2 Augustus 2012

913 keer gelees | 9 kommentaar

’n Oudit oor grondbesit is die vermiste skakel vir grondhervorming, sê Agri SA. Het dié organisasie voete gesleep met die opstel van só ’n oudit?


Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het op Vrystaat Landbou se kongres gesê die gebrek aan ’n behoorlike grondoudit is die vermiste skakel vir die oplos van probleme rondom die grondkwessie. “Daarsonder weet ons nie in watter rigting om te beplan nie, want ons weet nie hoeveel grond al oorgedra is nie.”

Het die organisasie voete gesleep met die opstel van die oudit, of nie? Praat saam.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Louise Beetge

2012/08/03 10:48:31 AM

Ek het reeds in 2004 n sinvolle voorstel aan AgriSA gedoen.............


FRANS CILLIERS

2012/08/03 11:31:00 AM

Agri SA moet al lankal 'n verslag aan die regering en ook aan alle ander betrokkenes gedoen het. As hulle (die regering) dan die verslag in twyfel trek kan hulle iets daaraan doen om die teendeel te bewys dan dwing dit hulle om 'n verslag te doen


mkruger

2012/08/03 01:41:58 PM

Net soos Louise het ek al meer as een maal voorgestel dat die organisasies self so register moet saamstel. As ek egter na die styging in die grondpryse kyk en die organisasie se onbetrokkenheid dan begin ek al hoe meer dink daar sit iets agter hulle onbetrokkenheid. Hier is vir jou 'n "samesweringsteorie"(conspiracy theory): Terwyl baie in vrees geleef het oor die toekoms van grond en verkoop het, het van ons rykes bygkoop en toegetree tot die mark. Wat het hulle geweet wat die man op die straat nie geweet het nie. Was die organisasies nie maar nog al die jare onder beheer van ons ryk broederbond ooms nie ? ....en iemand het gese die bond bestaan nie meer nie. Punt is: Die manne is te slim om so "dom" op te tree so daar moet iets anders daaragter sit.


Louise Beetge

2012/08/03 01:53:07 PM

Mnr Hans van der Merwe ek verneem graag van u


Theuns

2012/08/03 07:39:01 PM

AGRISA is belaglik om op die regering te wag! Doen dit self as julle ernstig is! maklik>>> of is daar ander redes waarom hull ewil voortploeter? wat van die boere se belange wat nie deur AGRISA s onvevoedde leiers beskerm word nie? Kerm is nie die antwoord nie Johannes! dIE STRATEGIE HET REEDS JARE MISLUK EN PAS DEI REGERING SOOS 'N HANDSKOEN MET JOU VOORSPELBAARHEID. Sit feite op die tafel nie jou emosie wat onbeheersd is nie....


Rinus fourie

2012/08/18 03:40:14 PM

Ek is besig met n project in die pongola distrik my hart word so seer om te sien hoe grond vermors word waar daar sukses geboer kan word en die mense vra grond hy is net bekomerd oor sy mielies en vyf beeste na dat ek met een van die mense gepraat het se hy hy het maar 85 sakke mielies geproduseer so hnger snoot is ons voor land die regering moet hul ooe oop maak en nie net grond weg gee nie hou die mense. Daar met kennis Rinus Fourie


Willem Cillie

2012/08/22 08:58:13 AM

Al die slim mense doen 'n grond oudit. Kyk watter grond aan wit en watter grond aan swart mense behoort. Kan iemand vir ons 'n definisie gee, een wat in 'n hof staande sal bly, van wie is wit en wie is swart. Hierdie definisie is in 1986 saam met die rasklassifikasiewet geskrap. As daar geen definisie is nie, hoe doen hierdie geleerdes hulle werk? Wie will hulle om die bos lei? Dit klink my na tyd en geld mors.


sid

2012/09/05 02:21:37 PM

Stem saam. Soos meeste boere weet ons as jy wil he iets moet gebeur, doen dit self. Ons kan nie soos die res van die land die heeltyd kla en kerm dat die regering moet dit en dat nie. Klim in , doen die oudit self. Ten minste is ons dan eerste om 'n stuk papier op die tafel te sit, wat nie gedokter is deur die regerings spin dokters nie. Die regering kan dan miskien die hoender boudjies neersit in die Mercedes se asbakkie, die blou ligte aansit, en vir hulle self gaan uitvind wat die werklike wit en swart , swart op wit, grond besit situasie is.


hanret

2012/09/10 11:20:37 AM

Ek stem saam dat Agri SA nou maar eerder self inspring en 'n grondoudit saamstel. Ek bly en boer in Noordwes en in 'n radius van sowat 20km is hervestigings-projekte begin. Die projekte WAS lewensvatbaar maar is na die eerste jaar of twee deur die bevoordeelde betrokkenes laat vaar. Geen instandhouding. Geen herinvestering. Geen belangstelling. Groentetonnels met toerusting uit die boonste rakke is wind verwaaid, onkruid neem oor en doen mens navraag kan niemand 'n antwoord gee oor wie by die "projek" betrokke is of dan die bestuur daarvan behartig nie. Die ander hervestigde gemeenskap boer langs die paaie met hul vee. Kamtig op veilings gekoop. Die boere in die distrik se vee word gesteel en groot kuddes word so opgebou. Die "hervestigde" diere is maer, verwaarloos en duidelik word GEEN immunisasieprogram gevolg nie. Die polisie is blykbaar ook nie lus om gesteelde vee in die gebiede op te spoor nie. Laastens: hou op om produktiewe landbougrond om te sit ter wille van hervestiging. Derduisende hektare grond wat in staatsbesit is behoort eerder vir hervestiging ingespan word. So kan SA sy landbougrond uitbrei terwyl myne en wie weet wat alles besig is om kosproduksiegrond in te sluk.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights