|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ondanks humeure wat soms tydens verlede week se vergadering van die Nasionale Probleemdierebeleidskomitee in die Baai opgevlam het, glo waarnemers tog dat daar vordering was rakende die benadering tot die bestuur van roofdiere terwyl biodiversiteit in die natuur behou word.
Prof. H. O. de Waal, wat verbonde is aan die African Large Predator Research Unit (ALPRU) van die Departement Vee-, Wild en Weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat en 'n studie oor die problematiek en omvang van probleemdiere doen, het aan Landbouweekblad gesê dat hy bemoedig is deur die breë basis van ooreenstemming wat tydens die vergadering bereik is.
"Hoewel dit moeilik is om met 'n vergadering van dié grootte en samestelling in 'n bepaalde rigting te beweeg, en 'n kleiner werkgroep dalk meer konstruktiewe voorstelle op die tafel sou kon plaas, was daar tog vordering oor hoe roofdierbestuur tot bevrediging van die verskillende belangegroepe toegepas kan word. Die doelwit moet nou wees om die skade binne die volgende jaar of twee met minstens 30% te laat afneem."
24 Maart 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24