28 Mei 2012

1418 keer gelees | 11 kommentaar

Landbouweekblad bied van 1 Junie tot 17 Augustus ’n Boerpot-kompetisie waarin lesers groot pryse kan loslaan.


Landbouweekblad bied van 1 Junie tot 17 Augustus ’n Boerpotkompetisie waarin lesers groot pryse kan loslaan.

Die kompetisie bestaan uit drie opeenvolgende dele wat elk oor vier weke sal strek. In elke Boerpotkompetisie kan R20 000 kontant en vele ander pryse gewen word. Daar is ook in elke week se blad afsonderlike sms-pryse om te wen.

Só kan jy wen:
In die eerste aflewering van elke kompetisie sal daar ’n speelkaart in die tydskrif ingevoeg word. Daarop is plek om vier plakstukke te plak. Oor die vier weke sal die vier plakstukke op die Boerpot-blad verskyn wat dan uitgeknip en op die speelkaart geplak moet word.

Moet dus nie jou Landbouweekblad vanaf die uitgawe van 1 Junie misloop nie!
Deelnemers kan aan die einde van die vier weke hul speelkaarte voltooi en dit na Landbouweekblad pos by Posbus 653280, Benmore, 2010. Drie gelukkige finaliste sal getrek en aangekondig word.

ʼn Trekking sal plaasvind waarin een van die finaliste die R20 000 kontantprys sal wen. Die ander twee finaliste sal elk ’n gereedskapstel wen.

Elke week word ook ’n SMS-kompetisie aangebied waarin nóg pryse op die spel is. Lesers kan net die gegewe kode na die gegewe nommer SMS.

Kompetisiereëls:

Die kompetisie se sluitingstye is:
Boerpot 1: 2 Julie 17:00
Boerpot 2: 30 Julie 17:00
Boerpot 3: 27 Augustus 17:00

Geen afskrifte of fakse sal aanvaar word nie. Die wenners sal lukraak gekies word uit alle inskrywings wat ons ontvang en in kennis gestel word. Die aanwysing van die wenners is finaal.

Wenners sal gevra word om hul name en foto’s te laat publiseer. Bewys van identiteit moet op versoek gelewer word. Pryse is nie oordraagbaar nie. Geen werknemers en hul gesinne van Media24, Megaprom en die borge mag deelneem nie.

Media24 en ander borge is nie verantwoordelik vir enige eise wat uit deelname aan die kompetisie kan spruit nie. Kontantpryse sal binne ’n maand ná ontvangs van die nodige dokumentasie ontvang word. Nie-kontantpryse sal by die wenners afgelewer word. Wenners sal telefonies verwittig word.

28 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Dana

2012/06/06 07:22:41 AM

Ek kan nie wag nie! Dit is die kans waarvoor ek al so lank wag...


Louisa

2012/07/04 03:36:56 PM

Wanneer sal die wenners aangekondig word?


Carna Goodyear

2012/07/26 12:43:30 PM

Hallo Landbou. Op 25-07-2012 het ek die landbouweekblad gekoop en binne in was daar geen boerpot-speelkaart nie. Wat staan my nou te doen? Laat weet my asb. Dankie Carna Goodyear Verkeerdevlei


Neul

2012/07/31 09:38:56 AM

Ek het op die 25-07-2012 die lanbouweekblad gekoop en daar was nie n boerpot-speelkaart in. Ek het daai selfde week op n ander dorp nog een gekoop en daar was ook nie een in. waar kan ek n speel kaart in die hande kry. Dankie


corlivdm

2012/07/31 10:07:46 AM

@Carna en Neul. Stuur asseblief 'n e-pos met julle kontakbesonderhede na elmarie.eygelaar@media24.com. Groete, Corli.


J.P. van der Merwe

2012/08/02 06:04:59 PM

Kontak my asb. of stuur vir my 'n Boerpot speelkaart saam met die kontak diens. Dit word opreg wardeer! Groete J.P.van der Merwe


Neul

2012/08/06 12:07:20 PM

Halou Corli ek wil net hoor of jy my email gekry het. Dankie groete Neul


corlivdm

2012/08/08 11:08:42 AM

@Neul, ek beman ongelukkig nie daardie adres nie. Jy kan ook 0860 103 577 skakel indien jy nie binnekort terugvoer kry nie. Andersins, stuur jou e-pos na my aan by cornelia.vdmerwe@landbou.com en ek sal sorg dat hulle met jou opvolg. Groete, Corli.


Elmarie Rabe

2012/08/13 10:09:14 AM

Ek het my speelkaart verloor is die kompetiese wat 27 Augustus sluit kan julle asb vir my een epos of hoe moet ek tewerk gaan om weer aan die hande te kry.


corlivdm

2012/08/13 03:31:52 PM

Elmarie, Skakel 0860 103 577 of stuur ‘n e-pos na landbou@media24.com om dit te bestel. Groete, Corli.


henkie

2012/11/27 08:58:51 PM

Ek wil graag deelneem aan die fotot kompetiesie hoegemaak?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights