|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ondanks 'n betekenisvolle groei in die wêreld se katoenverbruik en rekordinvoer deur China, is internasionale pryse tot dusver net 8 % hoër as verlede seisoen.
Die Internasionale Katoenadvieskomitee (ICAC) sê die gemiddelde Cotlook A-indeks ('n aanwyser van internasionale pryse) het van 60 VSA c/lb in Februarie afgeneem tot sowat 55 c/lb in Mei vanjaar. In die 2005/06-seisoen dui dit op 'n gemiddeld van ongeveer 56 VSA c/lb 'n styging van slegs 4 c/lb teenoor die vorige seisoen.
Voorlopige ramings vir die 2006/07-seisoen dui daarop dat die prys tot 69 VSA c/lb kan styg. Katoenproduksie sal na verwagting stabiel bly, terwyl die vraag wêreldwyd na raming met 3 % sal styg tot 'n rekord van 25,7 miljoen ton.
Plaaslik word 'n totale katoenoes in die produksiejaar 2005/06 nou op 95 926 bale vesel beraam. Dit is 5 % minder as die vorige maand se skatting hoofsaaklik weens 'n duplikasie van verwagte ontvangste onder pluismeulenaars. Die oes is ook 12 % kleiner as die vorige seisoen. Dit is hoofsaaklik weens 'n afname in besproeiingshektare sowel as 'n afname in katoenplukselaankope vanuit naburige lande.
Na raming sal 93 651 bale vesel van die plaaslik geproduseerde katoenpluksel verhaal word en die res is aankope deur plaaslike pluismeule vanaf Swaziland.
30 Junie 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24