes onder beheer te hou.


Ek het met konyne geboer. Dit is nie baie moeilik nie en hulle teel maklik aan.

As skaapboere (soos ek) met konyne kan boer, kan hulle die konyne in die veld los waar jakkalse en rooikatte gewoonlik loop, sodat dit ’n maklike prooi vir roofdiere kan wees.

Dit is dalk maklik vir ’n jakkals om ’n lam te vang, maar as jakkals se kind sien hier is iets wat in sy natuurlike omgewing voorkom, los hy dalk die lammers. Ek het gesien hoe maklik vang ’n jakkals ’n haas en konyne is nie so vinnig nie.

Konynboere kan dan ook sake doen met boere wat konyne wil gebruik.

Werkers eet ook graag konyne en dit is gesonde vleis om te braai.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Martin

2012/06/01 10:28:01 PM

Weet nie of dit werklike oplossing kan wees nie. oe gaan jy weet as jy gister n konyn vry gelaat het dat hy wel gevang is, jammer ou maat maar ek dink dat jou konyn boerdery jou skaap boedery gaan vervang sonder dat jy dit beplan het !


Izak Badenhorst

2012/06/03 02:02:50 PM

Hannes my persoonlike sienning is dat ons alreeds die jakkalse laat vermeerder omdat ons vir hulle maklike prooi in die vorm van weerlose lammers in die natuur plaas. Nog makliker prooi op die skinkbord sal die probleem net verder vererger.


Frans Marais

2012/07/03 08:24:58 PM

Kan iemand help? Soos ek verstaan vreet die jakkalse en rooikatte jaarliks kleivee van boere ter waarde van R 1,4 miljard op. Tot hede is daar nog nie goeie werkbare metodes gevind om die skade wat hierdie roofdiere veroorsaak binne perke te bring nie, Hier kom Hannes Schrenk met 'n voorstel wat na my mening, met aanpassings, uistekende meriete kan inhou om 'n bydrae te lewer om die probleem te bekamp. Ek wil graag weet hoe is dit moontlik dat met so 'n enorme probleem daar uit 200 lesers slegs 2 kommentare is en albei is negatief en skiet die voorstel summier af?


chris

2012/07/25 06:00:27 PM

Kon werk as konyne toksies was.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights