|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die jaarlikse beesboerkonferensie vind op 19 Oktober 2007 in die Landbougebou van
die Vrystaatse Universiteit plaas. Hierdie prestige-dag wat op die vleisbeesbedryf fokus, is
reeds die vyfde konferensie, en word deur die Vrystaatse Departement van
Landbou en die Universiteit van die Vrystaat aangebied.
Vanjaar is die tema "Beesboer - Grasboer?" Onderwerpe wat deur kundiges bespreek
word, is: Vleisbeesproduksie en die ekonomie; vleisbeesproduksie vanaf
veld; veldheropbou ná rampe (veral na veldbrande en droogtes); beesvleisgehalte en
die rol van verskillende produksiestelsels; en nuwe verbruikersneigings en die invloed daarvan op beesvleisproduksie.
Van die sprekers is prof. Herman van Schalkwyk (dekaan van die fakulteit Natuur- en
Landbouwetenskappe van die UV), dr. Daan Opperman (Vleissentraal),
dr. Amie Aucamp (voormalige direkteur van die Veld- en Weidingsinstituut
van die LNR, tans by die NWKV), dr. Arno Hugo (UV) en prof. Johan Willemse (UV). Die sprekers sal vrae na afloop van hul lesings beantwoord.
Die dag sal afsluit met 'n algemene bespreking waartydens boere insae kan kry oor
toekomstige temas, lesings en die pad voorentoe.
19 September 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24