Vir party ouens is alles gewoonlik n foefie hoekom ondersoek julle dit nie self nie,maar jy sit en skiet sommer enige idee af nog voordat jy dit gesien het. Net een voorbeeld,dink n bietjie aan die volgende,daar word bv miljoene "free range eiers per dag aan supermarkte, bv Woolworth,Pick n Pay,Chechers,Spar ens deur Suid Afrikanse boere met sorg en trots gelewer.Party van ons hou daarvan om met organiese produkte te boer.Ons is eerlik en opreg met alles wat ons doen, en ek kan waarborg indien jou produk nie 100% op standaard is nie, sal hierdie groot Supermarkte jou produk nie eers by hulle hekke laat inkom nie.Maar kom ek wet jou,jou ou vroutjie koop al haar ou groente,eiers,ens by hierdie Supermarkte ek wonder hoekom, seker maar omdat hulle so gesond en sonder chemiese gifstowwe is vir my man en die kinders is.Met die gedagte kan ons vir Landbouweekblad vra om n ondersoek te doen oor hoeveel ander plaas produkte word daaglik op n organiese wyse verbou vir groot markte, bv organiese Wynbou,Hoendermark,Karooskape,Groentemarkte,wil julle vir ons se dit is n klein bedryf,julle voel seker nie lekker nie.Moenie omdat jy n beperkte kennis van die soort boerdery en sy verskillende vertakkinge het dink ons is almal soos jy nie, gaan ondersoek dit self as jy nie weet hoe nie skakel met my dan kan jy sommer leer, wat is harde werk ek glo nie jy dra baie kennis daarvan nie.Nee jong jy het nou n klomp van ons hardwerkende boere vies gemaak,ons het nie almal plase met alles op geerf nie.