Deur CORLI VAN DER MERWE
8 Augustus 2012

1181 keer gelees | 11 kommentaar

Die landboutoep is amper ’n jaar oud en ons wil graag weet wat jy van hom dink. Praat hier saam met ons oor die toep.


Landbouweekblad se landboutoep is al vir amper ’n jaar lank beskikbaar en het reeds verskeie opgraderings ondergaan.
 
Dié toep, die eerste in sy soort in die landbouwêreld, is deur die Touchlab-span verbonde aan Media24 ontwikkel in oorleg met die span van Landbouweekblad. Die toep is in September verlede jaar beskikbaar gestel op die iPad en is sedertdien amper 5 000 keer afgelaai.

Die afgelope paar opgraderings het daarop gefokus om nuwe funksies van Landbou.com se produkte by die toep in te sluit. Van dié produkte is die webwerwe BoerSoek, Geklassifiseerde Advertensies en die Vra die Kundiges-afdeling van Landbou.com. Die spoed van die toep is ook aansienlik verbeter.
 
Die ontwikkeling van die toep gaan steeds voort en die behoeftes van gebruikers bepaal hoe die toep ontwikkel sal word. Onder gebruikers van die toep tel die skrywer Deon Meyer, die sakeman Johann Rupert en die landbou-ekonoom Johan Willemse.

Indien jy die toep gebruik, wil ons graag weet of jy ’n herverpakte iPhone-weergawe of dalk ’n Android-weergawe sal wil gebruik? Watter funksie van die toep gebruik jy die meeste en waar dink jy kan dit verbeter word? Lewer hier onder kommentaar of stuur ’n e-pos na cornelia.vdmerwe@landbou.com.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Roobie

2012/08/10 09:24:03 AM

I am an avid reader of the Lanbouweekblad. There is no Android APP for us and i think you will fined there are more android tabs in the market than Ipads. Would be great if you could get an android APP for us. thanks.


JVDW

2012/08/10 05:44:57 PM

Stem saam met Roobie: n Android weergawe sal gaaf wees. Vir tablette & slimfone!


Charles

2012/08/13 02:44:24 PM

Dit werk nie op my Ipad2 nie. Dit bly net oop vir omtrent 10sek dan maak dit vanself toe.


corlivdm

2012/08/13 03:27:44 PM

Charles, stuur asb 'n e-pos met jou kontakbesonderhede en noem jy het probleme met jou app, na ilze@touchlab.co.za. Sy sal jou kontak en help. Groete, Corli.


Matthys

2012/08/13 05:20:38 PM

Net soos die Anroid mense verstaan ek ook nie hoekom daar nie 'n app vir die iPhone is nie??? ek dra eerder 'n foon in my sak as 'n tab.


Niel

2012/08/15 06:13:59 AM

Android weergawe moet kom asb.


johan

2012/08/15 03:27:54 PM

Goeie dag, het julle al n android "toep"


Gerdie Landma

2012/08/17 10:14:35 PM

Hi Corli en Touchlab Span, Ek het onlangs 4 uur in vliegtuig na Kenia gevlieg. Dit was lekker om ouer artikels te gaan lees... Dus is die Landbou Toep vir my 'n naslaan bron van kennis. Amper soos 'n Lanbou Google - ek onthou ek het iewers iets oor 'n onderwerp in LBW gelees - dan gaan soek ek dit. Doet so voort...!


Charl Oosthuizen

2012/08/19 05:22:59 PM

'n Android toep asseblief!!!! Ek dink daar is baie mens wat hierdie bedryf stesel het wat graag ook Lanbouweekblad se toepassings sal gebruik


Louis van der Vyver

2012/11/11 05:09:07 PM

Ek is ook 'n androide gebruiker en dit pla dat ten spyte van al bg. versoeke vir 'n toep daar nog geen reaksie daarop was nie.


corlivdm

2012/11/15 11:17:13 AM

Hallo julle. Hoewel daar beslis 'n aanvraag is vir 'n Android-toep, is ons nog nie aan die werk aan een nie. Die toep word verniet aan lesers beskikbaar gestel maar omdat ontwikkeling daarvoor baie geld kos, kan ons ongelukkig nie dadelik voortgaan daarmee nie. Dit is wel in ons beplanning. Ons hulle julle op hoogte. Groete.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights