Deur PETRUS ROUX
31 Mei 2012

499 keer gelees | 2 kommentaar

Waarheen is die ANC op pad met Suid-Afrika?


Aan die een kant word gepraat van nasiebou en hoor ’n mens daar word nog soms van ’n Reënboognasie gepraat.

Daar is nou ewe vroom bekend gemaak dat die Regering die Voortrekkermonument tot ’n Historiese Erfenisgebied gaan verklaar. Dit moes al jare terug gedoen gewees het.

Dink die ANC dit gaan die wit mense van die land paai terwyl daar openlik gesê word dat die wittes alles in die land gesteel het en geen aanspraak kan maak op enige grond nie? As die Regering nie iets drasties gaan doen om hierdie totale wanpersepsie die nek om te draai nie, gaan plaasmoorde tragiese afmetings aanneem. Skurke sal boere aanval en vermoor en dink hulle doen die land ’n guns. Hulle sal meen dat hulle ’n misdadiger doodgemaak het en eintlik iets goeds gedoen het. Waar gaan dit eindig?

As dié persepsie en die hele kwessie van reg op grond nie vinnig en omsigtig gehanteer gaan word nie, sal daar in Suid-Afrika nooit rus en vrede kom nie. Daar sal ook nie sprake wees van ’n verenigde nasie nie en die ANC sal in die proses verswelg word.

Die tyd is vinnig besig om uit te loop vir paai aan die een kant en wilde uitsprake om stemme te werf aan die ander kant. Hier kan ’n vuur ontketen word wat hierdie land in ’n tragedie kan dompel.

Die tyd om mense teen mekaar af te speel is verby.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van Blerk

2012/06/01 02:29:11 PM

Petrus - ongelukkig is die anc op die verkeerde pad met rsa - die anc val die regstelsel aan en dis die gevaarlikste bedreiging deur enige regering. St Augustinus het baie jare reeds gese" Neem die regspleging weg, en wat is koninkryke anders as bendes misdadigers op groot skaal" Dis reeds hier aan die gebeur. Ons uitdaging is net - hoe lank gaan ons dit nog toelaat?


Dirk

2012/06/02 08:12:46 PM

As jy n persoon beskuldig word van diefstal en die beskuldige wend geen poging aan om jouself te verdedig nie dan sal daar meer aantuigings gemaak word. Dit help nie jy kla nie. As jy nie n kaartjie het om die Loto te vang nie, moet nie kla as jy hom gevang het nie!!! WAAR IS HULLE WAT DAAR DIE SE MOET SE???? As jy nie beplan nie gaan jy nie oes nie

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights