|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die Regering het 'n span kundiges aangestel om die deregulering van die bemarkingsomgewing te hersien.
Luidens 'n verklaring van die Departement van Landbou het me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, besluit om die deregulering van landboumarkte sewe jaar gelede te hersien. Ingesluit by die hersiening sal onderliggende wetgewing oor landboubemarking ook oorweeg word om te verseker dit steun die bemarkings- en beleidsomgewing.
Die komitee bestaan uit mnr. Mohammed Karaan (voorsitter), dosent in landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch, me. Jean Davidson, 'n boer, dr. Tobias Doyer, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer, prof. Eckart Kassier, afgetrede hoogleraar in landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch, prof. Charles Machete van die Universiteit van Pretoria, mnr. Bigman Maloa, van Limpopo se departement van landbou, dr. Patrick Sokhela, 'n boer, prof. Herman van Schalkwyk, hoogleraar in landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat en prof. Nick Vink, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch.
18 November 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24