Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Karsten-en-capespan-skik

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Karsten en Capespan skik

 
JOHAN COETSEE

Een van Suid-Afrika se grootste uitvoerders van druiwe, Capespan Grapes, en die land se grootste tafeldruifprodusent, Karsten-boerdery van Kanoneiland, het 'n skikking buite die hof bereik. Dit volg ná 'n kontraktuele geskil oor bemarkings- en handelsregte met sekere internasionale kliënte.

Geen besonderhede van die skikkingsooreenkoms sal bekend gemaak word nie.

Karsten-boerdery het vroeër aangekondig dat hy vrugte, waaronder dadels, druiwe, appels, pere en bessies, in die toekoms self gaan bemark. Gebaseer op 'n bestaande kontrak met Karsten-boerdery, het Capespan Grapes sowat twee weke gelede om 'n hofinterdik aansoek gedoen om die maatskappy daarvan te weerhou om druiwe aan kliënte te verskaf wat nou deur Capespan Grapes bedien word.

Albei partye het die skikking as 'n wen-wen oplossing beskryf omdat hulle voortaan in sekere areas nou sal saamwerk. Elke maatskappy kan ook eie inisiatief ten opsigte van ander marksegmente neem. Die partye stem saam dat hierdie 'n voordelige verhouding tot stand gebring het.

Mnr. Piet Karsten, voorsitter van Karsten-boerdery, meen die skikking sal sy organisasie in staat stel om uitvoer onder die maatskappy se nuwe bemarkingsonderneming, New Vision Fruit, te konsolideer. Hy is tevrede dat die ooreenkoms sy boerdery sal toelaat om beter beheer oor die bemarking van sy produkte uit te oefen.

Karsten-boerdery sal vanjaar meer as 2,5 miljoen kartonhouers druiwe vir uitvoer verpak. Die maatskappy se druiweplase is grotendeels in die Oranjeriviergebied geleë. Die boerdery besit 'n belang van 50 % in Keboes Fruit Farms, Suid-Afrika se grootste druiwe bemagtigingsinisiatief.

Volgens mnr. Marthinus Strauss, besturende direkteur van Capespan Grapes, was dit belangrik vir albei partye dat die ooreenkoms alle verpligtinge eerbiedig en in kliënte se behoeftes voorsien word. "Capespan Grapes is verheug dat die ooreenkoms hiervoor voorsiening maak en dat dit 'n stewige grondslag vir toekomstige besigheid skep."

Capespan Grapes word gesamentlik deur die Capespan-groep en die Cape Grape produsentetrust besit. Die trust bestaan uit sowat 80 druiweboere wat eksklusiewe bemarkingsooreenkomste op langer termyn met Capespan Grapes het. Capespan Grapes hanteer amper 30 % van alle uitvoer van Suid-Afrikaanse druiwe.

26 November 2004

0
 
 
  • 1889 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Babesiosis- Rooiwater
  • Boereworspasta
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction