|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Die ondertekening van 'n ooreenkoms tussen die regering van die Kongo (Brazzaville) en AgriSA rakende sowat 10 miljoen ha landbougrond is uitgestel tot na dié Afrika-land se presidensiële verkiesing in Julie, sê mnr. Rigobert Maboundou, die Kongolese landbouminister.
Hy sê ook dat die grond wat aan Suid-Afrikaanse boere beskikbaar gestel is, beslaan sowat 8 miljoen ha, nie 10 miljoen nie, en dat boere van Italië, Frankryk, China, Turkye en Israel ook op soek is na landbougrond in die Kongo.
"In dié stadium het ons nog nie 'n enkele hektaar grond aan Suid-Afrikaners verkoop nie." Die ooreenkoms wat AgriSA vroeër vanjaar met die Kongolese regering onderteken het is slegs 'n verklaring van voorneme en is nie geldig volgens die wet nie, sê Maboundou.
Bron:
Reuters (Reuters)
1 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24