Klik op foto om dit te vergroot

Boklamtyd op Biedouw

Deur Heleen Maass
20 Julie 2017
Klik op foto om dit te vergroot

Dit is Julie-maand. Vakansietyd. Tyd vir die kleinkinders om by Ouma en Oupa te gaan nesskop vir ‘n paar dae vir lekker bederf. Ons almal suiker af in die Ford bakkie met naartjie souse wat by jou mou inkruip en tot by jou elmboog af loop.. Groot afwagting om oupa Joubert se klein boklammetjies te gaan bekyk.
Dit is droog. Woensdag is daar weer Williston toe gery vir nog voer vir die diere. Oupa bly moedig glimlag. Ouma se sjokoladekoek nooi ons elke keer binne as ons oor die kombuisdeur loer.. Ons ouers bly positief en bly glo.. So hier is ons nou.. In die kraal. Ek sien dadelik ‘n lammertjie wat my oog vang. My pa vertel breedvoerig dit is ‘n “agterkleinkind” van “Miss world.” Die naam spreek vanself. Die lammers lyk mooi. WIt en vars teen die kraalmuur. Maar as jy oor die kraalmuur loer sien jy die droë bossies wat verlep vir jou staar
..So my gebed is vir jou Pa Joubert.
Vir jou, ons Biedouw-plaas, jou geboortegrond duskant Wupperthal in die holte van die blouste berge.. Mag dit kom reën waar jou lammers wei.. Sodat jy kan aanhou teel met jou diere. En nog baie “Miss World” ooilammers sal hê.

Hunter op ‘n jagmissie…

Hunter - een van die jonger honde wat sy 'Top Dog' posisie met sy broers, Duke en Spot en een van die ouer lede, Jody, deel. Die hond bewys keer op keer...

Drie geslagte bymekaar

Mnr. Hennie du Preez van die plaas Nooitgedacht, Kroonstad, sy seun, Willie en kleinseun Evert. Me. Julie du Preez het die foto ingestuur. Foto geneem deur...

Al langs die draad af

Sonsondergang is my gunsteling tyd van die dag. Die manier hoe die lig op alles val en goud verkleur. Die lyn drade is goeie voorbeeld van dit.

Koring

John Deere stroper gereed om koring te stroop by Smit boerdery.

Beeste en die Kudu bul

Terwyl ons besig was om die beeste in te bring ..staan hy daar....vir n paar sekondes ..en toe spring hy oor die draad en hol rustig weg

Sien al die foto's