Deur CORLI VAN DER MERWE
20 Augustus 2012

2704 keer gelees | 38 kommentaar

Wat dink jy van rodeo as sport? Dink jy dit is ‘n wrede sportsoort of dink jy dit doen nie kwaad nie?


Die eerste amptelike rodeokompetisie in die Wes-Kaap is in Oktober 2011 op Malmesbury se landbouskouterrein gehou. Dié rodeo het ruiters van Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en selfs Namibië gelok met die bulrykompetisie vir professionele mansruiters wat die hoogtepunt was.

Terwyl sommiges die geleentheid geniet het, het daar ook kritiek uit sommige oorde oor die sport gekom met sommige diereliefhebbers wat die sport as barbaars uitkryt.

Wat dink jy van rodeo as sport? Dink jy dit is ‘n wrede sportsoort of kan jy nie sien waaroor die bohaai nou eintlik gaan nie?

Kyk hier na ‘n video wat tydens die kompetisie op Malmesbury geneem is en laat weet ons wat jy dink deur hier onder kommentaar te lewer of ‘n e-pos te stuur na cornelia.vdmerwe@landbou.com.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/08/20 11:18:04 AM

dis kan hoegenaamd nie as wreed of barbaars beskou word - dan moet osee wat heeldag voor kar trek en werk ook barbaars wees - od perde wat wingerde ploeg - barbaars is waar bulle met skerp voorwerpe doodgesteek word en die hele sport event in 'n bloedige slagting ontaard - laasgenoemde se tyd is inderdaad besig om uit loop - ekstreme marteling van die die dier - rodeo - die bullrider is gewoonlik die een wat 2de kom - nie die bul - die argument dat hierdie wreed is, is so onsinnig dat dit nie bespreking kan regverdig - geen bul kry ooit seer !


Ina

2012/08/20 12:08:48 PM

Ek dink dis baie wreed want sover ek verstaan word iets om die bees se geslagsdele vasgemaak wat hom die heeltyd seermaak.


Piet

2012/08/20 02:29:57 PM

Ek dink dit hang af hoe die rodeo plaasvind. As 'n mens nie versigtig is nie kan die diere beslis seerkry. Maar tog, is daar nie ander sportsoorte wat jy maar eerder aan kan deelneem nie?


Chevon

2012/08/21 08:11:51 AM

Ek sien geen skade an die sport nie,dan moet perde sport ook barbaar wees rodeo is glad nie wreed nie.


Gerhard

2012/08/21 09:43:24 AM

Ina, jou bron is verkeerd. Die bul word geensins seer gemaak nie


butch

2012/08/21 02:08:55 PM

Ina , as ek 'n bul was en hulle het dit met my gedoen, sou ek gebyt het ook !!


ed

2012/08/21 05:34:24 PM

Op 'n bul se rug is jy as mens die bedreigde spesie.


Andre

2012/08/21 09:38:41 PM

Ek dink ek sal REGTIG mense vermoor wat diere mishandel. Dit klink miskien wreed - as jagters of mense wat diere mishandel sterf in die proses "verheug" dit my. Watter kans het 'n dier teen 'n 30-06 of enige jaggeweer- NIL MAAR, rodeo blyk op die oog-af geen diere as sulks te beseer nie - inteendeel die gelykmatige risiko hieraan verbonde stem my gelukkig. Die persoon wat bereid is om die risiko te loop doen so, een-teen-een teen die bul/perd. Die een het nie werklik 'n voordeel bo die ander - derhalwe, Meneer, moenie huil as jy seerkry nie. Bul: doen jou ding.


butch

2012/08/22 09:23:16 AM

Ek stem saam Andre - die grootste gedeelte van die wereld verafsky deesdae dieremishandeling - maar o m 'n 30-06 vir vleisdoeleindes te gebruik is dalk nie so afkeuringswaardig - alle die word gedood vir slag - by die rodeo is die rider net veel meer blootgestel aan gevaar as die bul - kyk maar as die rider af is ' is die bul veel rustiger - die grootste mishandelings le by stiergevegte in spanje ens.


BA

2012/08/23 08:46:56 AM

There is no excuse for abuse, and I fail to see how rodeo can even be considered a 'sport'. The injuries the animals sustain is unacceptable - and I'm not just talking about the obvious injuries like broken legs and necks. Long-term suffering from muscle, ligament and tendon injuries must abound in the miserable lives these animals endure before they end up at the slaughterhouse as a 'thank you' for the 'entertainment' they have provided. Anybody who participates in rodeo, either as an active participant or spectator, should be ashamed of themselves.


LvA

2012/08/23 09:00:01 AM

WREED en barbaars ... onaanvaarbaar !! Ek voel jammer vir mans wat diere en dan nog kalfies ook, moet seermaak om hom te laat goed voel oor homself ! Gaan sien 'n sielkundige as jy aan 'n minderwaardigehids kompleks lei.


Celeste

2012/08/23 09:04:20 AM

Definately NOT a sport! Animals both bulls and horss have been badly injured and some have had to be euthanazed due to injuries.


Mary

2012/08/23 09:53:06 AM

Rodeo is beslis nie 'n sport volgens die definisie van die woord nie. Dit is gegrond op die manier waarop vroeërdae perde ingebreek is, 'n manier wat al lankal aanvaar is om nodeloos wreed en troumaties vir die dier te wees en nie meer deur beskaafde mense toegepas word nie. Om dit as 'sport' te beoefen is dieselfde as om trofee-jag goed te praat - dit het geen doel anders as om die manlike ego te streel nie. Ek wil nie eers praat oor die 'ry' van bulle nie, dit is bloot belaglik.


leani

2012/08/23 10:56:16 AM

Ek dink dit is n egosintriese sport wat manne lok met klein-mannetjie-sindroom. Daar is beslis mishandeling in ander sport soorte, maar aangesien rodeo ter sprake is, moet mens kyk na die aspekte van rodeo. Die bulle en perde beleef BESLIS pyn, ongemak en vrees sodra die 'shoot' oopgaan en die 'bucking strap' vas gegordel word. Ek gee nie om hoe goed die diere versorg word voor of na die tyd nie, tydens die 5min in die arena, is dit vir hul loutere hel! Diere word ongelukkig aangehou vir die mens se plesier en moet doen wat ons as mens van hom verwag. Dus is daar baie diere sporte wat beslis die deure oopmaak vir mishandeling. Maar geen ander diere sport se doel is om die dier pyn en vrees te laat beleef op aanvraag nie! As daar mishandeling plaasvind, is dit uit onkunde of individuele keuses, en nie die basis van bestaan vir die sport nie. Dus is rodeo (die ry van bulle / perde asook die arme kalfies wat 'gerope' word) uiters wreed en barbaars! Ek het geen probleem met dromresies, paalvleg ens nie, wat ook met rodeo geassosieer word. Dit is weer n ander tipe sport met individuele eienaars, en kan baie pret wees. Maar niemand sal my kan getuig dat n 'bucking strap' wat span en sny in die lieste van die dier en drukking op die niere sit nie wreed is nie!!


Rebecca

2012/08/23 11:24:16 AM

Rodeo is NOT a sport! It is thinly legal way of brutalising animals for the pleasure of a few sadistic individuals. After a rodeo, these animals are so damaged, even slaughterhouses won't accept them as the meat cannot be sold. A BARBARIC practice that should be outlawed as a priority! Pretty much about as distasteful and cruel as dog fighting. Anyone who condones this inhumane treatment of animals is a guilty as the perpetrators.


Pierre

2012/08/23 11:28:39 AM

Rodeo is, weereens die mens wat sy wil af forseer op onskuldige diere, deur leerbande styf en ongemaklik oor die dier se lieste te span sodat hy moet "bokspring". Dit alles om die ruiters soos "helde" te laat lyk voor toeskouers! Die organiseerder van hierdie byeenkoms se intelligensie laat ook veel te wense oor! En hoekom die Amerikaanse vlag? Nee wat, eenvoudige spul hierdie en moet definitief vasgevat word vir dieremishandeling!!


e-rose

2012/08/23 11:44:33 AM

Pateties dat die mens nog in die 20ste eeu hulleself moet vermaak met onskuldige diere. Die diere kry seer en dis 'n feit. Gerhard vergewis jouself van die feite


Pierre

2012/08/23 12:02:39 PM

Julle het darem kennis geneem van my skrywe, en dit help al bietjie! Wou net uitwys dis nie die intelligentses wat hierdie sport be-oefen nie! Ook die kommentaar van hierdie video spreek boekdele!!! Lekker dag.


Ekke

2012/08/23 12:23:57 PM

Ek kan geensins sien dat dit regtig lekker is vir die arme dier nie. Net om die man se ego te streel om te wys hoe goed hy is om so lank op die bul te bly....hoop die bulle maak hulle almal seer dat hulle dit nooit weer kan doen nie


charles vis

2012/08/23 03:53:07 PM

Almal is bekommerd oor BULLE,RENOSTERS ens. Ek stem saam dis alles wreed, so is die hele lewe, eet jy bees,hoender,vis,vark - wat ookal dit het gelewe en is vermoor sodat ons kan eet - die voedselketting - gelukkig is daar nie baie soos IDI AMIN wat mense geeet het nie - Visse is ook diere, Harties en Roodeplaat is n voorbeeld van miljoene visse (diere) wat vermoor word agv rioolwater wat in die dam invloei, niemand doen iets daaraan nie. Slotsom - MENSE op aarde, 99%, is wreedaards en voel vere vir die natuur of hul medemens. Die natuur is wonderlik, dit kan tot huweliksprobleme oplos, as ons net rondkyk - Hier by my is 75 eende/ganse/makoue, kom kyk, die wyfie staan langs die mannetjie en pronk/smeek vir n sp%$ker - Skeisake sal drasties afneem as ons net oplet. As rodeo wreed is dan is alles in die lewe verkeerd.


Nicolene Erasmus

2012/08/23 07:10:29 PM

"The late Dr. C.G. Haber, a veterinarian who spent 30 years as a federal meat inspector, saw many animals from rodeos sold to the slaughterhouses he inspected. He described seeing animals "with 6-8 ribs broken from the spine, and at times puncturing the lungs." Haber saw animals with "as much as 2-3 gallons of free blood accumulated under the detached skin." These injuries occur when animals are thrown in calf-roping events or jumped on by people on horseback during steer wrestling..." Ek dink bogenoemde is die bewyse waarna almal soek. Ware mans hoef nie op bulle te ry om iets te bewys nie!


LT566

2012/08/24 01:32:07 AM

Two wrongs don't make a right. The fact that there are people out there committing rape and murder does not justify everyone else doing the same thing. There are plenty of cruelty-free sports and entertainment options - no need to resort to rodeos. Yes, people get injured too, but they're there by choice. The animals don't have any choice in the matter. Getting enjoyment out of watching animals suffer like that is just plain wrong.


frik van heerden

2012/08/24 06:54:55 AM

wys jou maar net. hier is n klomp drek in ons land wat nie verstaan hoe jy met diere werk nie. daar is geen diere mishandeling in rodeo nie, en sekerlik het die klomp wat so dink glad nie op n plaas groot geword nie. dus soos altyd, as die boere hul self geniet en niemand pla nie, moet daar mos altyd n weter sy neus daar indruk wat hom of haar wil slim hou. die wat so kla, onthou tog volgende keer as jy lekker biltong eet hoe jy gekla het oor mishandeling, verstik dan somer daar aan.


mkruger

2012/08/24 08:31:46 AM

Maw Jag is ook wreed en onaanvaarbaar want die manne toets hulle vernuf en bewys hulle manlikheid op die jagtogte. Het julle al in 'n slagpale gaan kyk hoe lekker geniet die diere dit daar ? Plan A: Kom ons stop jag, rodeo en vleis-eet want dit is alles wreed. Het julle al gesien hoe traumaties is dit as mens 'n skaap skeer. Kom ons hou sommer op wol klere dra. Dan stop ons al die wreengeid. EINDRESULTAAT: Ons het die meer nut vir al die diere nie so kom ons raak sommer ontslae van hulle ook dan bly ons ou mensies alleen op die planeet oor. Alles net vir ons. Ek wil nou nie snaaks wees nie maar ek dink daar is te veel mense op die planeet wat nie werk vir hulle hande het nie en hulle nou met allerhande twak ophou. Ja daar is mense wat spesifiek daarop uitgaan om diere en ander mense te mishandel. Tree op teen hulle


butch

2012/08/24 10:06:34 AM

Ek stem saam met Frik en Martin en aan die "huggers" hierbo - as 'n skaap op my plaas geslag word VIR KOS - hardloop die stadskinders hul vrek teen die mure van paniek oor hierdie wrede moord op die skaap. vrae soos : "foeitog , wat was sy naam ? - gaan sy ma en die res van die trop hom nou nie mis nie ? - hoekom moet die mooiste een nou so vermoor word ? - en die ergste een - hoe het julle hom hier gekry ?- aan al die huggers hierbo - kom werk vir 12 maande op 'n plaas , kom merk diere in drukgang - brand hul met rooiwarm ysters soos vereis deur die wet - dan praat ons weer oor 'n bulletjie se gespringery !


butch

2012/08/24 11:34:05 AM

En verder ten opsigte van wreedheid en mishandeling - vir my is nog veel wreder en onmenslike mishandeling om 'n baba met 'n vuil of nat doek te laat rondloop !! - so- first priorities , first please.


BA

2012/08/25 05:48:17 PM

Frik, I grew up on a farm and have been involved with horses for 27 years - and no, I don't eat meat. One can hardly try to justify the unnecessary stress and injury animals are exposed to in rodeo for the sake of so-called entertainment. There is no excuse for cruelty.


buch se maat

2012/08/27 09:46:55 AM

Ja, ek stem saam met Buch 100 % > Cornelia my maat hoe kan jy vir die publiek kommentaar vra wat die ja-stem laat wen het . Nooi my asb. na jou volgende rodeo .Lewe is lewe of jy n Olifant jag of miere met n blik Doom verongeluk dis dieselfde al jul groen gefeinstes.


Andre

2012/08/28 12:38:15 PM

DIt is barbaars! As mense wil wys hoe sterk en braaf hul is, doen dit dan met mede-kompeteerders, nie met diere nie. Gaan speel in die verkeer en los die diere uit!


yolande

2012/09/09 08:20:47 PM

Rodeo is erg barbaars en wreed en het al in ons land in perde met gebreekte bene ontaard. Al die mense wat so vreeslik opstaan vir die 'sport' (spelfoute en al) moet asb onthou dat meeste reeksmoordenaars ook genot put uit diere seermaak. Ons woon nie meer in 'n era waar ons diere moet uitmartel in die publiek vir verveelde mense om vermaak te voel nie. Kyk maar na Geyerespan, toe 'n merrie se been gebreek is en die dier eers moes lei voor sy uitgesit is. Nee wat, die tipe mense wat hierdie 'sport' beskerm is 'n sosiale kanker wat ons land en sy mense in die middeleeue hou. Terloops Butch, ek woon op 'n plaas en daar is 'n enorme verskil tussen 'n dier slag vir kos en 'n dier wreed uitmartel vir sport.


Koos

2012/09/11 04:40:43 PM

Rodeo Gaan nie oor die sterkste wen nie, dis "n kuns om vir 8 sekondes op 'n bul se rug te sit.daar is geen politiek in bulry nie, jy kan niemand "bribe" nie. vir die oningeligtes, gaan kyk op U Tube na Ty Murray se PBR101, dan sal julle dalk meer verstaan oor die sport.Wat vir my snaaks is is die feit dat al die "slegte" kommentaar altyd deur dieselfde mense gelewer word.


Rooi Karoo Ruiter

2012/09/13 01:14:56 PM

Ek verstaan nie wat is die alewige obsessie met die Amerikaners se manier van doen nie. Ek is 'n plaasmens en kom uit 'n lang lyn boere en niemand in my familie of waarvan ek weet het die nodigheid gesien om bulle te ry nie. Wat is nou so snaaks daaraan om te kyk of jy 'n bul se bok kan sit. Ons het nou al so bietjie verder gevorder en as jy voel jy moet iets se bok sit, kry 'n meganiese bul(jy kan die stel om te bok so lank soos wat jy wil en so rof soos wat jy wil). Die diere wat in Amerika gebruik word vir die doeleindes word spesifiek geteel daarvoor (sterk genoeg gewrigte en rue om die "punch" te kan vat) en hulle word baie mooi versorg, want daar is wetgewing en polisieering wat dinge baie streng dophou. Die probleem wat ek daarmee het is dat die tipe ding in SA nie deur enige iemand gereguleer of beheer word nie. Dit het tot gevolg gehad dat verlede jaar by presies so 'n byeenkoms in die Noordwes 'n perd (wild) opgesaal was en om die lieste vasgegespe en die arme verwilderde perd het haar been gebreek tydens 'n poging om weg te kom van die ding wat haar knel. Daai perd moes uitgesit word en niemand het 'n oog daaroor geknip nie. Al wat ek kan se is, 'n mens se ingesteldheid teenoor diere moet wees om ten alle tye hulle gesondheid en veiligheid voorop te stel. Jy is die een met die redenasie vermoe en die mag in die hand. As die risiko vir besering te hoog is, kan ek nie die sin sien hoekom mens dit wil doen aan die dier nie. Ek ry self perd en dit vat jare om 'n ryperd af te rond. 'n Afgeronde perd sal mooi na sy ruiter kyk en die kans op besering is baie skraal. Die aard van 'n rodeo is egter dat daar 'n verwilderde dier in 'n omheinde kamp rond bokspring, vir my is dit logies dat die risiko aansienlik hoer is. Ons het nie die geskiedenis of agtergrond wat Amerikaanse cowboys het nie, dus gaan dieselfde tradisie wat met 'n rodeo veronderstel is om gepaard te gaan, agter wee bly. Ek twyfel of die mense wat dit hier in SA dryf regtig dit met die dier se welsyn in die oog doen. Dit is maar net nog 'n voorbeeld van die mens se vergrype aan sy eie plesiersoekery. Ten minste hou my perd ook van ons trippies om die plaasheinings om te ry. Hulle kom haal my by die hek en is gewillige venote. Ek wil sien watter bul of rodeo perd is opgewonde om soos 'n besetene rond te spring. Herbivore soos die is bokspring 'n verdedigingsmeganimse, hulle doen dit uit vrees en ongemak, veral soos dit in die SA opset gebeur. Elkeen moet vir homself besluit of diere objekte is wat net vir hulle plesier daar is en of diere ook 'n plek in die son verdien.


Rooi Karoo Ruiter

2012/09/13 01:38:57 PM

Die debat het niks met jag en vleis eet uit te waai nie. En net omdat iemand kan raaksien dat die diere uit vrees en ongemak, selfs pyn doen wat hulle doen vir net die enkele rede om 'n idioot se plesier beteken dit nie hulle is bunnyhuggers nie. Ek eet ook vleis en ons slag self, maar ons doen dit op 'n etiese manier. Ek put geen genot daaruit om 'n dier bevrees en beangs te sien nie. So as jy 'n dier slag maak jy hom so vinnig en effektief moontlik dood. Die bulle en perde wat vir die bokspring afdeling van rodeo gebruik word het egter nie dieselfde luukse nie. Hulle het nie 'n keuse in die saak nie. Enige herbivoor sal veel eerder eet en rus en in vrede gelos wil word. Ander perdesport het verseker ook sy lot egoiste wat net prestasie in hul kop het, maar die regte "horseman" daar buite weet waaroor dit gaan. Ek het 'n band met elke perd en hulle sal enige iets vir my doen omdat ons 'n goeie verhouding het en met die ligste moontlike versoek. So die persoon wat ander perdesport oor dieselfde kam wil skeer as rodeo se bul-en perdesitters(daar is eintlik nie sprake van ry nie) verkondig net hulle onkunde. Vir die gene wat nie regtig kan redeneer nie en die baba met die badwater wil uitgooi om 'n psuedo punt te maak, julle help nie julle saak nie. As die mense wat Rodeo's wil begin laat posvat in SA vir my kan bewys 1)die diere kry glad nie seer nie en geniet hulle werk, 2) dit gaan nie vir hulle oor geld maak en eie gewin nie en 3) dit voeg iets toe tot ons kultuur, dan sal ek my opinie verander. Net so vir die interessantheid: Pat Parelli (amerikaner) het 'n Bul geleer om te skouspring(showjumping, jy weet daai olimpiese sport). Die bul het dit duidelik baie geniet, as 'n mens net dieselfde kan se van rodeo.....


Smithie

2012/09/21 07:58:45 PM

Rodeo's is nie deel van ons kultuur nie. Dit is ook nie gereguleer in Suid Afrika nie. In die VSA is daar organisasies wat dit beheer en daar is reels en standaarde. Hier is dit enige Jaap wat op 'n wilde perd klim vir die fun.Enige ongemak, pyn en leiding wat deur 'n mens aan 'n dier toegedien word vir vermaak is barbaars. Ek beskou Rodeo in dieselfde lig as hondegevegte. Dis barbaars en ONNODIG!!! Daar is geen funksie daar aan nie. Dit dien geen doel nie. Soos hulle in Engels se " Dis unjustified". Geen ware perde liefhebber sal dit goedkeur nie en as jy dink dis okay is jy sommer goed pad af!


EquinePrincess

2012/09/21 08:33:00 PM

Of course Radios are abuse! If we were to put collars on dogs that caused them pain (what a malicious thing to do) and then derive pleasure from watching them struggle against it, we'd be sent to Weskoppies and we'd be locked away for being sadists! In this case the animals being abused are horses and cows, and some how this seems to make it less abusive??? Any practice that intentionally harms an animal (which yes, a rodeo does. What else are bucking straps for) IS animal abuse


wj steenkamp

2012/10/05 11:20:40 AM

Swak ek beskou dit glad nie as n sport nie


Frik Potgieter

2012/10/29 02:17:19 PM

Ek kan nie dink dat die dorpse mense en al die "tree huggers" enigsins iets kan se oor rodeo nie. en wj jy het seker nie sport gedoen op skool nie so jy voel sleg oordat jy nie kon sport doen nie nou wil jy ander mense se plisier gaan bederf.Kom ry almal van julle wat dink dit is mishandel bietjie op my plaas rodeo dan sal ons sien wat se julle daarvan. julle almal is grootbekke en het niks om te doen nie nou wil julle kom slim lyk en maak of julle alles weet oor rodeo.


Jan

2012/11/04 12:56:18 AM

Ek dink daar is 'n paar manne wat te bang is om 'n wilde bul te gaan klim!! As jy rodeo aansien as wreed neem ek aan jy't seker geen idee waar die vleis wat j eet vandaan kom nie!! Die dier wat se vleis jy eet word meer wreed behandel as die rodeo bulle!! Ek sê gun die manne wat dit wil doen dit!! Dis 'n briljante manier vir man en bul om hul testosteroon vlakke teen mekaar te stel!! Ek verstaan eerlik nie wat is julle pyn nie!??

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights