Deur JAN MEYER
31 Mei 2012

953 keer gelees | 1 kommentaar

Dit lyk vir my asof die verbruiker en die boer prysnemers is en dat die waardeketting ons melk – blaaskans is maar min.


Dié gegewens is gegrond op Landbouweekblad van 16 Maart. Die prys wat ’n boer vir ’n liter melk kry, is R3,50, maar dieselfde liter melk kos R11 plus in die kleinhandel. Vir lamsvleis kry die boer R47/kg teenoor R70/kg in die winkel. Die prys van ’n sekere model trekker is R468 000, teenoor sowat £30 000 (ongeveer R370 000) in Engeland. ’n Klein Chinese trekker is ook heelwat goedkoper in Australië as plaaslik.

So kan ’n mens maar voortborduur oor die internet- en elektrisiteitstariewe as gevolg van ’n kleiner vraag en ook voertuigpryse. As prysnemers draai ons die sente om om te sien dat die waardeketting met die rande wegstap.

Ek beskou die Regering as deel van die waardeketting. Dit is omdat die staat moet toesien dat die politieke klimaat, die funksionering van dienste, en die skep en onderhoud van infrastruktuur produsente in staat moet stel om die ekonomie uit te bou.

Die Chinese regering kry dit op die oomblik reg om sy ekonomie wesenlik uit te bou. Die Chinese se werksetiek lê ook op ’n ander vlak. Ons vakbonde kan maar gaan kyk hoe hulle vrugtebloeisels bestuif omdat die bye gevrek het. “The bees demand because there are no bees.”

Sedert 1971 het die taakmag in die fabriek waar ek gewerk het van 600 afgeneem tot 60 in die een fabriek, en die ander fabriek se taakmag van 350 tot nul.

Die politiek en ekonomie besin oor werkskepping, invoer- en uitvoerpariteit, infrastruktuur, belasting, tolstelsels, omset en waardetoevoeging. Laasgenoemde is gesentreer in die SAID en die waardeketting.

Dit laat my dink aan die besturende direkteur van ’n groot voedselreus wat gal kon braak oor die boere wat wou inmeng met die vryemarkstelsel om ’n eenkanaalstelsel daar te stel, die Mededingingskommissie wat kartelle blootgelê het en die boete wat toe aan die staatskas gegee is.

Moraliteit lê net so ver as jou sak en jou vermoë as regering om dit vrugteloos te bestee net sodat jy weer verkies kan word. Vir baie mense klink dit seker Grieks, veral as dit by die punt kom wat eintlik sê jy is besig om ’n bankrot stelsel te baar.

Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste winsgrense in die Westerse wêreld. Dit laat ’n mens wonder hoekom buitelandse maatskappye ’n oog vir plaaslike aandeelhouding het.

Dit is hoog tyd dat die produsent en die verbruiker met kruksmeting (benchmarking) agter die kap van die byl kom en groepsdruk uitoefen.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


onbekend

2012/05/31 03:53:04 PM

So bek moet jam kry!!!!!!!!!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights