Deur CHARL VAN ROOYEN
18 September 2012

1311 keer gelees | 0 kommentaar

Daar is nog tyd om in te skryf vir die landboufotowedstryd wat deur die Vaalwater-wildsfees en Landbouweekblad aangebied word.


’n Digitale kamera en ’n wegbreek-naweek is op die spel in die kompetisie. Die fees word op 28 en 29 September op Vaalwater gehou. Hierdie fotowedstryd is deel van die lekker verrigtinge. Enige Suid-Afrikaner mag daaraan deelneem, behalwe mense verbonde aan die feesbestuur, borge en Media24.

Verder kan enige fotograaf of amateurfotograaf begin foto’s neem van iets op die plaas, hetsy die wildbedryf of die algemene landbousektor.

Die pryse is ’n digitale kamera en ’n gratis naweek met die komplimente van Blinkwater Lodge. Die beste foto’s sal in Landbouweekblad gepubliseer word.

Inskrywings moet in elektroniese formaat gestuur word aan vaalwaterwildsfees@mail.com. Dit moet die beoordelaars voor die aanvang van die wildsfees bereik. Mnr. Jan Horn kan by sel 081 509 3066 vir nadere besonderhede gebel word.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights