31 Mei 2012

1396 keer gelees | 2 kommentaar

Landbouweekblad en Sanlam se sewende Landbouvroue-entrepreneurskompetisie het begin.


As jou onderneming ook die knyptang van die huidige ekonomiese klimaat voel, behoort die eerste prys van R65 000 as 'n aanloklike aansporing te dien om sommer dadelik jou inskrywingsvorm te voltooi.

Enige vrou wat 'n onderneming op die platteland bedryf, word genooi om in te skryf. As jy ook 'n meerderheidsaandeel (50 % plus een aandeel) in dié onderneming besit en jou onderneming aan alle regsvereistes beantwoord, voldoen jy aan die vereistes om deel te neem.

Kyk gerus na die volledige kriteria vir dié kompetisie wat hier verskyn.
Vroue huiwer steeds om in te skryf omdat dikwels gemeen word dat hul ondernemings - gemeet aan ander inskrywings - te klein is.

As jy ook só oor jou besigheid voel, kyk gerus met nuwe oë na die kriteria. Hier word nie op die grootste omset gefokus nie, maar liefs op die identifisering van 'n geleentheid, struikelblokke wat oorkom is en die inspirasie wat 'n onderneming bied waardeur andere aangemoedig word om dieselfde te doen.

Enigiemand wat van 'n vroue-entrepreneur weet wat só 'n onderneming bedryf, kan haar vir die kompetisie inskryf. Vanjaar se kompetisie duur van 2 Maart tot 26 Oktober 2012. Artikels oor vroue wat inskryf, word egter tot 28 Desember 2012 geplaas.

Vyf finaliste word in Januarie aanstaande jaar deur 'n paneel beoordelaars uit al die inskrywings gekies. Dié sestal sal elk R10 000 en ander pryse van meer as R2 000 ontvang.

Klik hier
om die inskryfvorm af te laai. Stuur jou vorm elektronies na slinde@landbou.com, per slakkepos vóór 26 Oktober 2012 aan: Landbouweekblad/Sanlam Landbou-vroue-entrepreneurskompetisie, Private sak X202, Pretoria 0001, of faks dit aan: Simona Linde, 012 424 6355. Navrae: Tel. 012 424 6355.

Kriteria
1. Entrepreneurskap (50 punte)
Fokuspunte

 

Oorspronklikheid Impak op onmiddellike omgewing/gemeenskap Benutting van onontginde markgeleentheid

2. Struikelblokke oorwin (20 punte)

Ander Tekort aan opgeleide personeel, toerusting en dienste Tekort aan finansiële of menslike hulpbronne en bemarking Finansiële hindernisse

3. Bemagtiging (30 punte)

Maatskaplik-ekonomiese opheffing Volgehoue opleiding en ontwikkeling van werkers Werkskepping

Reels: Wie mag inskryf?
1. Enige vroue-entrepreneur wat kan verklaar dat:

Sy ’n meerderheidsaandeel (50 % plus 1 aandeel) in dié onderneming het. Haar onderneming aan alle regsvereistes voldoen. Haar onderneming se produksiefaktore na die landbou skakel, hetsy deur kapitaal, grondstowwe of arbeid. Sy haar onderneming op plattelandse grond bedryf.

Vroue wat inskryf, het ’n onbenutte geleentheid raakgesien en dit gebruik om 'n lewensvatbare, volhoubare onderneming te skep. Dié vroue se entrepreneurskap moet kan dien as inspirasie vir ander vroue in soortgelyke omstandighede om iets soortgelyks te doen.

2. Benoemings

Geen materiaal wat vir inskrywingsdoeleindes ingestuur is, sal teruggestuur word nie. Inskrywings is gratis. Buiten om haarself te benoem, mag 'n vrou ook deur organisasies of ander individue benoem word indien sy haar toestemming daartoe gegee het.

3. Kwessies betreffende inligting wat voorsien is

Alle inligting wat van deelnemers ontvang word, sal streng vertroulik gehanteer word. Landbouweekblad aanvaar dat die inligting wat ’n deelnemer oor haar onderneming verskaf na die tydskrif se goeddunke geredigeer en gepubliseer mag word, maar aanvaar geen aanspreeklikheid indien enige aanspraak of feite wat deur die inskrywer verskaf is, deur ’n ander party betwis of bevraagteken sou word nie. Die beoordelaars se beslissing van die finaliste, asook dié van die finale wenner, is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Werknemers van Media24 en Sanlam of hul filiale mag nie aan die kompetisie deelneem nie. Dit geld ook die gesins- en familielede van die werknemers van hierdie maatskappye. Erkenning sal alleenlik gegee word aan vroue wat al die relevante inligting teen die bestemde sperdatums voorsien het. Laat inskrywings (wat ná 24 Junie 2011 ontvang word) sal nie in aanmerking kom nie. Die organiseerders van die kompetisie aanvaar geen aanspreeklikheid vir posvertragings of vir inskrywings wat in die pos verlore mag raak nie. Alle inligting moet in Afrikaans verskaf word. Benoemdes verklaar dat alle aansprake wat in die verskafte inligting gemaak word, feitelikkorrek is. Indien gevind word dat die inligting vals of opsetlik misleidend is, sal die betrokke benoemde gediskwalifiseer word.

4. Inligting benodig

'n Beskrywing van een paragraaf van die benoemde se onderneming. Die benoemde se naam, titel, werksplek, e-pos adres, telefoon- en selfoonnommer. Die benoemde se volle name, geboortedatum, e-pos-adres, werks- en selfoonnommer; 'n Skutblad (indien apart van benoemingsvorm ingedien word) bevattende: Aanvullende inligting moet ingedien word as 'n dokument wat die volgende bevat:

4. Die beoordelingsproses
Die wenner sal deur 'n onafhanklike paneel beoordelaars aangewys word. Die besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer' word ná die wenner aangekondig is nie.


Aanhangsels:
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Philisiwe Madolwana

2012/09/06 11:04:04 AM

I have a vegetable garden in waterloo, Durban. I have managed to put together some women from the community to start this garden, under difficult circumstances.


Lesley-Ann van Heerden

2012/11/20 07:22:34 AM

Hi daar!!!! Wil net se van my kant af as 'n vorige finalis was dit 'n WONDERLIKE voorreg en geleentheid om te kon deel wees aan so kompitiesie!!!!! Landbouweekblad julle is PUIK!!!!!!!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights